So 'n lekker naweek bederf

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Stephan86
Hero Member
Hero Member
Posts: 551
Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am

So 'n lekker naweek bederf

Post by Stephan86 »

Die naweek was ons genooi om saam met vriende van ons plaas toe te gaan. Die oom het ook gesê elkeen van ons manne kan 'n rooibok skiet en 'n varkie as ons kry.

Saterdag oggend is ons vroeg uit om seker te maak die gewere skiet soos hul moet, soos ons nog besig is om die geweer in te skiet kom baklei twee rooibokramme minder as 100m van ons af. Ek het maar besluit om hul te laat verder stoei want ek was daar om lekker in die veld agter aan te loop en wil nie nou al my jag eindig nie.

Ek het eers vir die ander manne 'n kaans gegee om hul bokkie te kry, so kon eers na middagete 'n geleentheid kry. Daar was gesê dat ek alleen die eenkant van die plaas kan gaan stap terwyl die ander op die ander kant sou soek. Ek voel baie geëerd om so op my eie te kon jag.

Daar was so baie rooibokke in die veld, dit was amper moeilik vir my. Sodra jy 'n trop bekruip sien 'n ander trop jou raak en laat weet almal van die gevaar. Ek het 'n mooi "bachelor" trop op so 400m gesien en hul stadig agterna gesit. Op 150m kon ek nie nader nie en het ek plat op my pens gaan lê met die geweer mooi stil, het ek die trop mooi deur gekyk. Daar was 'n knypkoppie en mooier ram in die oopte. Nes ek toe aanlê op die groter ram loop hy agter 'n bos in. Ek wag toe maar geduldig vir hom om uit te loop, na so 'n kort rukkie stap hy vorentoe dat net sy kop en nek uitsteek. Na nog 'n lang gewag besluit ek toe om vir die kop te gaan. Ek het gemaklik gelê en die kruishaar was was doodstil. Na die skoot vlieg al die bokke weg en ek sien niks lê nie ... soos ek toe nader stap oorval die verligting my toe ek die bok mooi daar agter die bos sien lê.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: So 'n lekker naweek bederf

Post by Eugene »

Lekker man!
Aim small, miss small
FrancoisW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 295
Joined: Mon Dec 09, 2013 2:48 pm

Re: So 'n lekker naweek bederf

Post by FrancoisW »

Mooi ram. Watter kaliber het jy gebruik?
375 Truvelo,30-06 Sabi Mauser, 243 Howa, .22 Brno Model 2
12Br Antoni Zoli S/S
User avatar
Stephan86
Hero Member
Hero Member
Posts: 551
Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am

Re: So 'n lekker naweek bederf

Post by Stephan86 »

Baie dankie Francois.

Ek het 'n 130gr TTSX geskiet uit my 308. Die die geweer heel dag rond gedra met daai geweerband van jou.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
User avatar
toelie
Hero Member
Hero Member
Posts: 926
Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm

Re: So 'n lekker naweek bederf

Post by toelie »

Mooi rammetjie kan ook nie meer wag nie my beurt breuk Donderdag aan
.22LR Voere
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: So 'n lekker naweek bederf

Post by Chevvy SS »

Mooi man!

Toelie, is jy dalk familie van Allister Coetzee?
User avatar
JohanvanZyl
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Thu Sep 19, 2013 10:42 am

Re: So 'n lekker naweek bederf

Post by JohanvanZyl »

Mooi bok!! Baie geluk. Dit bly darrem maar lekker
Johan
Howa 30-06
Oberndorf Mauser .22
User avatar
OupaZA
Hero Member
Hero Member
Posts: 588
Joined: Mon May 19, 2014 11:29 am

Re: So 'n lekker naweek bederf

Post by OupaZA »

Baie geluk...Mooi skoot!
458 Lott Heym Express Rifle
308 Tikka T3 Hunter
223Ai T3 Super Varmint
.22 LR Wins
Hoyt Element 80#
User avatar
Marlin
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 78
Joined: Thu Aug 02, 2012 1:58 pm

Re: So 'n lekker naweek bederf

Post by Marlin »

Lekker bly maar lekker!
Post Reply