Savage 260Rem Looplewe
-
QG18de
- Full Member

- Posts: 138
- Joined: Fri May 03, 2013 9:23 am
Savage 260Rem Looplewe
Manne
Ek stuur so week gelede my geweer na Bullet Central toe sodat die manne hom vir my kan pillar bed. So paar dae later kom daar 'n oproep van hulle af wat my aanbeveel dat ek geen verdere geld op die geweer spandeer nie aangesien die loop se keel al taamlik totniet is! Ekt probeer om so min of meer al my boksies koeels te tel wat ek uitgeskiet het, en kom uit op tussen 1500 en 2000 skote. Lading was maar meestal warm en het teen drukke van 55000psi tot 60000psi geloop het.
Nou is my vraag... Kan 'n 260rem loop so gou totniet gaan?
Enige hulp sal waardeer word.
Groetnis
Jason

Howa 6.5 Creedmoor, KRG Bravo
Lee Enfield No4 Mk2 303
Lee Enfield No4 Mk2 303
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Savage 260Rem Looplewe
Daai klink bietjie rof vir 'n 260. Ek het 'n 6.5x284 wat naby 3000 skote geskiet het en 80% van dit teen oor 55kpsi. Die geweer het nog op 300m sub moa groepe geskiet, maar was maar wisselvallig op verder afstande. As die loop nog mooi skiet, sal ek nie te vreeslik bekommerd wees daaroor nie.
Aim small, miss small
- Ben
- Hero Member

- Posts: 908
- Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am
Re: Savage 260Rem Looplewe
Ek twyfel sterk......
Watse koels teen watse spoed jy uit daai ding geskiet?
Watse koels teen watse spoed jy uit daai ding geskiet?
"Failure is NOT an Option"
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Savage 260Rem Looplewe
En hoe vinnig het jy skote na mekaar geskiet?
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13574
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Savage 260Rem Looplewe
Party lope is maar net sagter as ander en as jy nie die keel skoon hou van carbon nie en hom hard skiet tjop hy vinnig, ek weet van n Pacnor op n 243 wat gegroet het na 450skote
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
QG18de
- Full Member

- Posts: 138
- Joined: Fri May 03, 2013 9:23 am
Re: Savage 260Rem Looplewe
Hyt n 24" loop. 139gr scenars het altyd teen so 2780fps geloop. Het loop gereeld skoon gemaak, maar ek moet bieg in die laaste tyd het ek hom nie na elke skiet skoongemaak nie. Maar eerder elke 2de of 3de skiet. Ekt al so twee keer met hom gan f-klas skiet waar mens so 11 skote redelik vinnig na mekaar skiet. Dan as ek gongs skiet skiet ek ook soms n paar vinnige skote na mekaar, omdat ek 'n vinnige opvolg skoot wil skiet om in selfde windkondisies te bly. Verder het ek nie die loop uitermatig warm geskiet nie en geweer mooi opgepas.
Dink julle ek moet maar die storie opvolg met safari and outdoor (waar ek geweer gekoop het) en dalk daarvanaf met Savage (indien moontlik)?
Dink julle ek moet maar die storie opvolg met safari and outdoor (waar ek geweer gekoop het) en dalk daarvanaf met Savage (indien moontlik)?
Howa 6.5 Creedmoor, KRG Bravo
Lee Enfield No4 Mk2 303
Lee Enfield No4 Mk2 303
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8006
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Savage 260Rem Looplewe
My vraag sou wees of die geweer nog akuraat is? As die geweer nog skiet skiet hom tot hy ingee maar koop solank 'n loop dat daar een op stanby is.
Ek het al verseker meer as 1500 skote deur my 260 Ackley en hy skiet mooi met sy Broughton loop.
Ek het al verseker meer as 1500 skote deur my 260 Ackley en hy skiet mooi met sy Broughton loop.
- Ben
- Hero Member

- Posts: 908
- Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am
Re: Savage 260Rem Looplewe
Daai is nie regtig so warm lading nie....
Ek sou n tweede opinie kry laat iemand wat nie lope verkoop nie n borescope deur daai loop druk en loer...
Ek sou n tweede opinie kry laat iemand wat nie lope verkoop nie n borescope deur daai loop druk en loer...
"Failure is NOT an Option"
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13574
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Savage 260Rem Looplewe
Wat se hulle is eintlik fout met die loop? Fire Cracked? As hy skiet sal ek hom maar aan hou skiet, baie mense is experts omdat hulle n borescope het
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2111
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: Savage 260Rem Looplewe
As hy n borescope het en 270 skiet dan kan jy maar luister
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
- Smous v.d. Vyver
- Hero Member

- Posts: 662
- Joined: Thu Nov 08, 2012 10:54 am
Re: Savage 260Rem Looplewe
Wahahahahaha lekker lag ek nou,ek ken baie van die experts!
-
QG18de
- Full Member

- Posts: 138
- Joined: Fri May 03, 2013 9:23 am
Re: Savage 260Rem Looplewe
Haha. Manne dis 'n ernstige saak die!
Howa 6.5 Creedmoor, KRG Bravo
Lee Enfield No4 Mk2 303
Lee Enfield No4 Mk2 303
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13574
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Savage 260Rem Looplewe
Skiet hom, hy sal jou se as hy moeg is
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
QG18de
- Full Member

- Posts: 138
- Joined: Fri May 03, 2013 9:23 am
Re: Savage 260Rem Looplewe
Rite manne. Julle kan Maandag my verslag te wagte wees.
Lekker naweek vir julle.
Lekker naweek vir julle.
Howa 6.5 Creedmoor, KRG Bravo
Lee Enfield No4 Mk2 303
Lee Enfield No4 Mk2 303
- Jurgen Visser
- Hero Member

- Posts: 815
- Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm
Re: Savage 260Rem Looplewe
boor hom uit na 'n 270 toe

So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE
Die lewe is te kort om nors te wees
Die lewe is te kort om nors te wees
-
HJVisagie
- Newbie

- Posts: 34
- Joined: Thu Feb 27, 2014 12:28 pm
Re: Savage 260Rem Looplewe
My skoonpa het ook so n savage en hy was die week by Ludie Stark in die Kaap.... en die vertel hom toe ook die loop is uitgeskiet, na 1500-2000 skote. Maar die geweer groepeer nog bedonnerd goed. Nou wonder n mens.
Sent from my iPad using Tapatalk
Sent from my iPad using Tapatalk
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3652
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Savage 260Rem Looplewe
Kan nie verstaan dat 'n loop was uitgeskiet is nog "goed" kan gebruik groepeer nie?
Skiet die goed, as die loop uitgeskiet is sal hy ewe skielik dubbel grote groepe geskiet (35mm in my geweer se geval) van sy vorige konstante groepe begin skiet. Dan binne 40 skote sommer baie slegter skiet.
Dit is wat met my en paar ander lope waarvan ek weet wat uitgeskiet was gebeur het.
Myne was Vektor 25-06 na so 1400 skote

Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Savage 260Rem Looplewe
As die geweer nog reg skiet, dan skiet hy nog, .... wel ... Dan skiet hy mos nog reg! Jy sal op die teiken sien as hy nie meer wil nie.
Johannes Schoeman het, as ek reg onthou, omtrent 3500 skote uit sy Savage 260 se loop gekry. Die draad is hier iewers op Jaracal.
Johannes Schoeman het, as ek reg onthou, omtrent 3500 skote uit sy Savage 260 se loop gekry. Die draad is hier iewers op Jaracal.
-
QG18de
- Full Member

- Posts: 138
- Joined: Fri May 03, 2013 9:23 am
Re: Savage 260Rem Looplewe
Rite manne
Ek kan glad nie kla oor die geweer se performance nie. Saterdag het hy heel goed groepeer met 'n 18mm groep van 4 skote op 100m. Dit is dalk nie uitstaande nie, maar ek moet in ag neem dat lading dalk nog nie heeltemal uitgesort is nie.
Ek kon ook n 100mm gong op 300m darem so 6 keer raakskiet uit 10 skote.
Ja so op die stadium skiet hy nog reg, maar ek weet hy gee jou nie regtig 'n waarskuwing voordat hy ophou "reg" skiet nie.
Lekker week vir almal.
Ek kan glad nie kla oor die geweer se performance nie. Saterdag het hy heel goed groepeer met 'n 18mm groep van 4 skote op 100m. Dit is dalk nie uitstaande nie, maar ek moet in ag neem dat lading dalk nog nie heeltemal uitgesort is nie.
Ek kon ook n 100mm gong op 300m darem so 6 keer raakskiet uit 10 skote.
Ja so op die stadium skiet hy nog reg, maar ek weet hy gee jou nie regtig 'n waarskuwing voordat hy ophou "reg" skiet nie.
Lekker week vir almal.
Howa 6.5 Creedmoor, KRG Bravo
Lee Enfield No4 Mk2 303
Lee Enfield No4 Mk2 303
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13574
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Savage 260Rem Looplewe
Wanner hy eendag mooi skiet en volgende dag sulke wille flyers gooi wat jy nie verstaan nie en dan weer eendag ok en volgende dag weer flyers gooi kan jy begin kyk na n nuwe loop. Op 300m behoort hy "langer" te hou as jy weet wat ek bedoel jy sien gewoonlik daai flyers baie mooi hier van 500/600m af en self n loop wat moeg word skiet nog gemaklik MOA op 500m, jy moet maar net self besluit wat jou af sny punt is. Met n borescope as jy nie lekker weet waar na jy kyk nie sal jy dink meeste lope is klaar as jy in die keel kyk, enige loop gaan n mate van wear in die keel he sodra hy begin skiet en hoe meer jy skiet hoe erger raak dit, dit is maar so en mens kan niks daar aan doen nie. Skiet hom en jaag die lands met daai koels tot hy op hou skiet, jy kan ook dalk daar aan dink om die loop af te haal, so duim of wat af te sny en weer oor te kamer om hom weer bq vars vleis te gee maar ek is nie seker hoe die savage met sy barrel nut werk met die proeses nie.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Savage 260Rem Looplewe
Stem saam. My loop het teen die einde byvoorbeeld uit 5 skote, 2 skote binne 5" van mekaar op 'n 1000m geskiet en met die volgende 3 kon ek nie 'n 800x800mm gong raakskiet onder dieselfde toestande nie.Capt. Oblivious wrote:Wanner hy eendag mooi skiet en volgende dag sulke wille flyers gooi wat jy nie verstaan nie en dan weer eendag ok en volgende dag weer flyers gooi kan jy begin kyk na n nuwe loop. Op 300m behoort hy "langer" te hou as jy weet wat ek bedoel jy sien gewoonlik daai flyers baie mooi hier van 500/600m af en self n loop wat moeg word skiet nog gemaklik MOA op 500m, jy moet maar net self besluit wat jou af sny punt is. Met n borescope as jy nie lekker weet waar na jy kyk nie sal jy dink meeste lope is klaar as jy in die keel kyk, enige loop gaan n mate van wear in die keel he sodra hy begin skiet en hoe meer jy skiet hoe erger raak dit, dit is maar so en mens kan niks daar aan doen nie. Skiet hom en jaag die lands met daai koels tot hy op hou skiet, jy kan ook dalk daar aan dink om die loop af te haal, so duim of wat af te sny en weer oor te kamer om hom weer bq vars vleis te gee.
Aim small, miss small
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13574
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Savage 260Rem Looplewe
My 243 het op 100m nog baie mooi groepe geskiet en hier op 400m so 2 by mekaar gesit en dan 1 ver weg en dit het heeltyd gevoel of ek moes lading ontwikkeling doen of heeltyd die lading "jaag", self met dit sou ek nog n rukkie met die geweer kon jag as ek regtig wou. Waar ek begin sien het dit is nie koels of lading nie was toe hy flyers op 600m+ geksiet het soos Eugene se wat 2 skote normaal is en dan die volgende skote is flyers in alle rigtings wat jy nie kan verklaar nie.
Skoonmaak tyd het ek ook baie met carbon in my keel gesukkel.
Skoonmaak tyd het ek ook baie met carbon in my keel gesukkel.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
bobby
- Sr. Member

- Posts: 356
- Joined: Fri Jan 29, 2010 6:28 pm
Re: Savage 260Rem Looplewe
is it maybe not that the savage rifles use a softer steel for the barrels ? all 3 rifles meansioned are savages .
-
QG18de
- Full Member

- Posts: 138
- Joined: Fri May 03, 2013 9:23 am
Re: Savage 260Rem Looplewe
Volgens wat ek verstaan is my Savage Long range hunter se loop hammer forged? En dis veronderstel om redelik hard te wees.
Howa 6.5 Creedmoor, KRG Bravo
Lee Enfield No4 Mk2 303
Lee Enfield No4 Mk2 303