Die pienk roer se kills

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2461
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Die pienk roer se kills

Post by Nico Harris »

My 204 het nou net oor 1000 skote geskiet en die loop lyk nog perfek. So ver ek verstaan is hy nie erg op lope nie. Blykbaar ligter op lope as die 223. Alles wat ek laai in die roeertjie sit 5 skote in n duim. Enige spoed , koeël of tpl. My 204 se loop na 1000 skote lyk beter as wat my 243 se loop gelyk het na 1000 skote.

Groete

Nico
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Die pienk roer se kills

Post by Freddie101 »

My 204 het oor die 2000 skote deur en na geweersmit met borescope gekyk het was sy wilde raaiskoot dat ek so 600/800 skote deur hom het en was verbaas toe ek se dat meer as 2000 deur hom is. Meestal ladings aan warm kant ook. So definitief nie swaar op loop soos Nico ook se.

Mooiloop
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2461
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Die pienk roer se kills

Post by Nico Harris »

Dis baie goeie nuus daai!
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Die pienk roer se kills

Post by Hansieslim »

Ai manne...Nou gaan julle my geld kos.
Ekt n video op Youtube gesien waar daar met n 204 Tikka T3 geskiet word. Absoluut geskok gewees met die akkuraatheid oor n lang afstand. Tikka dalk duurder.
Dan is daar n Savage Model 12 waarvan ek weet. Hou net nie van die naam nie.
En dan natuurlik die CZ. Seker my eerste keuse tans. Hou ook van sy loopdikte. Hy is dik maar nie te swaar nie.
Howa maak ook n 204. Howa doen deesdae nogal goed op akkuraatheid...Hoor ek maar. En is nie so duur nie.
Dit wil my voorkom asof meeste 204's in n dik loop kom. Dalk moet ek nog verder oplees. Howa maak 204 in amper al hulle modelle. Nogal n pluspunt.

Enige voorstelle?
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2461
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Die pienk roer se kills

Post by Nico Harris »

Howa beste waarde vir geld. As jy ekstra geld het- tikka of savage.
User avatar
Barry Loock
Full Member
Full Member
Posts: 165
Joined: Sat Jan 02, 2016 10:05 pm

Re: Die pienk roer se kills

Post by Barry Loock »

Stem saam met Nico. Howa is die beste waarde vir geld. As daar ekstra geld is, gooi dit na n goeie teleskoop se kant toe.
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Die pienk roer se kills

Post by Armand Steenkamp »

Ek sal die Howa bo die Savage vat..

Groenis
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Die pienk roer se kills

Post by Hansieslim »

Ek het geswik. Was by Huntex en het n Howa .204 met n lekker dik loop gekoop. Wat n lekker ervaring om met die Humansdorp mense besigheid te doen.

Kan enigiemand my dalk help met n "motivering" vir daardie deel van my aansoek? Ek is seker "want ek wou" gaan nie lekker vlieg by die SAPD nie.

Enige advise sal waardeer word.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
JVT172
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Tue Jun 26, 2012 9:47 am

Re: Die pienk roer se kills

Post by JVT172 »

Praat met Kobus.
Ook op die forum Jagtersreg/JRM Goods Hy het my motiveering gedoen.
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Die pienk roer se kills

Post by Hansieslim »

Mense...Lisensie-aansoek gaan more in!!

Intussen het ek begin rondkrap op die internet vir punte. Kry Nosler, Hornady, Berger en Sierra Blitzking. Meestal 32 en 40 gr punte. Hornady het n SP 45gr gemaak wat blykbaar nou gestop is. Berger maak n 55gr maar dit verkies n 1:9 twist. Lees baie positiewe goed raak oor Sierra Blitzking 39gr. Weet julle van ander?

Omtrent al die punte is Varmint punte. Weet een van julle dalk van "jag"punte?

www.204ruger.com .... soortgelyke forum as hierdie maar Amerikaans. Daar is verskriklik baie manne wat hulle ladings plaas. Noem dit maar net as julle dalk wil gaan loer. Ongelukkig is dit ook alles Amerikaanse kruite.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2461
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Die pienk roer se kills

Post by Nico Harris »

Jy kan kriek koeëls koop om mee te jag. Ek ook n nuwe 204 gekoop. Die keer weer dik loop maar stainless!
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Die pienk roer se kills

Post by Hansieslim »

aaaah Dankie Nico Harris

Myne toevallig ook n Howa dik loop en ook stainless
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
Post Reply