Amper ge-arresteer op lughawe

Rikuss
Full Member
Full Member
Posts: 158
Joined: Sun Jun 30, 2013 10:27 am

Amper ge-arresteer op lughawe

Post by Rikuss »

Dagse Manne,, ek hoop die is die regte draad, ADMIN repost maar indien nie van toepassing:
'n onsmaaklikke petalje het vandag afgespeel. Ek het nuwe lapua doppe by forum lid gekoop en vir 'n kollega gevra om dit vir my saam te bring op die vliegtuig. Op die lughawe het ACSA die doppies konfeskeer en wou die arme man laat arresteer. Die kollega van my is nie wapen eienaar maar ek dink nie dit sou verskil gemaak het nie. Toe ek met die INGELIGTE praat oor die foon met my kollega in aanhoudings kamer se hy vir my dat die wet op herlaai komponente al 4 jaar terug verander het en ek behoort beter te weet. Lang storie kort, die polisie is toe ingeroep en die kollega van my is laat gaan met waarskuwings brief en die doppies is gekonfeskeer om vernietig te word.
My vrae is dus, met wat mag mens "travel",met waste dokumente, of altans lisensies en mag 'n individu arresteer word in besit van nuwe doppies? Asook, sou wettige lisensie verskil gemaak het? Nie eers te praat van die skade wat gely is met die doppe.

Ek hoor graag wat se die kenners, aangesien ek sleg voel dat my kollega'n onnodige knou weg het.
.22 , 22 Hornet, 243 Win, 7x57 , 308 Win,375 H&H, Martini Henry, 12 boor, 410, 9mm
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Amper ge-arresteer op lughawe

Post by JTM »

Waar is die wet op herlaai komponente en hoe lees dit?
Jannie Welman
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Amper ge-arresteer op lughawe

Post by DawieKotze »

Daai storie klink nie vir my reg nie. Doppe alleen is so skadeloos soos 'n stuk pyp.

Ek sal hulle aanvat as ek jy is.

Groetnis
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
Johnnie De Wet
Hero Member
Hero Member
Posts: 550
Joined: Thu Mar 22, 2012 7:59 pm

Re: Amper ge-arresteer op lughawe

Post by Johnnie De Wet »

Ek dink hulle het die kat aan die stert beet en het jul poep gevoer.

Maar dan sal ek ook huiwer om enige raad van myself te volg aangaande lughawens omdat ek ook op twee geleenthede op internasionale lughawens klein-kamertjie toe gestuur is...
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Amper ge-arresteer op lughawe

Post by Carl »

Met 'n press, dies en blik kruit kan jy ammunisie laai in die toilet! Dit help nie erens is daar 'n klein village wat se dom inwoner weg is.

Ek sal wel vanaf 'n afstand die manne gas gee oor die Lapua's (dis bloed daai), maar nie terwyl ek na die pot vaseline staar nie!
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Henry
Full Member
Full Member
Posts: 137
Joined: Mon Jun 22, 2015 12:47 pm

Re: Amper ge-arresteer op lughawe

Post by Henry »

Daai mense se storie ruik na bollie.

Hoe kry PostNet dit dan reg om my koëls by my te kry van 'n verskaffer in Pretoria af sonder enige spesiale dokumentasie?
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Amper ge-arresteer op lughawe

Post by Carl »

Henry wrote:Hoe kry PostNet dit dan reg om my koëls by my te kry van 'n verskaffer in Pretoria af sonder enige spesiale dokumentasie?
Hulle ry met 'n Van.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Henry
Full Member
Full Member
Posts: 137
Joined: Mon Jun 22, 2015 12:47 pm

Re: Amper ge-arresteer op lughawe

Post by Henry »

Carl wrote:
Henry wrote:Hoe kry PostNet dit dan reg om my koëls by my te kry van 'n verskaffer in Pretoria af sonder enige spesiale dokumentasie?
Hulle ry met 'n Van.
Seriaas? Slaan my morsdood met 'n veer.
Rikuss
Full Member
Full Member
Posts: 158
Joined: Sun Jun 30, 2013 10:27 am

Re: Amper ge-arresteer op lughawe

Post by Rikuss »

Kyk ek was op daardie stadium in Kimberley, en my Kollega op O.R. Thambo, ons ontmoet mekaar in Bloemfontein vir vergadering. Dus het ek net met die INGELIGTE STAPSOLDAATJIE telefonies gepraat, ek was ongelukkig nie teenwoordig nie want ek sou my verseker tee gesit het.DIe arme man het geskrik en in paniek ingegaan want hys gedryg om op die plek gerarresteer te word. EK het vir tinman gese, ek dra geen kennis dat die wet verander het nie en ek sal self my doppies kom haal, maar nee, dit moet glo opslag vernietig word, aangesien dit as verbode beskryf word.

EK sal graag ook wetlik wil weet wat lees die sogaanmde wet op beheer van vuurwapens, ammunisie ens ens..
.22 , 22 Hornet, 243 Win, 7x57 , 308 Win,375 H&H, Martini Henry, 12 boor, 410, 9mm
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Amper ge-arresteer op lughawe

Post by Carl »

Rikuss wrote:Kyk ek was op daardie stadium in Kimberley, en my Kollega op O.R. Thambo, ons ontmoet mekaar in Bloemfontein vir vergadering. Dus het ek net met die INGELIGTE STAPSOLDAATJIE telefonies gepraat, ek was ongelukkig nie teenwoordig nie want ek sou my verseker tee gesit het.DIe arme man het geskrik en in paniek ingegaan want hys gedryg om op die plek gerarresteer te word. EK het vir tinman gese, ek dra geen kennis dat die wet verander het nie en ek sal self my doppies kom haal, maar nee, dit moet glo opslag vernietig word, aangesien dit as verbode beskryf word.

EK sal graag ook wetlik wil weet wat lees die sogaanmde wet op beheer van vuurwapens, ammunisie ens ens..
Rikuss, jy moet die wet gaan lees oor Lugvaart Veiligheid. Daai stukkie oor Dangerous Goods ens. Jy weet op internasionale vlugte is 'n naelvyl en 750ml water gif van die O0 terroriste

http://www.lawsofsouthafrica.up.ac.za/i ... egislation
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Rikuss
Full Member
Full Member
Posts: 158
Joined: Sun Jun 30, 2013 10:27 am

Re: Amper ge-arresteer op lughawe

Post by Rikuss »

dankie carl...dit kan ek nog berstaan maar om amper gearresteer te word asook om opslag te vernietig is verregaande...
.22 , 22 Hornet, 243 Win, 7x57 , 308 Win,375 H&H, Martini Henry, 12 boor, 410, 9mm
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Amper ge-arresteer op lughawe

Post by Frederik »

Rikus, was die doppe in die bagasie of hand bagasie?
Dit sal nogal 'n groot verskil maak.
Tienie
Full Member
Full Member
Posts: 105
Joined: Fri Oct 31, 2014 10:52 am

Re: Amper ge-arresteer op lughawe

Post by Tienie »

Kennis van My het Doppe van Groot Kaliber (416/458/500/505 ) met punte geseat ( geen slagdoppie of kruit in nie ) en oorsee gestuur na n vriend van hom wat vir sy pelle wou wys waarmee ons in afrika jag ."SONDE ENIGE PROBLEEM". dis seker maar die verkeerde skof aan diens gewees.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Amper ge-arresteer op lughawe

Post by ruaanb »

3 jaar terug is my broer ook amper toegesluit op Bloem se lughawe oor dit. Hy het 'n pragtige gemsbok geskiet en wou die doppie as aandenking hou. Hulle het hom ook daar in die klein kamertjie ingevat en so gekonfronteer. Hy is ook daar uit minus sy doppie en 'n formele waarskuwing. Dit was in sy bagasie wat ingeboek was gewees.
Rikuss
Full Member
Full Member
Posts: 158
Joined: Sun Jun 30, 2013 10:27 am

Re: Amper ge-arresteer op lughawe

Post by Rikuss »

Dit was in sy hand baggasie, geseel. Hulle het daar en dan die boksie se seels gebreek en gesien dat dit nuwe doppe was.
As daar dryfmiddel ens primers was ja anner storie, die skade wat ek gely het is een ding maar ek ding my kollega kop gaan nog spin vir week en seker moonlik kwaad wees vir my oor sy formele waarskuwing.
.22 , 22 Hornet, 243 Win, 7x57 , 308 Win,375 H&H, Martini Henry, 12 boor, 410, 9mm
User avatar
Boersonderroer
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 346
Joined: Fri Nov 14, 2014 7:01 pm

Re: Amper ge-arresteer op lughawe

Post by Boersonderroer »

Ek het so jaar gelede by 'n forum lid se vriend norma doppe gekoop en wou he my dogter moes dit saam met haar op die vliegtuig vat. Besluit toe om Mango te bel en te vra of ek dit kan doen. Grootkop aan diens se toe ja dis nie 'n probleem nie. Ek vra of dit in hand bagasie of in tas moet gaan en dis toe waar die kop krap begin. Lang storie kort laat ek dit toe maar pos. Wou nie 'n kans vat dat my kind moet sukkel vir R120 nie.
7x64 Brenneke CZ 550 Lux
204 Ruger Howa Stainless Bull
12ga Mossberg 500
.22LR Stevens
9mm P CZ P-07 Gen2
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Amper ge-arresteer op lughawe

Post by Hercules Louw »

Rikuss, die probleem is omdat dit in die handbagasie was. Hulle is super streng en ook onkundig by ORT, en dit is 'n kombinasie wat maak dat jy geen kanse met enige item in die handbagasie moet neem nie.

Ek het verlede jaar op Bisley aan skietkompetisies gaan deelneem en 'n teleskoop saamgeneem wat ek daar op 'n vriend se 308 wou gebruik. Ek het ook ammunisie en twee gewere ingeboek, maar die teleskoop in my handbagasie gedra. Toe die teleskoop op die x-strale wys was dit pandemonium en hulle het absoluut by sekuriteit geweier dat ek die teleskoop in my handbagasie saamneem (part of firearm), ek moes teruggaan en dit saam met die 2 gewere in die tas by vuurwapens gaan inpak.

Met die terugkoms by Heathrow tel die x-strale 'n 308 ronde op in een van ons spanmaats se handbagasie. Die man het nogal met ons gespot die vorige dag dat hy 'n .22 koeël in iemand se bagasie gaan versteek om te kyk hoe effektief sekuriteit op Heathrow is. Ons sien die spanmaat het moeilikheid, lyk bleek om die kiewe en sy tas word uitgepak en alles uitgeskud. Uiteindelik kry hulle die 308 ronde in sy reënbaadjie se sak, hy het tydens die kompetisie dit daarin gegooi vir 'n ekstra indien een sou val, en het bloot daarvan vergeet. Toe word sy paspoort en boarding pass ingeneem en die polisie word ontbied. Die blinde sambok het hom hard geslaan, die tyd stap aan en sy vrees dat hy gaan agterbly word al hoe groter. Ek het met sekuriteit gaan praat, verduidelik dat ons 'n skietspan is en dat dit werklik 'n ongeluk was. Die ou by sekuriteit verduidelik toe aan my dat hy ongelukkig niks kan doen nie, hulle het nie die reg of fasiliteit om die ronde in te neem of te vernietig nie, die polisie moet dit doen. Toe die polisieman daar aankom het hy bloot die ronde gevat, 'n vorm laat teken en ons spanmaat het sy paspoort en boarding pass teruggekry. Die spanmaat moes lank ons gespot oor die blinde sambok verduur.

Einde verlede jaar het ons in Duitsland gaan deelneem en op pad terug het 'n dame wat op haar eie saam met ons spanne daar gaan deelneem het, ook 'n probleem by sekuriteit opgetel toe die x-strale 'n .22 koeël wys. Eksta sekuriteit gewapen met outomatiese gewere is nader geroep en die groot soektog is gedoen. Dit was net mooi die week toe die bomme in Parys ontplof het en ons was seker HKGK. Toe die Duitser uiteindelik die .22 koeël vind, het hy dit net minagtend in die asblik gegooi en die dame laat gaan. Sy was so gespanne en natgesweet dat sy droeë klere moes gaan aantrek voor ons gevlieg het!

Die les is, maak seker jy het nie koeëls of enige ander verdagte of verwante voorwerpe in jou handbagasie of op jou persoon as jy gaan vlieg nie, die X strale kry dit en dit maak die sekuriteit se dag as daar iets buitengewoons by 'n passasier gevind word.
Rikuss
Full Member
Full Member
Posts: 158
Joined: Sun Jun 30, 2013 10:27 am

Re: Amper ge-arresteer op lughawe

Post by Rikuss »

hercules baie dankie vir die breedvoerige twrugvoer. dit wil voorkom asof daar nie duidelikheid is tussen ons CFR se reels en lughawe reels. Sien die issue met baggasie is hy het nie tas gehaad wat fisies ingeboek is by die counter. Net klein tas vir skycheck. Maar wat my meer pla is dat onskuldige persoon nou formele waarskuwing het op rekord.hy kon die doppe vrylik rond ry in sy bakkie..maar totdat jy by instelling kom is die reels onduidelik. is daar moontlikheid dat die waarskuwing gelig kan word? sal iemand soos george nel kan help?
.22 , 22 Hornet, 243 Win, 7x57 , 308 Win,375 H&H, Martini Henry, 12 boor, 410, 9mm
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Amper ge-arresteer op lughawe

Post by henning »

N Dop is maar net brass so ek sal graag wou weet hoekom hulle dit as n probleem sien.

Groete
henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Amper ge-arresteer op lughawe

Post by tripodmvr »

Ek dink hierdie is te groot vir 'n enkeling om te veg. Miskien moet ons dit na van ons jagorganisasies verwys sodat klarigheid verkry kan word.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Amper ge-arresteer op lughawe

Post by Armand Steenkamp »

Ekt ook al so oorgekom. Ek het n 243 dop as sleutel houer aan by bakkie sleutels. Die was in my laptop sak by my.
Volgende keer sit ek my 300WMS doppe in my bagasie wat ek inboek. Geen probleem gehad nie
Friedland
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Tue Jun 23, 2015 11:53 am

Re: Amper ge-arresteer op lughawe

Post by Friedland »

Ek weet nie van die wet nie maar hulle het in my incheck bagasie 3 doppe opgetel. My oor die PA geroep. In n kamertjie. Moes sak oopmaak en doppe uithaal. Ook gekonfiskeer en eks laat gaan. Polisie was baie nice gewees en ek was darem niks hardegat nie. Net my gat afgeskrik. Was op Bloem lughawe.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Amper ge-arresteer op lughawe

Post by tripodmvr »

Met 'n reis na Kaapstap vanaf OR is ek voorgekeer toe my sak deur die masjien is. Die sak is kort tevore op 'n jagtrippie gebruik en ek het 'n multitool in die kantsak vergeet. Die tool is aan my getoon en ek het die aanwesigheid verduidelik. Gelukkig was my vrou nog naby en sy het dit kom haal. Geensins antagonistiese gevoel of 'n houding van 'n "gevaar vir die publiek" vanaf die sekuriteitspersoneel ervaar nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Rikuss
Full Member
Full Member
Posts: 158
Joined: Sun Jun 30, 2013 10:27 am

Re: Amper ge-arresteer op lughawe

Post by Rikuss »

tripod...as ek my lapua doppe kan terug kry sal ek soos nkandla begunstigde voel...maar daars baie duidlik gese dat ek van beter moes weet en dat die reels al 4 jaar terug verander het..die produk sal onmoddelik konfeskeer en vernietig word....#lapuamust fall klink dit vir my...tong in kies [FACE WITH TEARS OF JOY]
.22 , 22 Hornet, 243 Win, 7x57 , 308 Win,375 H&H, Martini Henry, 12 boor, 410, 9mm
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Amper ge-arresteer op lughawe

Post by JPS »

Ek het einde verlede jaar gou Kaapstad toe gevlieg vir die dag het toe 3 boksies berger 180gn hybrifds gekoop of by City guns of Suburban guns nie seker nie.


Lang storie kort, is ek ook gestop by die hand bagasie check, ek het dit sommer in die geweerwinkel se plastiek sak met die strokie in die x ray masjien gesit. Na so bietjie pandomonium is 'n "supervisor" geroep en na versuideliking en paar pasesiers wat deurbeweeg het die dame verduidelik het dis stukke koper en lood is ek darm laat gaan. Teen oor die duisend rand 'n boksie was ek nie baie lus om sit te verloor nie....

Lyk of die mense in Slaapstad se lughawe darm nog so bietjie breinkrag het teenoor OR tambo....
Post Reply