Vrede jag
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Vrede jag
]Ons groep vriende het laas naweek weer ons jaarlikse jag naby Vrede gehad. Ek en my seun het die middag so net voor 16:00 op die plaas gekom en is sommer dadelik op gekomandeer om die roere te laai en saam te ry as ons die ander manne gaan optel mens weet nooit wat loop voor jou in nie . Ons het so draai gery en slegs Ferrari bokke gesien en daar is toe besluit om ons af te laai by die voorsit punte . Maar dit het ook nie veel gehelp nie en is toe later opgelaai ons het skaars op geklim toe ry ons vas in 'n groot trop blesbokke wat baie nuuskierig gestaan en kyk het vir die bakkie . 'n Mooi ram het plankdwars gaan staan en na hy gerange is op 212m het ek aangelê met die 30-06 ek moes redelik aanpas vir 'n lastige wind wat die aankoms van die koue front aangekondig het . Toe die skoot loop het die bok sy rug reguit gemaak so eenmaal in die rondte gedraai en toe omgedop morsdood . Die horing lengte gemeet op die boere manier was so 15 en 'n halwe duim en karkas gewig 35kg (kop,binnegoed,pote,poepol en vel af) .
[attachment=0]IMG-20160501-WA0000.jpg[/attachment
Ons het toe die trop weer gevolg en toe was dit my seun se beurt om te skiet en weereens staan 'n ram plankdwars gerange 130m en ons wag en ons wag en al wat ek hoor is hoe vloek daai knaap ek het nie besef hy het so groot vloek woordeskat nie . Die 243 wil nie skiet nie .Na 'n helse gesukkel kry hy die safety af maar toe is die bok ook al weg .Weet nie hoe daai safety opgekom het nie want dis altyd oopslot by ons .My seun en die boer se seun is toe te voet agter die trop aan wat net oor die rant gehardloop het . Na 'n ruk hoor ons die skoot klap en weet dis raak daar aangekom wag 'n baie bleek knaap ons in en die mees gevreesde woorde kom uit sy mond "Pa ek het gekwes" Ons is toe agterna met trop op so 120km/h voor ons . Gelukkig het hy so bietjie agter gehardloop en hy is toe ge id met 'n bekskoot . Die lig het begin swak raak en daar is toe halt geroep voor daar nog 'n boggerop kom.
Ek en die knaap het die aand so draai gaan ry vir jakkalse maar dis toe die koue front ons tref met 'n sterk wind wat die bakkie heeltyd geruk het daar is sommer vroeg gestop en het maar gaan inkruip. Teen daardie tyd het ek gesien die knaap gaan nie 'n lekker nagrus hê nie Almal het hom maar probeer moed in praat maar nou ja dit help nie as jy weet jy het 'n glips gemaak nie .
Vroeg Saterdag oggend is ons weer die veld in en is afgelaai so op 'n rantjie met 'n lekker wye skiet area.Na seker so uur daar kom die trop waar ons vermoed die kwesbok in is daar verby na hulle gesettle het het ons die trop deur gekyk en die tweede laaste bok in die trop se tong het uit gehang en ons het reg gemaak om te skiet en weer wag ek vir my seun se skoot en daar gebeur niks dis toe dat ek besluit dis nou lank genoeg en skiet die bok reg van voor in die bors .Hy was nou nie baie gelukkig nie maar daar was nie tyd om weer na die bok te soek as hy aan die hardloop gaan nie nie . Die hele trop het so bietjie gemaal en het stil gaan staan en nog 'n ram het eenkant gaan staan en 'n mooi skoot aangebied hy het ook net daar in sy spore neer geslaan .Ons bokke se gewig was 2x34kg en 35 kg.
Ons groep het altesaam 14 bokke geskiet die naweek en toe ons 8:30 Sondag oggend ry het die tempratuur darem so opgegaan na 4grade celcius.Ons plek is al klaar geboek vir volgende jaar.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
- Hano243
- Sr. Member

- Posts: 292
- Joined: Wed Jan 21, 2015 3:56 pm
Re: Vrede jag
Mooi storie Nico, is nooit lekker om te gaan slaap met die wete dat daar n gekweste bok in die veld agter gebly het nie maar sulke dinge gebeur maar met die beste van jagters.
Uitslag gewigte is glad nie te sleg vir die droë seisoen waardeur ons is nie.

Hano
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Vrede jag
Dankie vir die jag-deel met ons Nico.
Ten minste het julle daardie bekskoot bok gekry!
Dis sekerlik een van die slegste gevoellens wat daar is om n nag deur te bring met die wete jy het n bok gekwes wat daarbuite rondloop en ly. Dit laat mens darem beter voel as jy die bok wel kry die volgende dag en kan verlos.
Se vir die jongman daar is nie een gesoute jagter wat kan se hy het nog nie n swak skoot geskiet of n bok gekwes nie - ons almal probeer dit vermy - maar dis die realiteit en dit gebeur. Solank hy iets geleer het daaruit, hetsy dit was om asemhaling onder beheer te bring na die agtervolging, voor hy skiet, nie te vinnig te skiet nie, nie n 50/50 skoot te vat nie - dan het hy ondervinding opgedoen. Sterkte met die volgende jag - dan kan jy hom help om dit reg te maak!

Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: Vrede jag
Gelukkig of ongelukkig weet ek hoe voel dit om te kwes het laas jaar my eerste bok gekwes en ek jag al baie lank so ek kon myself vereenselwig oor hoe hy moes voel maar dit bring 'n mens vinnig weer grond toe en maak jou weer nederig
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
-
koos 2
- Hero Member

- Posts: 734
- Joined: Tue Mar 18, 2014 5:01 pm
Re: Vrede jag
Baie geluk man, mooi ram.
- 6mmMusgrave
- Hero Member

- Posts: 1033
- Joined: Thu Apr 28, 2016 2:06 pm
Re: Vrede jag
Baie geluk met die mooi bokke. Ek het ok al gekwes maar hom nooit gekry nie en dit is die slegste gevoel in die wereld.
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: Vrede jag
Hier is die karkasse
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
- 6mmMusgrave
- Hero Member

- Posts: 1033
- Joined: Thu Apr 28, 2016 2:06 pm
Re: Vrede jag
Hulle lyk sommer heel spoggerig. Baie lekker biltong en wors daai
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: Vrede jag
so doen 'n mens mos 'n voorsit jag
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
- Francoisv
- Hero Member

- Posts: 1614
- Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1985
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Vrede jag
Ek sien jy is lekker ingerig, so jy doen sommer al jou vleisverwerking self?NicoSmit wrote:Hier is die karkasse
- Francoisv
- Hero Member

- Posts: 1614
- Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: Vrede jag
Het al klaar weer geboek vir volgende jaar daar by hom. Ja ek en 'n bravo wat al lank my help met slag het die verwerking gedoen het laas jaar daar by Robbie my bwb ingegee omdat ek 'n bietjie problem met tyd gehad maar andersins doen ek dit self dis by 'n vriend se plek gewees hy is goed ingerig van mixers mincers koelkamer hy het alles wat 'n slaghuis het