Vraag, voorlopige aansoek vir kaliber en loop verandering?
- phb
- Full Member

- Posts: 105
- Joined: Fri Mar 28, 2014 2:05 pm
Vraag, voorlopige aansoek vir kaliber en loop verandering?
Hierdie is iets waaroor ek nou al n rukkie wonder. Sal jy n voorlopige aansoek kan indien vir n loop verandering en/of kaliber verandering sonder om al die loop te gekoop het?
Ek lees gereeld hier dat dit eintlik nag is om die verandering proses deur te maak sonder probleme of in n kort tydperk. So nou wonder ek of kan ek solank voorlopige aansoek kan indien of om my 243 se loop te vervang wanneer dit uitgeskiet is of om sommer dan oor te gaan na 1 van die ander populêre 6mm kalibers.
Dit sal mos beter wees om al die goedkeuring ens. te he en teen die tyd wat die regte loop beskikbaar is sommer te koop en te laat verander.
Ek luister graag...

-
Albert84
- Full Member

- Posts: 197
- Joined: Fri Aug 22, 2014 9:38 pm
Re: Vraag, voorlopige aansoek vir kaliber en loop veranderin
Jy het die loop se reeks nommer nodig om aansoek te doen.
- Kallie Fernhout
- Hero Member

- Posts: 994
- Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm
Re: Vraag, voorlopige aansoek vir kaliber en loop veranderin
Sodra ek n loop opgedraai het sit ek al klaar een op backorder, wanneer hy kom betaal ek hom en doen aansoek vir loopvervanging. My loopvervanging is nou al seker 5maande terug goed gekeur. Maak n afspraak met gunsmith wanneer hy hom kan inneem werk vat gewoontlik so week of 2 daar na gee jy nuwe dokumentasie by polisie in sodra polisie dit ingeneem het en geteken het gaan haal jy n afskrif by hulle. As jy afskrif het bel jy n paar nommers in pretoria mail vir hul dit deur, en as jy gelukkig is kan jy dit afhandel in 4weke.
-
Henna308
- Sr. Member

- Posts: 402
- Joined: Wed Oct 01, 2014 9:50 am
Re: Vraag, voorlopige aansoek vir kaliber en loop veranderin
Kallie gebeur dit rerig so gou nadat die kamer gesny is? My pa is in die proses om sy 300 H&H se loop ter vervang. Hoe werk die geodkeuring storie? Aanvanklik sou 'n spesifieke geweersmid dit doen maar kan nou weens omstandighede dit nie meer doen nie (SAPS het die vervanging al goedgekeur). Kan mens daardie selfde goedkeurings dokumente oordra na 'n ander geweersmid toe?
- Kallie Fernhout
- Hero Member

- Posts: 994
- Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm
Re: Vraag, voorlopige aansoek vir kaliber en loop veranderin
Dit gaan nie vanself so gou gebeur nie, dit kan ek jou waarborg. Ek het met my vorige vervangings my papiere ingegee by polisie vra dan vir n afskrif. Die afskif mail ek sommer daai selfde dag nog vir Pretoria en elke keer wat dit die geval is het hul dit sommer op die sisteem "geupdate". So dit was elke keer op die sisteem gelaai nog voordat die aansoek wat ek vir die plaaslike polisie ontvang het hul kantoor verlaat oppad Pretoria toe. Dan wag jy maar net vir jou kaartjie en hier in wes-kaap het ek nog nooit lank gewag daarvoor nie.
- Kallie Fernhout
- Hero Member

- Posts: 994
- Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm
Re: Vraag, voorlopige aansoek vir kaliber en loop veranderin
Ek dink nie dus so maklik nie, op gou goedkeuring dokument "to alter a firearm" is dit uitgemaak vir die gunsmith wat die loop ondersoek het en die motivering geskryf het dat die loop bv uitgeskiet is. D.w.s op die goedkeurings brief staan sy naam en so ook sy geweersmit nommeren as ek dit dan regverstaan is dit goedgekeur dat die sekere geweersmit aan die wapen mag werk.Henna308 wrote:Kallie gebeur dit rerig so gou nadat die kamer gesny is? My pa is in die proses om sy 300 H&H se loop ter vervang. Hoe werk die geodkeuring storie? Aanvanklik sou 'n spesifieke geweersmid dit doen maar kan nou weens omstandighede dit nie meer doen nie (SAPS het die vervanging al goedgekeur). Kan mens daardie selfde goedkeurings dokumente oordra na 'n ander geweersmid toe?
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Vraag, voorlopige aansoek vir kaliber en loop veranderin
en dan is daar die proefhuis sage ook
HOU HOM DAAI DIKTE
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Vraag, voorlopige aansoek vir kaliber en loop veranderin
Cassie, daar is nie meer so iets nie. Die wapensmit wat die werk gedoen het skryf 'n verslag dat die wapen veilig is en handig dit in saam met die aansoek vir die lisensie.cassie_calvinia wrote:en dan is daar die proefhuis sage ook
So maklik soos dit. Net soos Kallie en Corné, en nog van ons vriende hier in die Kaap gedoen het. Geen probleme.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Vraag, voorlopige aansoek vir kaliber en loop veranderin
gawie, dalk in die weskaap, maar ooskaap, en noord kaap se hulle net, sorry, need proofing
HOU HOM DAAI DIKTE
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Vraag, voorlopige aansoek vir kaliber en loop veranderin
Cassie, sit jy met daai probleem? Indien wel, kontak jou jagtersvereniging sodat hul jou DFO kan voorsien van die regte inligting. Hulle weet hoe om met ons vriende in die mag te werkcassie_calvinia wrote:gawie, dalk in die weskaap, maar ooskaap, en noord kaap se hulle net, sorry, need proofing
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
Finfan
- Hero Member

- Posts: 893
- Joined: Wed Apr 02, 2014 10:15 am
Re: Vraag, voorlopige aansoek vir kaliber en loop veranderin
Ek kan ook getuig oor n geweer wat Terry vir my gebou het, net met die verslag (sonder proef sertifikaat) in Bloemfontein voor aansoek gedoen en laasweek goedgekeur.Gawie(13mm) wrote:Cassie, sit jy met daai probleem? Indien wel, kontak jou jagtersvereniging sodat hul jou DFO kan voorsien van die regte inligting. Hulle weet hoe om met ons vriende in die mag te werkcassie_calvinia wrote:gawie, dalk in die weskaap, maar ooskaap, en noord kaap se hulle net, sorry, need proofing
Neil Scholtz
22 Brno Mod2, 223 Tikka T3 Lam/SS, 243 Sako 85 Varm Lam/SS, 6.5x47L Rem700/AICS, 30-06 Musgrave Lyt RSA, 308 Musgrave RSA Target, 338LM Sako TRG42, 375H&H Mauser Custm, 12Ga Beretta SP1, 9mmS Walther PP, 9mmP Glock 19 G4, 44Mag Ruger SBH