Rietbok

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Brno308 jagter
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Tue Jan 12, 2010 10:04 am

Rietbok

Post by Brno308 jagter »

Manne gun my asb die geleentheid om graag bietjie te spog met my Rowland Ward Rietbok wat ek die naweek gejag het in Pongola Natal, teen Swaziland. Ek het die Rietbok gejag met my 30-Sukses gelaai met 'n 180gr Nosler Partition en die skoot was op 150m. Die Rietbok se horings het 14 6/8 gemeet sonder die pulp op die nuwe manier. Op die ou manier met die pulp was die langste horing 16 5/8. Wat interessant was is die feit dat die pulp amper 2 dium gemeet het, julle kan self op die foto sien. Rowland het die minimum gedrop van 14" na 13" vir common reedbuck en neem nie meer die pulp in ag nie, maar soos in die spesifieke geval verloor ek amper 'n duim met die nuwe reel. Groete
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Rietbok

Post by Frederik »

Geluk mooi prag ram een van die wat ek nog op my lysine moet skiet.
User avatar
Rooster1089
Full Member
Full Member
Posts: 182
Joined: Thu Feb 14, 2013 1:57 pm

Re: Rietbok

Post by Rooster1089 »

Baie geluk, dit is 'n pragtige trofee.
Ook 'n spesie wat hoog op my lysie is.
.270 Howa
12 br Baikal
12 br O/U Webley & Scott
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Rietbok

Post by alecjohnson »

Baie mooi foto! Goeie skoot! Pragtige bok!!!
Baie geluk!

Sent from my Titan6575-SA using Tapatalk
User avatar
Hingsding
Full Member
Full Member
Posts: 163
Joined: Fri Mar 09, 2012 10:54 am

Re: Rietbok

Post by Hingsding »

Baie geluk.

Baie bly saam met jou.

Wat slag so groot Rietbok uit as ek mag vra?

Groete
458 Win Mag Winchester model 70
375 Ruger Howa
303 Lee Enfield no4 mrk 2
243 Win Howa
9mm CZ75 x 2
Smith & Wesson M910
38 Webley
357 Rossi lever action
22 Semi outo Voere
22 Beretta model 71
12 Gauge CBC Pump action
User avatar
Brno308 jagter
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Tue Jan 12, 2010 10:04 am

Re: Rietbok

Post by Brno308 jagter »

Dankie Kerels, die Rietbok het 48kg uitgeslag karkas gewig. Hulle is klein bietjie groter as 'n blesbok en klein bietjie kleiner as 'n rooihartbees koei
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2341
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Rietbok

Post by henried »

Brno308 jagter wrote:Dankie Kerels, die Rietbok het 48kg uitgeslag karkas gewig. Hulle is klein bietjie groter as 'n blesbok en klein bietjie kleiner as 'n rooihartbees koei
Baie geluk.
Dis nie sleg nie, ek het nie gedink hy is so groot nie.
User avatar
Marlin
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 78
Joined: Thu Aug 02, 2012 1:58 pm

Re: Rietbok

Post by Marlin »

Baie mooi. Lekker eet aan hom, puik vleis.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Rietbok

Post by win270 »

Baie geluk met die besonderse bok!

Hoeveel weeg daardie bok? Hoe vergelyk sy grootte met die van 'n ribbok? Lyk my hy is heelwat groter en swaarder. Vertel gerus bietjie meer.

Skuus, ek merk nou eers dat uitslaggewig reeds aangedui is hierbo - lekker swaar.
User avatar
Brno308 jagter
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Tue Jan 12, 2010 10:04 am

Re: Rietbok

Post by Brno308 jagter »

win270 wrote:Baie geluk met die besonderse bok!

Hoeveel weeg daardie bok? Hoe vergelyk sy grootte met die van 'n ribbok? Lyk my hy is heelwat groter en swaarder. Vertel gerus bietjie meer.

Skuus, ek merk nou eers dat uitslaggewig reeds aangedui is hierbo - lekker swaar.
Dankie Win270, ja die jag was nogals heel interessant, eerstens in my lewe voor die jag het ek nog nooit 'n rietbok gesien nie, op die spesifieke plaas was daar meer as een trop met so 5 tot 15 bokke in 'n trop met so plus minus 2 ramme per trop. Die skoot was op 150m, maar die moeilikste deel van die skoot was omrede die bok gele het in 'n mielie land langs 'n plaasdam, die son was in my guns met gevolg kon ek redelik maklik bekruip, nie te min moes ek nogsteeds die bokkoors oorkom en kon ek daarin slaag om my bok suksesvol te kon jag.

Ek sê weereens dankie aan ons Hemelse Vader vir die besonderse voorreg om te kan jag!
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1986
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Rietbok

Post by sako 30-06 »

Baie geluk, dis n pragtige bok.

Verseker een vir die toekoms.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Rietbok

Post by win270 »

Brno308 jagter wrote:
Ek sê weereens dankie aan ons Hemelse Vader vir die besonderse voorreg om te kan jag!

Nou praat jy!!
Post Reply