Familie Jag naweek - Geelhout

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Familie Jag naweek - Geelhout

Post by Marc »

So was ons die naweek bevooreg genoeg om n saadjie wat al in 2013 by n herlaai kursus op Komandonek geplant was, te kon sien opkom en blom. Wat n onvergeetlike naweek was dit nie.

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Geelhout%202016/image7_zpsglwwv1k4.jpeg

Ons was saam met Eugene en DJ hulle bietjie by Wouter se spog plaas, Geelhout Safaris, in Stella se wereld. Dit was n familie jag en almal se vrouens en kinders was saam om die naweek bietjie batterye te gaan herlaai en Eugene hulle het mooi mylpale gehad om te merk in hulle lewens boek.

Die verblyf was eerste klas en daar in maar niks wat net daar staan of opgekom het nie, elke vaset van die kamp is duidelik haar fyn beplan en uitgewerk vir maksimum effek en bruikbaarheid. Dit is los hande een van die gemaklikste kamp tereine waarin ek nog gebly het. Jacus en Linda is ook vyfster gashere en hulle dra mens op die hande. Ons het vir ons rond gesmul aan al die lekker disse wat sommer vining sonder moeite opgekook het en Jacus is n yster PH met jare en jare se ervaring wat deur sy are pomp. Vir n beter opset kan mens nie vra nie, alles loop soos n goed geoliede masjien op Geelhout.

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Geelhout%202016/image9_zpsxtvsdxbd.jpeg

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Geelhout%202016/image7_zpsglwwv1k4.jpeg

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Geelhout%202016/image1_zpsexoo7igz.jpg

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Geelhout%202016/image4_zpsskd17duj.jpeg

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Geelhout%202016/image2_zpsdybcjssc.jpg

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Geelhout%202016/image3_zpsnzxgzs7y.jpeg

Daar is n suiping reg voor die hoof kamp en die hele dag is daar wild wat in en uit beweeg sonder om enigsins deur die teenwoordigheid van mense gesteur te word. Die feit dat mens enige oomblik in trop Buffels kan vasloop en die leeu se brul in die agtergrond elke aand om die kampvuur maak vir ‘n onvergeetlike ervaring.

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Geelhout%202016/image11_zps3eokislg.jpeg

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Geelhout%202016/image5_zps8a5sslo5.jpeg

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Geelhout%202016/image6_zpscmrn2432.jpeg

Wouter het my behoorlik bederf deur my persoonlik uit te vat vir bitter mooi Koedoe bul jag. Dit was n lekker koel oggend en die windjie het reg deur ons gesny met son opkoms. Die bulle het ons behoorlik laat werk vir hulle aangesien ons kort kort koeie met kallers gesien het maar nie tekens van die gruis spoke nie. En net soos mens begin wonder of daar geleendheid sal wees vir n bul vandag staan daar een uit die bloute stip stil in n bos en kyk vir jou. Dit was n vinnige skoot met Wouter se 375AI deur n paar droë boom takke na ‘n oop skouer. Die skoot het geblaf en ek kon sien die bul het hom ontvang toe sy voorbeen oplig met wegspring. Ek wag nou nog vir die terugskop van die skoot want ek was heel vasgevang in die oomblik en alles het in stadig aksie gebeur. Hy het skaars 50 meter gevorder toe sy asem opraak.

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Geelhout%202016/image17_zpsarp08s4l.jpeg

Ingang

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Geelhout%202016/image16_zpsdwvyvqm9.jpeg

Uitgang na twee ribbes gebreek is, mens kan die ekstra gaatjie sien wat deur die stukkie "pebble" gemaak is wat afgebreek het.

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Geelhout%202016/image18_zpsf3rmybj7.jpeg

Let op die minimale vleis skade rondom die wond kanaal, ek het wel die bloed vliese weg gesny maar die vleis self het omtrent niks kneusing nie. Die 375AI en Spartan kombinasie blyk n wenner te wees

Wat n besonderse mooi bul, hy was nog jonk maar het diep draaie en goeie potansiaal gehad om die boeke met gemak te maak sou hy nog so twee jaar kans gekry het. Hy het die volgende dag die skaal op n stewige 160kg getrap. Ek glo tot vandag toe nog n koedoe bul word vir jou gegee, jy loop jag hom nie net sommer nie. Die een het vir my gewag.

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Geelhout%202016/image12_zpsc6illioi.jpeg

Wouter

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Geelhout%202016/image13_zpsdqx0izvx.jpeg

Jacus

Die kinders het hulle gate uit geniet !

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Geelhout%202016/image14_zpse3ufcorn.jpeg

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Geelhout%202016/image10_zpsagxmwzdc.jpeg

Eugene hulle het ook n onvergeetlike naweek gehad waar Xander sy eerste bok geskiet het en sy vrou haar eerste koedoe bul, maar hy sal self meer hieroor kom vertel.

Baie dankie Wouter, Jacus en Linda vir n onbeskryflike lekker naweek van bederf en afpak. Ek het sommer hope en hope brandhoud die naweek bymekaar gemaak vir die moeilike dae. Sien julle sommer gou weer !

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Geelhout%202016/image8_zpsycbgrv32.jpeg

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Geelhout%202016/image19_zpsfd62bjbp.jpeg

Eugene en Dj julle, kan nie wag dat ons weer so iets aanpak nie
Last edited by Marc on Tue Jul 12, 2016 3:05 pm, edited 3 times in total.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Familie Jag naweek - Geelhout

Post by Eugene »

Dankie Marc.

Ons is so 3 gesinne wat elke jaar probeer om 'n gesinsjag te doen, waar die vrouens en kinders saamgaan en waar almal lekker kan saamkuier. Ek is van die opinie, dat so gesinsjag bietjie die vrouens en kinders ook betrek by 'n man se jag dinge en dat veral jong kinders op so manier rustig voorberei word vir hulle eie jagervaring. Dit was my derde kuier op Geelhout, maar die eerste keer dat daar gejag sou word en dit was Xander se geleentheid om sy eerste bok te skiet. Ek het verlede jaar al besluit dat Geelhout die regte plek is daarvoor, weens die kwaliteit van die bokke en ook omdat hulle rustig is. Daarbenewens is Jacus ook die regte PH om 'n jong jagter by te staan met sy/haar eerste bok, omdat hy 'n natuurlike rustiheid het in die veld en dit selfs oorspoel na die senuweeagtige pa toe. ;) Omdat my vrou laas haar eerste bok geskiet het toe sy (onwetend) swanger was met Xander, het sy ook besluit dat sy saam met hom weer 'n bok wou skiet en haar keuse het op 'n jong koedoe vleisbul geval.

Donderdagmiddag na ons aankoms, is die gewere se zero's bevestig en is ek, Xander en Jacus onmiddellik veld toe met die idee om vir hom 'n mooi rooibok ram te gaan soek. Die rooibokke het egter vooraf die e-pos gekry en was nie bereid om vir self so edele doel stil te staan nie. Daar is aanvanklik lekker geloop en later gespot & stalk, maar ons moes egter teen skemer besef die rooies was te slim vir ons.

Daardie aand is die jong jagter moed ingepraat en is daar taktiek bespreek.

http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/Taktiek_zpsmqmncfk5.jpg

Vrydag oggend was ons vroeg op en het solank langs die oggendvuurtjie gewag vir Jacus vir Xander se groot dag.

http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/vroeg%20oggend_zpsbnss6g8i.jpg

Daar is besluit om die teiken van rooies te skuif na 'n blesbok, omdat hulle minder senuweeagtig voorgekom het en makliker per voet bekruip kon word. Na 2 onsuksesvolle pogings, waar of vlakvarke of RHB'e ons weggegee het, kon ons uiteindelik daarin slaag om naby genoeg te kom aan 'n troppie blesbokke en toe Xander die skoot afknyp op 110m, het die blesbokooi net daar neergeslaan. Die vreugde vir Xander en die verligting vir pa, was sonder perke.

http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/Xander%20Blesbok%201_zpsvxrxo2l6.jpg

Daarna is die soektog voortgesit vir Naomi vir 'n koedoe en net na middagete, kon Naomi met die 375 Ruger, die bulletjie laat val. Daar was 'n kans of 2 op groter bulle, maar om met onervare jagters te jag, kom nie sonder struikelblokke nie en ek het weer respek vir Jacus gekry, want nooit ongeduldig geraak het nie.

http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/Naomi%20kudu%201_zpsihotvgap.jpg

Saterdagaand het Jacus vir Xander 'n mooi seremonie gehou om hom in te lyf by die jagtersgeledere en beide ek en Xander gaan dit vir baie lank onthou.

http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/Bloed%201_zpstwytxnth.jpg

Dankie weereens Wouter vir julle gasvryheid en julle pragtige plaas. Mens voel soos familie as jy daar gaan kuier. Dankie ook vir Jacus en Linda, asook die werkers vir al die moeite wat julle gedoen het. Ek en my gesin het die tydjie daar, soos altyd, vreeslik waardeer.
Aim small, miss small
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Familie Jag naweek - Geelhout

Post by FHM »

Jislaaik Eugene / Marc julle manne laat dit wragtig baie lekker klink.
Eugene geluk met die kleinman se eerste bok - altyd n groot oomblik vir die voornemende jagtertjies. ;)
Dankie vir die deel en pragtige fotos.
Last edited by FHM on Tue Jul 12, 2016 5:07 pm, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Familie Jag naweek - Geelhout

Post by Frederik »

Lekker plek daardie as jy eers daar was dan maak jy planne om terug te gaan soon toe. Baie geluk met julle baie suksesvolle jagte. Vir die eerste van baie en net die vooreg om in daardie lekker sand te jag. Dankie vir die deel.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Familie Jag naweek - Geelhout

Post by ruaanb »

Sjoe dit lyk darem nou regtig lekker daar. Geluk met al die eerstes en pragtige bokke.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Familie Jag naweek - Geelhout

Post by Gawie(13mm) »

Geluk aan al die skuts.
Dit lyk waarlik na goue oomblikke saam met die familie.
Baie dankie dat jul dit met ons gedeel het.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1617
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: Familie Jag naweek - Geelhout

Post by Gian_dP »

Dit lyk na n wonderlike trip wat julle gehad het. Lekker as n eerste bok so bietjie harde werk insluit, en dan so op n suksesnoot afsluit!
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7547
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Familie Jag naweek - Geelhout

Post by Wouter Roets »

Marc en Eugene

Dankie vir die mooi woorde asook dat Eugene-hulle Geelhout toevertrou het met so groot verantwoorfelikheid om Zander se eerste bok daar te laat skiet. Ek is baie bly dit het so mooi afgeloop asook Naomie se post-kinder-jag. Marc ja ek het begin bekommerd raak toe ons nie bulle sien nie. maar die Groot Man het ons toe baie mooi aan die einde van die dag beloon. Ek het weer bietjie gekyk toe ons terug stap maar daai bul het nie verder as 25 tree gevorder na daai prag skkot van jou nie. Dit is ook nie die eerste keer dat daai Spartan's petals afbreek op so n kort afstand nie. Wou nie sien wat n ander koeel in elk geval sou gedoen het nie. Daar sou verseker baie minder vleis gewees het om te benut.

Dankie ook aan julle almal vir die lekker kuiertjie van Vrydagaand wat ons saam met julle kon meemaak. Voorwaar uit die boonste boeke! Ons sien julle hopelik sommer gou weer.

Groetnis
Wout
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Familie Jag naweek - Geelhout

Post by DawieKotze »

Baie mooi jag saam met vriende en familie! Geluk met al die mooi bokke!

Geluk ook aan Wouter! Van die fotos kan mens aflei dat dit sommer 'n spogplek is waar mens baie lekker kan kuier.

Groetnis
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Familie Jag naweek - Geelhout

Post by JPS »

Baie geluk julle,

Eugene, spesiale geleentheid vir daai mannetjie van jou, sien sommer jy is baie trots op hom met reg. Ook mooi om hom vir sy eerste bok te laat werk vir met walk en stalk glo dit sal vasgebrand wees in julle gedagtes vir ewig.

Groete
FrancoisW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 295
Joined: Mon Dec 09, 2013 2:48 pm

Re: Familie Jag naweek - Geelhout

Post by FrancoisW »

Dankie vir die lekker storie. Dis lekker om deel te wees van 'n forum waar manne hul gesinne so waardeer en hul passie kan deel.
375 Truvelo,30-06 Sabi Mauser, 243 Howa, .22 Brno Model 2
12Br Antoni Zoli S/S
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Familie Jag naweek - Geelhout

Post by Geno »

Jis manne, hoe lus maak julle my om weer van daai Geelhout sand in my skoene te kry!
Wout, ons sal gesels oor 'n gaatjie in 2017 se seisoen. Voor dan, sal ons ook maar 'n paar Johnny's moet vat. Ons dreig al lank genoeg.

Mooi bokke, en mooi geskiet deur almal!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Familie Jag naweek - Geelhout

Post by Marc »

Dankie manne

Wouter ek stem volkom saam met jou, op daai kort afstand sou n lood kern koeel darem maar chaos veroorsaak het met de skoot wat ek gevat het. Ek is baie aangenaam verras met die uitstekende werk verigting van die Spartans. Dankie weereens dat ek hom met n "regte" geweer kon aandurf, maak dit net nog bietjie meer spesiaal

Geno ek verstaan nou wat die manne wat al daar was van praat, ek self maak al reeds planne om terug te keer
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Familie Jag naweek - Geelhout

Post by tau »

Geluk Marc. Lekker storie en so begin die Jaracal familiejag kultuur almeer afsmeer en jag as familie tyd verander. Wel sommige jagte..
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Familie Jag naweek - Geelhout

Post by Marc »

Net so Tau, een jag per jaar gaan almal saam. Ek probeer ook soveel moontlik saam my vrou jag vandat die gogga haar ook gebyt het. Niks soos tyd in die veld saam nie
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Familie Jag naweek - Geelhout

Post by Jean Marais »

Mooi stories kêrels. So word die tradisie voortgesit.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13513
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Familie Jag naweek - Geelhout

Post by Capt. Yoda »

Baie netjies manne
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Familie Jag naweek - Geelhout

Post by theedge »

Stunning Baie mooi,dankie vir die deel
Post Reply