Wonder of iemand kan help met die vraag.
Ek het in 2011 aansoek gedoen vir bevoegtheid en lisensie, altwee is goedgekeur.
Ek het nooit my bevoegtheid sertifikaat/kaartjie gekry nie, my kluis is ook nooit geinspekteer nie.
Nou wil ek aansoek doen vir nog 'n wapen vir jag en wil weet of ek die volgende kort:
Bevoegtheid sertifikaat afdruk en kluis inspeksie vorm of kan ek aansoek doen sonder die fisise vorms?
Groete
Lisensie aansoek vraag
- JTM
- Hero Member

- Posts: 1691
- Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am
Re: Lisensie aansoek vraag
Die bevoegdheid kaartjie self word al vir 'n tyd lank nie meer uitgereik nie. Jy kan by jou DFO gaan vra vir 'n amptelike drukstuk wat hulle vir sommer daar kan gee. Jy gaan dit nodig hê vir 'n aansoek.
Ek weet nie van die kluis inspeksie sertifikaat nie. Ek het een, maar heg maar altyd 'n stel detaileerde fotos van die kluis instellasie ook saam. Dalk kan iemand anders meer inligting oor die inspeksie sertifikaat gee.
Ek weet nie van die kluis inspeksie sertifikaat nie. Ek het een, maar heg maar altyd 'n stel detaileerde fotos van die kluis instellasie ook saam. Dalk kan iemand anders meer inligting oor die inspeksie sertifikaat gee.
Jannie Welman
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Lisensie aansoek vraag
Ek het nie n kluis sertifikaat nie. 300 se lisensie aansoek is in met fotos van kluis by en is goedgekeur
- Heinds
- Hero Member

- Posts: 786
- Joined: Thu Aug 18, 2011 2:33 pm
Re: Lisensie aansoek vraag
Dankie menere, julle het my aand gemaak.
Groete
Groete
