Hoop julle het almal die paas naweek geniet en veilig by jul bestemmings aan gekom. Die verkeer was 'n nag merrie, om die minste te se. Ek was saam met die familie op die plaas en ons het so bietjie amok gesaai onder die rooibok en blesbok ramme. Ek en my swaers (Michiel en Ras) het darrem elk 'n bok geskiet, nogal al drie kop skote - ons mors nie vleis nie...
Hier is die foto's.
1ste Blesbok ram deur myself geskiet - in die kop - met .270 op 'n afstand van on geveer 50m.

2de Blesbok ram deur my swaer Ras geskiet - in die kop - met .270 op 'n afstand van ongeveer 55m, 30 minute nadat die 1ste blesbok geval het.

Die jagter van die naweek was Tiaan met sy heel eerste bok. 'n Perfekte bladskoot met die .270 oor 'n afstand van 100m.


