Ek deel graag met julle ons jag trippie van die jaar.Ons is 4 vriende en ons vrouens wat nou so 4 jaar saam gaan jag elke jaar.Die jaar was ons so 40km noord van Thaba gewees.
Elke jaar het die vrouens ook so een vir een besluit om ietsie te skiet vir die eerste keer.
Ons het vrydag aand so 7 uur op die plaas aangekom en dadelik afgepak vuur gemaak en klaar begin rus in die bosveld.
Saterdag oggend toe is dit skietbaan toe om gou skeker te maak als skiet nog waar dit moet na die grond pad.
EK was toe gelukkig om heel eerste in hierdie Rooibok rammetjie vas te loop.
http://i1336.photobucket.com/albums/o650/Rooster1089/IMG_3886_zpsn1g4csqs.jpg
Nie lank daarna nie toe skiet die een vriend 'n vlakvark en die een vroutjie 'n Rooibok rammetjie.
http://i1336.photobucket.com/albums/o650/Rooster1089/IMG_3903_zps6u2miqet.jpg
http://i1336.photobucket.com/albums/o650/Rooster1089/IMG_3889_zpsjkmtetdg.jpg
Die son het toe begin sak en toe is dit tyd vir 'n geelvet C-grad T=bone oor die vlamme met pap en sous!!
Volgende oggend het net so mooi geloop, my vrou het die rooibok ooitjie gekry en my ander vriend 'n blesbok ooitjie.
http://i1336.photobucket.com/albums/o650/Rooster1089/IMG_3890_zpslknrmvl6.jpg
http://i1336.photobucket.com/albums/o650/Rooster1089/IMG_3902_zpsqmvjavef.jpg
Die laaste dag wat ons toe nou kon jag was daar net nog 2 mense wat nie iets geskiet het nie.
My vriend se vrou het nog nooit iets geskiet nie en sy het toe besluit die jaar is dit nou sulke tyd.
Ons was skietbaan toe en maak net seker alles is nog sharp.( Sy skiet elke jaar saam ons by die skietbane op gongs en teikens so ons weet sy kan darem skiet)
So paar ure later hoor ons skoot loop en na so rukkie sien ons daar kom sy aan met groot smile en bloed op die gesig. Sy het 'n rooibok ooitjie gekry.
http://i1336.photobucket.com/albums/o650/Rooster1089/IMG_3887_zpswkpgchk9.jpg
Later die middag net so voor die son onder gaan hoor ons oor die radio ons moet gaan bok oplaai my swear het iets gekry.
Kom toe daar toe het hy besluit hy kan nie met niks huis toe gaan nie en skiet toe sommer die pragtige waterbok bul.
http://i1336.photobucket.com/albums/o650/Rooster1089/IMG_3884_zpsno1ohjck.jpg
Dit was 'n baie lekker jag trippie gewees en ek sal niks veruil vir tyd in die bos saam my vrou, vriende en familie nie.
Thabazimbi jag 2015
- Rooster1089
- Full Member

- Posts: 182
- Joined: Thu Feb 14, 2013 1:57 pm
Thabazimbi jag 2015
.270 Howa
12 br Baikal
12 br O/U Webley & Scott
12 br Baikal
12 br O/U Webley & Scott
-
koos 2
- Hero Member

- Posts: 734
- Joined: Tue Mar 18, 2014 5:01 pm
Re: Thabazimbi jag 2015
Baie geluk aan al die jagters, dit lyk sommer lekker man !!
-
koos 2
- Hero Member

- Posts: 734
- Joined: Tue Mar 18, 2014 5:01 pm
Re: Thabazimbi jag 2015
Baie geluk aan al die jagters, dit lyk sommer lekker man !!
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Thabazimbi jag 2015
Baie mooi! Jou swaer moes seker taamlik beursie oopmaak vir daardie mooi waterbokbul!
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: Thabazimbi jag 2015
Daai plaas en hondjie lyk bekend vir my. Waar was dit? Baie geluk mooi gedoen!
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
- Rooster1089
- Full Member

- Posts: 182
- Joined: Thu Feb 14, 2013 1:57 pm
Re: Thabazimbi jag 2015
Dit is so 50km deur thabazimbi, die plaas waar ons gebly het was Siswati Game Breeders maar ons het op ander plase gejag.Daai plaas en hondjie lyk bekend vir my. Waar was dit? Baie geluk mooi gedoen!
.270 Howa
12 br Baikal
12 br O/U Webley & Scott
12 br Baikal
12 br O/U Webley & Scott
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: Thabazimbi jag 2015
Ek dog dis Sandilands Safaris by Mervan hulle.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."

