Neefs jag 2016
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1239
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Neefs jag 2016
Neefs jag 2016
Oudergewoonte het my neef ons weer genooi om in 2016 daar by hom te kom jag. Sy plaas Scorpion is eintlik ‘n Beesplaas so 20 km Noord van Legkraal in die Vhembe distrik, nader aan Louis Trichardt as aan Pietersburg. Vanweë my vrou se siekte het ek die 2015 jag gemis. In ons oor en weer kommunikasie het ek aangedui dat ek graag in 2016 ‘n mooi koedoebul wil skiet.
Die jag was vanaf 29 Junie 2016 tot 3 Julie 2016.
Ek het my voorgeneem dat my seun van 13 jaar hierde jaar sy eerste bok gaan skiet. Hiervoor het ek die 6.5x55 Howa met 140 grein Claws gelaai. Ons was redelik gereeld op die skietbaan en hy kon 5 skote agter mekaar op 75m in die hartlong area van die springbok teiken skiet. Hiervoor het hy gewone tweebeen skietstokke gebruik . Die ander geweer wat ek saam gevat het was ‘n .308 met ‘n P14 aksie en ‘n Truvello loop. Vir hom het ek 165 grein Claws gelaai. Ek was ernstig om ‘n Koedoe te skiet en ek wou eintlik my 9.3x62 of my .375 Ruger saam vat maar my uurglas het uitgeloop voordat ek vir een van die twee kon laai.
Ons is die Woensdag 29/06 hier uit Centurion weg. Nadat ek die kleinneefs in Pietersburg opgetel het was ons so oor middagete op die plaas. Nadat ons alles uitgepak het en ‘n stukkie geëeet het, het die seuns dadelik (na die normale veiligheidspreuk) die plek besoek waar die voer staan om duiwe te skiet.
So teen 16.00 het ons met die voertuig vertrek om die “Lister” te gaan afskakel want die tenks was vol. Ek het saam gery. Die plan was om sommer so stadig van die pomp af terug te stap en te kyk of ek nie iets kry nie. So 800m van die pomp af het die werker op die landrover rooibokke gesien.
Ek het so half in die ry uitgeklim en ek het so 10 m. gevorder toe ek ‘n ram so op 90m sien staan. Ek het sommer dooierus oor die draad aangelê. Hy was bietjie agter die takkies maar ek het al geleer dat as jy vir ‘n oop plankdwars skoot gaan wag in die Bosveld, jy elke vierde jaar miskien ‘n bok gaan skiet. Die skoot het geloop. Dit het goed gevoel.
Ek het my lyn mooi gekry met ‘n klein Kanniedood boompie en dadelik gaan soek na wegspringspore en bloed. Nou wil ek eerlik wees, lyn is maklik maar ek sukkel altyd met die diepte persepsie. Toe die voertuig terug kom het ek vir my neef gewaai. Hulle het gestop en ons al drie het gesoek. Wegspringspore maar niks bloed nie. Ek het gesien in watter rigting hulle gegaan het. So 70m van die plek waar ek hom geskiet het het hy gelê.
By die slagplek kon ek sien dat ek die bopunt van die hart getref het. Die Claws het mooi deur geskiet. Kaliber gaatjie een kant en 5 Rand grote uitgangswond. Wat my pla was die min bloed op die wegholspoor. Claw is ‘n “bonded” koeël en partymaal wonder ek of gewone loodkern patrone nie beter is op kleinraam bokke nie. Vleisskade is meer, maar ‘n goeie bloedspoor is goud werd in die bosveld as ‘n bok 70m gaan. Bokke is al baie verloor in die ruie rooibos, sekelbos, swarthaak gedeeltes.
Die aand laat het my ander neef opgedaag. Hy is in die mediese professie en hy moes nog pasiënte ontslaan voordat hy kon kom jag. Ons het sommer die aand bespreek hy sou die volgende dag met een van sy seuns bo die huis jag en ek met my seun onder die huis. Ons is bevoorreg dat ons alleen, sonder ‘n gids (beeswagter) kan jag. Gewoonlik is die kampe waar die beeste loop buite perke want daar word bees gewerk.
Donderdagoggend was ons vroeg in die veld. Ek het saam met my seun geloop met die 6.5x55. Die hele oggend sessie van so 7 tot 12 het ons net ‘n groot vlakvarkbeer gekry. Ons was gedurende die middagsessie ook ongelukkig en het niks gekry nie. Daar is egter baie onderrig gegee. Die stil stap, grootbewegings wind lees en spore het darem gesorg dat die jag nie heeltemal onproduktief was nie.
Laat die Donderdag aand het my ander neef (laaste een van die jaggroep) opgedaag. Hy is in die wildbedryf en moes nog die Donderdagmiddag ‘n klomp Swartwitpense laai.
Die volgende oggend is ons al drie uit met ons seuns. Niemand het iets geskiet nie maar ons het darem ‘n groot trop rooibokke gekry. Soos ek vir my seun sê “ Dit is een ding om die bokke te kry, dit is ‘n ander ding om ‘n skoot te kry.
Laat geurende die Vrydag middag sessie skiet my een neef ‘n mooi jong koedoebul. Horings raak so aan die 50 duim. Toe ons hom in die die slagkamer het was die al donker. Net toe hy hang kom my ander neef by. Hulle het ‘n koei gekwes. Lang skoot langs die lyndraad af. Hy gooi baie bloed maar dit het te donker geword hulle kon nie verder op die spoor gaan nie. Hy het egter die spore mooi met toiletpapier gemerk. Dadelik sê my neef aan wie die plaas behoort dat ons nou ry en gaan soek. Met al wat ‘n koplig en Led lenser is, is ons daar weg. Ons kry die plek waar hulle gemerk het maklik en die bloedspoor is redelik duidelik in die flits lig. So vyftig meter waar hulle nie meer kon sien nie kry ons die koei. Sy is nog op haar pote en in die haas het niemand ‘n geweer gebring nie. Gelukkig het ek my 9 mm P by my. Kopskoot later lê die bok. Die herwinning van die karkas in die swarthaak sekelbos en haak- en- steek was nogal ‘n avontuur. My seun het die volgende dag so 2cm doring uit sy been gegrou.
Die laaste dag breek aan. Ek het min vleis die jaar, net die rooibokrammetjie. Die Vrydagaand het die wind lekker begin stoot uit die Ooste. Die koue front het opgedaag. Saterdagoggend is ek al 6 uur in die veld. Dit is vrek koud en ek lê voor op ‘n hoogtetjie waar die koedoes vroeg oggend kruis. Ek sit tot so 7.30 en wag. Behalwe vrekkoud kom niks verby nie. Ek besluit maar om weer te jag. So tien uur skiet ek ‘n Rooibokram skoon mis. Ek is so gatvol vir myself ek kies sommer dadelik koers terug kamp toe.
Daar gekom, honger soos ‘n bees “Brunch” ons lekker met gebakte eiers koedoe lewer en baie uie en gister se aartappels in die skil. “Twee uur sê ek vir die manne ek vat sommer die kamp onder die huis en die volgende kamp met die digte geelhake. Ek vat die .308 en begin sommer van die huis af stap. Ek stap alleen. Ek stap stadig, sag en ek stop baie en dan bespied ek die bos voor my. Die oostewind waai skuins voor my verby. Dit vat my so uur en ‘n half om deur die kamp te stap. Die kamp waar een van die beestroppe stap is geëlektrifiseer. Ek gaan deur die hekke en toe ek in die Geelhaak kamp kom toe besef ek ek sal eers moet om stap sodat die wind reg is.
Die geelhake maak sulke digte stande waar die regop bome naby mekaar groei. Die oostewind waai so skuins van voor. Ek loop moeilik want ek haak en moet die heeltyd pad soek om deur te kom. Ek loop egter baie stadig en probeer so sag moontlik loop. Ek stop elke paar tree en kyk. Ek het seker so 300m deur die geelhake gevorder toe ek die koedoebul sien.
Hy is agter die takke seker so 60 of 70 tree van my af. Ek is in ‘n oop stukkie. Ek sak stadig op my hurke en plaas die skietstokke op die grond neer. Net toe ek wil aanlê, lig hy sy kop om bo aan ‘n haak- en- steek struik se blare te knibbel.
Stadig lig ek die geweer, hy sien die beweging draai sy kop en kyk my stip aan. Op daardie stadium was my geweer so 30° gelig. Iewers het ek eendag gelees ‘n mens moet nie direk vir ‘n wilde dier kyk nie, hy voel dit aan. So ek loer hierdie koedoe so onder my hoed se rand. Die adrenalien pomp, ek kan sien dit is ‘n pragtige bul. Ek skat ons loer mekaar seker vir so drie minute. Dit mag langer wees dit mag korter wees. Ek beweeg nie, hy beweeg nie. Dit is soos die engelse sê “a standoff”. Ek weet as hy beweging gaan sien is hy weg. Die probleem is my voorarm wat daardie geweer so 30° hou begin bewe van die inspanning. Ek besef dat ek nie so sal kan aanhou nie. Baie dinge maal deur jou kop. Ek besluit ek gaan stadig optel en dan skiet. Eerder dit as wat ek die geweer gaan sak dan is hy weg sonder dat ek probeer het.
Stadig so stadig lig ek die geweer. Die kolf was gelukkig reeds in my skouer. Toe die Nikon onder die ken vassuig toe klap die skoot. Daardie massiewe pragtige dier sak net daar neer. Ek haal dadelik oor en stap nader. Toe ek daar kom sien ek sy oë is nog helder. Ek skiet hom op sy oor dood. As kind het ek seker te veel “Skankwan van die duine” gelees en ek dink met die jare kom die emosie ook al hoe meer te voorskyn. Maar ek pik ‘n traan en stuur ‘n skietgebed op na die Goeie Gewer dat ek in Sy natuur so ‘n pragtige skepsel se lewe mag geneem het.
4-5 Km plaas opstal toe. Dit is 4:30, die bok moet herwin word. Dit was donker toe ons met ‘n liggie van die LED wat op die die bakkie se battery gekoppel is die pens trek. Glo dit of glo dit nie die foto wat ek plaas is die enigste foto wat ek het. In die proses het ek my kamera verloor.
Die vleis is by Robbie ingegee. Hy het die karkas geweeg op sy skaal. 190.8kg. Ek het ook die horings daar ingegee vir ‘n skedel montering. Die langste horing links meet 58 en ‘n kwart duim.
My koedoe, waarvan baie drome het, het geval.
http://i780.photobucket.com/albums/yy85/spekieries/Anton%20Selfoon%202269_zps8xfuxu5i.jpg

Last edited by spekieries on Mon Jul 11, 2016 9:55 pm, edited 1 time in total.
-
koos 2
- Hero Member

- Posts: 734
- Joined: Tue Mar 18, 2014 5:01 pm
Re: Neefs jag 2016
WOW !!!! Baie geluk en dankie vir die deel.
So groot bul is n groot droom van my.
So groot bul is n groot droom van my.
- Springkudu
- Hero Member

- Posts: 757
- Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am
Re: Neefs jag 2016
Blikskottel dis mooi!!! Almal het mos hulle "mooiste" dier, die Kudu is myne. Ek moet ook nog eendag my groot een gaan haal. Baie geluk!!
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Neefs jag 2016
Baie geluk. Ek dink ons is familie, julle vergeet net om my te nooi. Sal volgende jaar reg wees om saam te gaan.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Neefs jag 2016
sjoe baie geluk!
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2172
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Neefs jag 2016
Mooi gedoen Spekieries. Ek is bly jy kon so 'n mooi en besonderse koedoe jag! Dankie ook dat jy die storie met ons gedeel het.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Neefs jag 2016
Pragtige bul. Baie geluk! Dis menige jagters se droom. Spog maar met hom!
-
Dirkonius
- Full Member

- Posts: 153
- Joined: Wed Jun 15, 2016 11:09 pm
Re: Neefs jag 2016
Baie geluk, dis 'n pragtige koedoe bul daai! Lekker gelees aan jou verhaal ook. Het jou seun toe niks gekry nie?
.223 Rem Tikka T3; 260 Rem Savage LRP; .308 Win Mauser M12; 9,3x62 Sako 85; .50 BP Thompson Center Bone Collector; 12 Gauge Beretta Silver Pigeon
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Neefs jag 2016
Appels!!
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1239
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Neefs jag 2016
Dirkonius, nee hierdie keer kon hy niks kry nie. Dit is ook 'n leerskool dat jag nie voor-die-hand liggend is nie. Hulle staan nie in die veld vasgemaak nie. Hy het hard saam met my gejag maar nie geskiet nie. Ek sal kyk of ons nie miskien later die jaar weer plan kan maak nie.
- Sean3006
- Sr. Member

- Posts: 477
- Joined: Mon Jun 27, 2016 9:10 pm
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Neefs jag 2016
Spiekeries, jou ou doring! As hy weggekom het, sou ek baie kwaad vir jou gewees het! 
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1239
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Neefs jag 2016
Dankie Oom PW. Ja dit is daardie een keer in 'n leeftyd bok.
- toelie
- Hero Member

- Posts: 926
- Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm
Re: Neefs jag 2016
Baie mooi storie en bitter mooi bok, baie geluk
.22LR Voere
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Neefs jag 2016
Prag bul geluk.
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1239
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Neefs jag 2016
Dankie manne. Ja dit is 'n een keer in jou lewe bok.
- Vlakvark Soldaat
- Hero Member

- Posts: 1698
- Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am
Re: Neefs jag 2016
Baie netjies, ek het n reel, as ek n groot kudu teekom, gaan ek skiet, ongeag of ek die geld het of nie, sal reelings tref om te betaal...
Louis
2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga
Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga
Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
- tau
- Hero Member

- Posts: 3940
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Neefs jag 2016
Bitter netjies en baie geluk. Daai groot bulle skop jy nie net agter 'n bos uit nie
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Stephan86
- Hero Member

- Posts: 551
- Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am
Re: Neefs jag 2016
Dankie dat jy jou storie met ons kom deel het, dit was baie mooi vertel. Baie geluk met die pragtige bok!
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
- Trompie
- Hero Member

- Posts: 511
- Joined: Mon Oct 05, 2015 9:19 am
Re: Neefs jag 2016
baie baie mooi bul. Geluk!
Dis net jammerte jyt nie mooi foto in die veld nie

If it heard the shot, I wasn't aiming for it...