Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek wil net my grootste vlakvark en rooibok wys wat ek laasweek geskiet het in Musina. Ek het met 'n 308 geskiet en 165gr barnex triple shock punte gebruik.
Die vlakvark het 44kg uit geslag en die rooibok 36kg.
Mooi gegooi. Die vark het baie mooi skoffels. Het jy hulle gemeet? Hulle sal mooi insette maak vir n persoonlike mes. Jy moet hoor, hier is n paar meester mesmaakers op die forum. Robert
As my vark sulke tanne gehad het sou ek hulle nie vir die plaas eienaar gegee het nie. Sy wil vir haar 'n eet stel maak van al die tanne wat sy nou al geskiet het. Moet se dis nogal 'n paar ysters wat sy bymekaar gemaak het.
Netjies hoor!
Kalahari Groete
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Ek het ongelukkig nie die tande gemeet nie, maar sal my broer vra want dit is by sy skoonpa. Hy gaan die tande gebruik om 'n blou bul hoed mee te maak.
Ek sal dit in gedagte hou as ek weer sulke groot tande kry om dit te gebruik om 'n mes van te maak.
Ek het die tande gevat. Daardie eetstel gaan mooi lyk.
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Ek kan nou se dat daardie vark nie meer die grootste een is nie, ek het laasjaar 'n vark geskiet wat vyftig kilogram (hoekom ek weet van die gewig is boer vra per kg) uit geslag het en die tande is min of meer dieselfde grootte. Ek het ongelukkig nie 'n foto geneem nie.