Hoe gemaak met Zebra karkas

Gebruik van masjinerie, metodes om vleis op te sny , vleis meule, vleis saag, vleis verwerkings messe-slagmesse , stop van wors, ens. kan in die afdeling aanspreek word. The How To on working with meat and game.
Post Reply
User avatar
Askari
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Wed Sep 04, 2013 9:56 am

Hoe gemaak met Zebra karkas

Post by Askari »

Manne, ek het gesoek en gelees maar kry nie regtig die antwoorde wat ek soek nie. Ek probeer om elke jaar 'n spesie te skiet wat ek nog nie geskiet het nie en oor 3 weke is dit Zebra se beurt. Ek werk self my wild en maak gewoonlik biltong en droewors, maalvleis, patties, boerewors (2/3 wild en 1/3 bees) asook steaks.

Kan ek zebra ook so bewerk of moet ek eerder die karkasse aan 'n slaghuis verkoop?
Gooi lood!!!!
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Hoe gemaak met Zebra karkas

Post by ruaanb »

Soos ek verstaan moet jy alle vet weg sny en dan kan jy verwerk soos enige ander wild.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Hoe gemaak met Zebra karkas

Post by Pappabeer »

Danie, betaal maar n plaaswerker om die meerderheid van die vet weg te sny terwyl hy hang.

Sirloin, Rump en Fillets is goeie steak.
Die blaaie en boude se mooi vleis kan jy maal vir maalvleis. Dis altyd n goeie idee om n blesbok grootte bok by te meng hier.
Die ander trimmings kan, weereens gemeng met die ander dier sin gaan vir wors en kaaswors.
Persoonlik val sy biltong nie in my smaak nie.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Askari
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Wed Sep 04, 2013 9:56 am

Re: Hoe gemaak met Zebra karkas

Post by Askari »

Dankie vir die terugvoer manne. Ek het altyd skoon bees brisket vet gebruik vir my braai en boerewors. Verlede maand het ek bietjie opgeslip met die vet kopery en kon op kort kennisgewing net vetterige brisket kry vir 'n Blessie en 3 Springbokke. Ek het my resep so bietjie aangepas aangesien die brisket ongeveer 50/50 vleis/vet was en is baie tevrede met die resultaat.

Ek skiet komende naweek 'n gemsie en sal van hom steaks, biltong en maalvleis maak en die zebra dan verwerk in patties, droewors, boerewors en steaks. Ek het gewik en geweeg of ek nie sommer 'n Rooihartbees of Wildebees moet skiet saam met die zebra nie, Pappabeer het my "oortuig" dat ek sal moet ;) Die "vetterige" brisket sal ook mooi werk met die zebra.
Gooi lood!!!!
LDV
Full Member
Full Member
Posts: 169
Joined: Sun Jul 06, 2014 12:52 pm

Hoe gemaak met Zebra karkas

Post by LDV »

Askari bel Bloemfontein Abattoir hul het laasweek met heelwat brisket gesit wat hul wou vekoop.
By die 2 ton
Jy sal net n boks moet vat van +- 20 kg
Last edited by LDV on Wed Jun 29, 2016 9:10 am, edited 1 time in total.
User avatar
Askari
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Wed Sep 04, 2013 9:56 am

Re: Hoe gemaak met Zebra karkas

Post by Askari »

LDV wrote:Askari bel Bloemfontein Abattoir hul het laasweek met heelwat brisket gesit wat hul wou vekoop.
By die 2 ton
Jy sal net n boks moet bat van +- 20 kg

Dankie! Ek sal so maak.
Gooi lood!!!!
Post Reply