Met die beplanning saam is daar genoem dat dit vreeslik ruig is en dat ons baie gelukkig sal wees indien ons eenige skoot kry.
So is ons vol hoop Vrydag oggend uit in die koue. Ek en John (die gids\plaas werker) het gou gesels en ons het besluit om na die eenigste oop gedeelte te loop om te kyk of daar nie dalk 'n bees rond staan nie. Die geluk was aan my kant en binne die eerste uur se loop sien ons 'n trop van 2 koeie en 16 kallers. Daai wereld is vol dorings so met die kruip op ons knee was my bene gaar teen die tyd wat ons naby skiet afstand kon kom. Ek het rustig geraak en eers my asem gevang voor ek begin reg maak het om te skiet. Die een koei was agter 'n bos en ek kon net haar pragtige boude sien. Ongelukkig het ek nou nie daai deur die bos skiet koeele gelaai nie
Ongelukkig was daar geen skaal op die plaas nie en ons het die vleis Sondag middag gou biltong gesny.
By die foto's sal julle sien die Rhino het weer besonder goed gedoen. Hy het die blad been gebreek by ingang, is deur die ribbes, longe, hart en ek het hom net onder die vel op die ander blad gekry. Vleis skade was baie min en die gewig retensie was 96% (158.9gr van 165gr). Hy het nie so mooi oop gemaak soos die vorige een wat ek uit 'n rooibok gehaal het nie, maar dit is die gevolg van die groot blad been war ek deur geskiet het.
Hierdie was 'n besondere koeie en sy staan nou diep geskryf in my jagters hart.
Verder het ons niks anders geskiet nie, maar daai plaas het die meeste 60 duim plus koedoe bulle wat ek in my lewe gesien het. Ek glo hulle is so groot omdat daar nie regtig gejag word nie en indien wel skiet hulle net jong vleis bulle so een keer 'n jaar. In die drie dae het ek 18 getel wat maklik oor 60 sou wees. Was nogal lekker om net vir hulle deur die teleskoop te kyk en te droom waar jy hom sou pot. Dalk volgende jaar!!!
Hier is 'n klompie foto's van die tannie:
