Ons Baanoffisier Helde

Post Reply
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3626
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Ons Baanoffisier Helde

Post by Fanta300 »

Na aanleiding van ons geslaagde PMP dag Saterdag wil ek net baie dankie sê vir ons baanoffisiere soos Mossie, wat hulle heel Saterdag opoffer vir ons veiligheid en gemoedsrus.

Dankie Mossie, julle verdien 'n Bell's :police:
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Ons Baanoffisier Helde

Post by tripodmvr »

Ek het vir baie jare die langbaan hanteer by ons skiete. Ek laat dit nou aan die jonger manne oor om die meeste voetwerk te doen. Dit is in 'n groot mate ondankbare werk - eerste op die baan en laaste af en dan word jy nog gekritiseer oor jou optrede of iets wat nie na iemand se sin was nie.

Dankie vir die dankie, Fantie. Die manne het dit nodig.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
willers
Newbie
Newbie
Posts: 46
Joined: Mon May 21, 2012 6:43 pm

Re: Ons Baanoffisier Helde

Post by willers »

Tripod, dag se dit is waar wat jy se, elke man wil dit na sy smaak he maar gee hom die geleendheid en hy is land uit met baie verskoonings.
Dirkonius
Full Member
Full Member
Posts: 153
Joined: Wed Jun 15, 2016 11:09 pm

Re: Ons Baanoffisier Helde

Post by Dirkonius »

Van my kant af 'n dankie aan Dok by SureFocus. Hy het nog altyd wanneer ek daar was die manne streng en regverdig hanteer en mens voel baie veiliger as by sekere ander bane in hierdie geweste.
.223 Rem Tikka T3; 260 Rem Savage LRP; .308 Win Mauser M12; 9,3x62 Sako 85; .50 BP Thompson Center Bone Collector; 12 Gauge Beretta Silver Pigeon
User avatar
mossie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 375
Joined: Thu May 21, 2009 2:10 pm

Re: Ons Baanoffisier Helde

Post by mossie »

Fantie vir my is dit n plesier, as jy daar is, n eer
as jy mis, probeer net weer!!!!!!
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Ons Baanoffisier Helde

Post by Heinz Petersen »

n Streng baan offisier maak n veilige baan.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Ons Baanoffisier Helde

Post by DawieKotze »

Heinz Petersen wrote:n Streng baan offisier maak n veilige baan.
Is reg so Heinz - maar ek, Oom Pieter en jy weet ook nou mos al van een wat daai chip op sy skouer kry die oomblik dat hy baan offisier is die dag :( :(

Vir al die ander - baie dankie!!

Groetnis
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
finch
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 460
Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm

Re: Ons Baanoffisier Helde

Post by finch »

Om n baanoffisier te wees is soos om n rugby skeidsregter te wees. Jy kan die beste ter wereld wees daar gaan steeds verloorders wees wat vir jou kwaad is na die tyd.

Sent from my HUAWEI GRA-L09 using Tapatalk
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Ons Baanoffisier Helde

Post by PWV »

DawieKotze wrote:
Heinz Petersen wrote:n Streng baan offisier maak n veilige baan.
Is reg so Heinz - maar ek, Oom Pieter en jy weet ook nou mos al van een wat daai chip op sy skouer kry die oomblik dat hy baan offisier is die dag :( :(

Vir al die ander - baie dankie!!

Groetnis
Ja, ek stem saam met Heinz, maar 'n onbeskofte baanoffisier is iets anders - ek dink jy stem saam, Dawie.
User avatar
Baasvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm

Re: Ons Baanoffisier Helde

Post by Baasvark »

PWV wrote:

Oom PW dit is seker so.
Tog moet ek se ek het nog nooit een teegekom nie.

Soos Tripod gesê het is dit 'n ondankbare werk en baie ,wat nie bereid is om hulle kant te bring nie, is lief daarvoor om kritiek te lewer!

Veral die ou Ooms wat 100 jaar oud is en 80 jaar al skiet is lief om moeilik te raak Image .
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna) :laugh:
9mm CZ 75B
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Ons Baanoffisier Helde

Post by PWV »

Met alle respek, Baasvark, jou alwetendheid verstom my!
Meeste baanoffisiere dwing respek af, maar daar is altyd die vrot appel. Gelukkig was al die "appels" wat jy mee te doen gehad het, nie vrot nie.

Ja, die ouderdom is nie vir sissies nie! Sal dit ongelukkig nie beleef as jy met 'n kierie begin loop nie!
Voorspoed.
User avatar
Baasvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm

Re: Ons Baanoffisier Helde

Post by Baasvark »

PWV wrote:Met alle respek, Baasvark, jou alwetendheid verstom my!

Genade Oom, hoe dan nou?

Ek het nie van Oom verskil nie, net gese ek het dit self nog nie beleef nie.

En ek het al darem ervaring met kieries na twee rug operasies ;D

Dis die ouer manne wat geneig is om die jonger Baanoffisiere opdraende te gee ;D

Laat vaar Oom se veglustigheid. :laugh: :laugh: :laugh:

Mag Oom 'n besonderse goeie dag he.
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna) :laugh:
9mm CZ 75B
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Ons Baanoffisier Helde

Post by PWV »

Baasvark wrote:

Jammer Baasvark, ek vra om verskoning as ek veglustig klink.
My moermeter gaan egter rooi toe as ouer mense meeste van die tyd die blaam moet dra. Soos jy nou nog nie met 'n swak baanoffisier te doen gekry het nie, so het ek nog nie ervaar dat dit altyd ouer mense is wat moeilikheid maak nie.

Geen probleem.

Jammer as ek die indruk geskep het dat die ouer gaardes moeilikheid makers is - was glad nie my bedoeling gewees nie. ++>:

Ek moet ook byse dat my ervaring wat baanbeamptes aanbetref meerendeels tot ons klub toe beperk is en dat ek elke beampte goed ken. (ons is maar net 15 beamptes)

As ek soos die ander manne wyer geskiet het op ander bane sou ek dalk beter gekwalifiseerd gewees het om saam te praat.....
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna) :laugh:
9mm CZ 75B
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3955
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Ons Baanoffisier Helde

Post by tau »

Ja Maar Oom PW ry met sy bakkie op die skietlyn op en dan raak hulle kwaad vir hom. Hy kan mos net van die bakkie af skiet....
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Ons Baanoffisier Helde

Post by DawieKotze »

Tau - jy krap nou aan die leeu se bal :laugh: :laugh:

Baasvark - net so bietjie agtergrond....

Jy gaan skiet op 'n 500 meter baan omdat dit die afstand is wat jy jou ladings wil toets en ook oefen. Die baan is oop vir alle afstande vanaf 50 meter tot 500 meter, maar die meeste manne skiet op 100 - 200 meter. Tussen aflosse is hierdie manne natuurlik vinniger terug by die skietpunt as die manne wat op 500 meter skiet.

Nou kom hierdie "baanoffisier" en voor al 30+ skuts, skel en dreig hy om jou weg te jaag as jy die ander manne ophou. Nou hoe nou? Waarvoor is die 500 meter wal dan daar?

Hierdie is net een voorbeeld van hoe hy mense hanteer - ek kan nog baie ander ongeskikte ervarings opdis.

Gelukkig het ek hom bitter lanklaas op die baan gesien.

Om baanoffisier te wees is 'n baie verantwoordelike en ondankbare werk en die meeste kwyt hulle baie goed van hulle take.

Hier wil ek ook vir Thomas (op die forum) 'n pluimpie gee. Hy is die beste baanoffisier saam met wie ek nog ooit geskiet het! Gawe, maar streng man en dan weet hy in elk geval meer van gewere en herlaai af as die meeste manne op die baan en gee baie goeie raad vir die wat sukkel!

Groetnis
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Ons Baanoffisier Helde

Post by FHM »

tau wrote:Ja Maar Oom PW ry met sy bakkie op die skietlyn op en dan raak hulle kwaad vir hom. Hy kan mos net van die bakkie af skiet....
Simple, not simpler.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Ons Baanoffisier Helde

Post by Apie »

Die Beste Baan Offisier wat betref dissipline, ordelikheid en belangrik - takt, was die Omie wat Hoofbaanoffisier was by die SAJWV se Nasionale spanskiet by Soutpan die jaar.

Hy was uitstekend!

Sent from my D5803 using Tapatalk
User avatar
Baasvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm

Re: Ons Baanoffisier Helde

Post by Baasvark »

DawieKotze wrote:Tau - jy krap nou aan die leeu se bal Image Image

Baasvark - net so bietjie agtergrond....

Jy gaan skiet op 'n 500 meter baan omdat dit die afstand is wat jy jou ladings wil toets en ook oefen. Die baan is oop vir alle afstande vanaf 50 meter tot 500 meter, maar die meeste manne skiet op 100 - 200 meter. Tussen aflosse is hierdie manne natuurlik vinniger terug by die skietpunt as die manne wat op 500 meter skiet.

Nou kom hierdie "baanoffisier" en voor al 30+ skuts, skel en dreig hy om jou weg te jaag as jy die ander manne ophou. Nou hoe nou? Waarvoor is die 500 meter wal dan daar?

Hierdie is net een voorbeeld van hoe hy mense hanteer - ek kan nog baie ander ongeskikte ervarings opdis.

Gelukkig het ek hom bitter lanklaas op die baan gesien.

Om baanoffisier te wees is 'n baie verantwoordelike en ondankbare werk en die meeste kwyt hulle baie goed van hulle take.

Hier wil ek ook vir Thomas (op die forum) 'n pluimpie gee. Hy is die beste baanoffisier saam met wie ek nog ooit geskiet het! Gawe, maar streng man en dan weet hy in elk geval meer van gewere en herlaai af as die meeste manne op die baan en gee baie goeie raad vir die wat sukkel!

Groetnis
Dankie Dawie,

Dit maak sin!

Sou self warm raak as iemand my so moes hanteer.

Groete.
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna) :laugh:
9mm CZ 75B
Post Reply