Ek was miskien nog nie daar nie, maar ek jag al meer as 2 jaar baie lekker saam met jou, Myburg en die brakke. Ek genietBen Remington wrote:VdWalt was al 2 jaar trug genooi ....maar hy kom net nie hier uit nie....hy het 'n oop kaartjie na my vark paradys toe...
die sons ondergang, die rooi sand en gras vlaktes asof ek self daar is.
Volgende jaar gaan die kersie op die koek wees as ek self my tone in die sand kan druk, na die vuur kyk terwyl
die jakkelse in die verte skreeu. Ek dink die mooi van die Kalahari is so besonders, dat die varke jag 'n bysaak
gaan wees.
My werk was goed vir my gewees en het my baie besig gehou die afgelope 2 jaar. Dis hoekom al my jagte of 'n
dag jag of dag en 'n half jag was. Volgende jaar boek ek my tyd by julle vroeg in die jaar en al die ander verpligtinge
sal maar daarby moet inval.
Hoe langer jy wag vir iets, hoe meer waardeer jy dit as jy dit kry.
