Ooskaap takbok jag by Frikkie.

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2461
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Ooskaap takbok jag by Frikkie.

Post by Nico Harris »

Ons was gelukkig genoeg om die jaar oor paasnaweek by Frikkie(gromit) te gaan jag net buite Craddock. Ons hoof doel was om takbokke te gaan soek. Ons natallers ken nie takbokke nie en was erg opgewonde- net ek het toe al n paar geskiet - die dae toe ek nog op saasveld geswot het.

Ons is die woensdag oggend so 3uur weg by die huis en het Bloemfontein om gery. Ons het die middag net na 16:00 by Frikkie aangekom op Craddock. Ons het gou die laaste paar goed by die spar gekoop en pad gevat plaas toe. Oppad na die huistoe het ons klaar kudus, takbokke en springbokke gesien.
By die hyis aangekom het ons gou roere gecheck en Riaan(een van Frikkie se vriende) het ook op die tyd daar aangekom. Die aand het ons lekker gebraai en moeilik gaan slaap met die groot opgewondenheid vir die jag die volgende dag.

Volgende oggend is ons vreg op berg toe om daar te jag voor die voorspelde koue front sou in beweeg. Bo op die berg was die mis toe en ons moes n rukkie wag vir dit om te lig. Ons het kudus en ribokke gesien. Die een helper het ook vlakvarke gesien. Van die manne het in die klowe afgestap en ek het saam met Frikkie beweeg opsoek na moontlikke langskote. Die res van dienoggend hetbons nie veel gesien nie en net my swaar het n vlakvark onder in die kloof geskiet waar hy uitplat.

Ons het gaan middag ete eet en n rukkie ontspan. Die plan vir die middag was om voorsit jag te doen. Ons het die middag gaan sit- vrek baie wild gesien maar alles by my was redelik ver en die wind was sleg vir lang skote. N mooi takbok ram het homself laat middag gewys , maar ongelukkig net soos die voertuig ook in daai omgewing was- en het laat loop toe hy die bakkie sien. My oom en twee neefs het n takbok gesien maar nie skoot gekry nie.

My pa wat in n kloof agter my gesit het , het geklink of hy oorlag maak. Net een skootnop die volgende. Die middag toe ons hom haal sien ons hy het twee springbokke en twee takbokke ooie geskiet- die kleurlinge wat gehelp het reukin- "die OB (ou bul/ou baas?) vat hom vandag, hy vat die certificate". Ek n jong sprinbok ram gekry oppad om my pa te gaan haal. Ek vergeet om te noem my pa het net na middag ete n swartwildebees koei ook geskiet.

http://i398.photobucket.com/albums/pp68/nwharris/image.jpg1_8.jpg

Die aand ons weer lekker gebraai en gekuier- Frikkie en Riaan behandel mens soos konings en is baie goeie geselskap!

Ons is die volgende oggend vroeg uit en my pa moes n takbok ooi gaan laai wat ons nie in die donker kon kry nie. Hy laai die ooi en skiet daarna n mooi takbok ram...aai die ou bul gaan alles opskiet...

http://i398.photobucket.com/albums/pp68/nwharris/image.jpg3_5.jpg

Die res van die dag het ons nie baie kaans vir skote gekry nie maar tog baie wild gesien. Onsnis die volgende dag vroeg uit en ek het n takbok ooi gekry op 833yds.

http://i398.photobucket.com/albums/pp68/nwharris/image.jpg2_5.jpg

My swaar het ook daar in geslaag om n jong takbok ram te skiet.

http://i398.photobucket.com/albums/pp68/nwharris/image.jpg9_1.jpg

Hier is ook n foto van sy vlakvark die eerste dag.

http://i398.photobucket.com/albums/pp68/nwharris/image.jpg8_1.jpg

My twee nefies het ook n takbok en n blesbok geskiet. My oom het ook saam met Riaan n takbok ooi gekry.

Ons het die aand lekker potjie geeet en my swaar en oom hulle sou die volgende oggend begin huistoe ry. My swaar het in sy guns besluit om die oggend eers n draai te loop vir ou laas en het n baie mooi springbok ram gekry.

http://i398.photobucket.com/albums/pp68/nwharris/image.jpg7_1.jpg

Toe ons by die huis ry die oggend het ons nie ver gery nie toe ons n takbok ram sien - die was duidelik dat hy nie van plan was om daar rond te hang nie. Ek het n vinnige skoot op 469yds geskiet en was baie gelukkig met die mooi ram.

http://i398.photobucket.com/albums/pp68/nwharris/image.jpg4_4.jpg

Almal het teen die tyd al iets gekry behalwe my vrou. En Frikkie en Riian het nie gehelp deur haar heeltyd te vertel dat "haar" ram geskiet het die oggend nie! Ons het die plaas plat gery en bo op die berg n baie mooi ram gesien wat ons nie kaans gegee het nie. Uiteindelik op die laaste draai wat ons vir die dag gery het en net voor laaste lig het my vrou n baie mooi ram naby die huis geskiet, ook haar eerste bloed met die 300wsm!

http://i398.photobucket.com/albums/pp68/nwharris/image.jpg6_1.jpg

Soos julle kan sien op die foto is haar ram groter as my ram--- en Frikkie en Riaan het my dit baie mooi laat verstaan!!! Oor en oor!! Bliksems!

Dit was regtig n onvergeetlikke jag! En Frikkie en sy manne is tops! Altyd vriendelik en behulp saam! Ek kan ook nou se ek het vriende in die eastern cape :laugh:
Mens sal ook ver moet gaan om die takbokke se vleis te wen! Dit is baie lekker - selfs die ramme. My pa se ram het 75kg uitgeslag met sy vel aan en my vrou sin 65kg met die vel aan.

http://i398.photobucket.com/albums/pp68/nwharris/image.jpg13_1.jpg

Groete

Nico
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2342
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Ooskaap takbok jag by Frikkie.

Post by henried »

Baie geluk, mooi geskiet.
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Ooskaap takbok jag by Frikkie.

Post by Jakkalsgat »

Lekker Nico, julle was baie suksesvol.
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: Ooskaap takbok jag by Frikkie.

Post by Boesman10 »

Klink of jy baie lekker jag gehaad het. Is daai tjops die Takbok tjops? Het nie geweet daar is so baie vet nie. Waar op die bok kom die snit vandaan want ek sien niks been nie.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2461
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Ooskaap takbok jag by Frikkie.

Post by Nico Harris »

Daai is deel van die tjops ja. Ek het die rugstreing uitgesny sonder die been om sosaties te maak! Daai vet het n baie lekker smaak!!
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Ooskaap takbok jag by Frikkie.

Post by Frederik »

Netjies lyk na 'n lekker jag.
User avatar
Rooster1089
Full Member
Full Member
Posts: 182
Joined: Thu Feb 14, 2013 1:57 pm

Re: Ooskaap takbok jag by Frikkie.

Post by Rooster1089 »

Pragtige bokke, en daai vleis is darem ongelooflik lekker!!!!
.270 Howa
12 br Baikal
12 br O/U Webley & Scott
User avatar
toelie
Hero Member
Hero Member
Posts: 926
Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm

Re: Ooskaap takbok jag by Frikkie.

Post by toelie »

Geluk met daai wye skote
.22LR Voere
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1986
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Ooskaap takbok jag by Frikkie.

Post by sako 30-06 »

Baie geluk, daai vleis lyk baie mooi.
Nog een vir die Bucket list.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2461
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Ooskaap takbok jag by Frikkie.

Post by Nico Harris »

Dankie manne!
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Ooskaap takbok jag by Frikkie.

Post by Mellies »

Mooi man (en dame)!

Met n vleisie...
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Ooskaap takbok jag by Frikkie.

Post by PWV »

Geluk, Nico.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Ooskaap takbok jag by Frikkie.

Post by JPS »

Baie geluk Nico,

Almal kom vertel hoe lekker dit by Frikkie is. Ek sal moet plan maak om vir my spanmaat daar te gaan kuier.
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Ooskaap takbok jag by Frikkie.

Post by Frikkie Coetzee »

Nico. Ek wil so klein bietjie van jou Pa se ram vertel.

Ons het mense afgelaai en Oom Nico en ek was in bakkie. Ek hoor toe iets en dink kan dalk n takbok wees wat brom. Ek maak mense stil en luister. Toe mense stil raak hoor ek duidelik dis n takbok se brom. So effens links van bakkie. Oom Nico se hy sal loop. So 30 minute later hoor ek skoot en hoor dis vas. Nou probeer ek nader ry want daar is nie n pad nie en na omtrent nog so half uur kom ek aan waar Oom Nico die bok geskiet het.

Kyk dit was n snaakse gesig. Oom Nico op sy rug met die bok se horings in sy hande en albei hyg asof hulle die Comrades gehardloop het. Die wereld is omgeskoffel en Oom Nico se geweer le so ent weg. Toe oom Nico sy geweer neersit en die bok se pens wou uithaal, is dit dat die man wil opstaan. Oom Nico gryp hom aan sy horings en skree " jy kan maar gaan maar die horings is myne!"

Nou rol Oom Nico en die takbok rond. Die bok wil weg kom en Oom Nico hou vas vir al wat hy kan!

Dis waar ek toe vir Oom Nico en sy bok aantref so 30 minute later. Kyk daai bok was vasgevat soos n rofstoeier. Dit was eintlik moer snaaks en ek het gesukkel om my lag te hou.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2461
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Ooskaap takbok jag by Frikkie.

Post by Nico Harris »

Hahahahahahaha!!!
User avatar
Barry Loock
Full Member
Full Member
Posts: 165
Joined: Sat Jan 02, 2016 10:05 pm

Re: Ooskaap takbok jag by Frikkie.

Post by Barry Loock »

Nico. Ek weet nie jy dit gaan reg kry nie, maar jy mag nie vir jou pa lag nie.

Aim small, hit big.
Post Reply