Laaste biltong jag vir 2016.
- Dolf014
- Hero Member

- Posts: 533
- Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm
Laaste biltong jag vir 2016.
So het ek en my seun die naweek ons laaste biltong jag vir die jaar gedoen.
Hy het somer vroeg oggend 2 blesbokke geskiet. Eerste een kopskoot (popeye) so op 120m.
2de een het verder gestaan en omdat die wind reg dwars waai het hy maar besluit om blad te skiet.
Ek was op soek na koedoe (bul of koei) want dis die laaste kan van die seisoen.
Ons het n hele paar koeie en verse gekry, maar hulle het nie n skoot aangebied nie.
Die volgende oggend was ek redelik negatief want my tyd loop uit en ek het nog nie my koedoe nie.
Ons het toe gery tot waar die 2-spoor paadjie ophou en toe maar verder gestap in die rigting van die grensdraad.
Ongeveer 300m van die grensdraad af spring daar 6 koeie uit die droeë rivierloop en hardloop berg op.
Geen kans om te skiet nie. Toe is ek nog meer moedeloos.
Ek was op die punt om vir my seun te sê "ons kan maar omdraai", toe verbeel ek my ek hoor iets. Ek draai toe en kyk na boeta, hy staan ook doodstil en wys in die rivier se rigting. Die volgende oomblik spring n bul uit die rivier en en hardloop berg op. Hy steek toe vas en ek skiet toe sommer oor boeta se skouer (ongeveer 150m)
Na die nek skoot tuimel hy gelukkig n paar meter af.
TOE BEGIN DIE GROOT WERK:
Ek en boeta is berg op, fotos geneem, pens uitgehaal en kop af gesny.
Terwyl ons afstap bakkie toe beplan ons waar ons bosse moet oopkap om pad te maak vir die karkas.
Huis toe gery om die werkers te gaan haal. Ook byl, draagbaar, messe en saag saamgevat.
Na n harde stuk 4x4 ry is ons toe nader aan die bul. Ons het toe "ontbossing" gedoen om pad te maak. Toe het ek die bul boud en blad gesny (sommer met vel en al) en hom stuk stuk afgedra bakkie toe.
3 ure later is hy by die slagplek. Toe is vleis al redelik warm. Ons het toe so vinnig as moontlik geslag en die vleis in die koelkamer gekry.
Horings het 51duim gemeet. Tussen die horing punte meet hy 970mm.
Sal hom weeg as ek vleis werk.
Dit was harde werk, maar altyd die moeite werd.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.
- Dolf014
- Hero Member

- Posts: 533
- Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm
Re: Laaste biltong jag vir 2016.
Nou wat is n jag sonder n papwiel??
Al is dit op die groot pad.
Al is dit op die groot pad.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Laaste biltong jag vir 2016.
Lekker Dolf julle het mooi gemaak.
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1985
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Laaste biltong jag vir 2016.
Baie geluk Dolf, dis n monster.
Jy gaan vir baie lank die jag onthou.
Jy gaan vir baie lank die jag onthou.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Laaste biltong jag vir 2016.
Mooi bul met harde werk
-
partner
- Hero Member

- Posts: 981
- Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm
Re: Laaste biltong jag vir 2016.
Prag bul en die moeite werd. Dankie vir die deel en die fotos.
- toelie
- Hero Member

- Posts: 926
- Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm
Re: Laaste biltong jag vir 2016.
Baie geluk Dolf bitter mooi bok daai
.22LR Voere
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
- Dolf014
- Hero Member

- Posts: 533
- Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm
Re: Laaste biltong jag vir 2016.
Dankie Manne.
Wat die oomblik so spesiaal gemaak het is; die erge opgewondenheid van pa en seun (letterlik skouer teen skouer) toe daai bok val. Geen geld kan dit koop nie!!
Groete.
Wat die oomblik so spesiaal gemaak het is; die erge opgewondenheid van pa en seun (letterlik skouer teen skouer) toe daai bok val. Geen geld kan dit koop nie!!
Groete.
Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.
-
FrancoisW
- Sr. Member

- Posts: 295
- Joined: Mon Dec 09, 2013 2:48 pm
Re: Laaste biltong jag vir 2016.
Baie geluk Dolf. Dis my droom om so bul te skiet en veral met my seun saam my!!!
375 Truvelo,30-06 Sabi Mauser, 243 Howa, .22 Brno Model 2
12Br Antoni Zoli S/S
12Br Antoni Zoli S/S
- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3137
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: Laaste biltong jag vir 2016.
Baie mooi bul!
-
ArnoldM
- Jr. Member

- Posts: 64
- Joined: Mon Jan 13, 2014 1:14 pm
Re: Laaste biltong jag vir 2016.
Lekker Dolf, lekker man!!!!
.25ACP Z
.22LR Krico
.243Win Howa Varmint
7mm Rem Mag Krico
.303 BSA Sport
.375H&H Zastava
.22LR Krico
.243Win Howa Varmint
7mm Rem Mag Krico
.303 BSA Sport
.375H&H Zastava
- Dolf014
- Hero Member

- Posts: 533
- Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm
Re: Laaste biltong jag vir 2016.
145kg uit geslag.