Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Beer (Christo) »

Ek en 'n vriend het so ruk terug vir ons elkeen 'n Norinco CQA (AR 15) gekoop vir so R11k. Syne het so bietjie extracter probleme gegee, en hy het toe sommer self die extractor vervang.

Myne hardloop nog elke keer sonder probleme. Jy moet maar ammo en magasyne toets. Die staal mags wat saam gekom het loop mooi, asook die my p-mag. Ek het egter 2 CAA mags gekoop, wat voer probleme gee.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by LUAN »

Wat van n uzzi? Ek weet van een wonder net of ek die moeite moet doen om aansoek te doen vir hom.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4791
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Carl »

Nee wat, daai goed is onbetroubaar en onveilig. En dis 9mm met minder akkuraatheid as hand wapen.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4791
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Carl »

afrikanerbloed wrote: om by my haelgeweer [Mossberg 590 mariner met 9 skote no 6 hael] uit te kom.Johan
Goeie strategie. Hoekom gebruik jy no 6 hael, dit skiet skaars 'n tarentaal dood op voëljag afstande.
BandK wrote:Ek dink die kommentaar sover oor Semi-Auto gewere was geregverdig.
Piet watse handwapen het jy op die oomblik?
As dit glock is sal ek intussen totdat jy die Semi-Auto gekry het kyk na die glock happy stick magesyne (9mm - 33 rondtes) ek vertrou hulle meer as die drom magesyne.
Ek het eenkeer 'n vriend s'n geleen. Ek vind hulle is swaar, gooi die pistool van balans af, kannie versteek word nie, dra moeilik. Ek sou eerder 10X gewone magasyne vat.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by LUAN »

Ek sien mr goggos se uzzi loop mooi hier by ons klub
https://youtu.be/g-IRx6GE_aI
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1872
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Alwin »

LUAN wrote:Wat van n uzzi? Ek weet van een wonder net of ek die moeite moet doen om aansoek te doen vir hom.
UZZI is 'n klere-handelsmerk!

Die UZI karabyne is maar redelik onhandig en swaar, vir dieselfde slaankrag (of gebrek daaraan) as 'n 9mm pistool. Dis ook nie goedkoop nie.

223/5,56 is myle beter.
afrikanerbloed
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Sat Dec 10, 2011 2:07 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by afrikanerbloed »

Carl wrote:
afrikanerbloed wrote: om by my haelgeweer [Mossberg 590 mariner met 9 skote no 6 hael] uit te kom.Johan
Goeie strategie. Hoekom gebruik jy no 6 hael, dit skiet skaars 'n tarentaal dood op voëljag afstande.
BandK wrote:Ek dink die kommentaar sover oor Semi-Auto gewere was geregverdig.
Piet watse handwapen het jy op die oomblik?
As dit glock is sal ek intussen totdat jy die Semi-Auto gekry het kyk na die glock happy stick magesyne (9mm - 33 rondtes) ek vertrou hulle meer as die drom magesyne.
Ek het eenkeer 'n vriend s'n geleen. Ek vind hulle is swaar, gooi die pistool van balans af, kannie versteek word nie, dra moeilik. Ek sou eerder 10X gewone magasyne vat.

Carl
Die nommer 6 hael het maar hopenlik presies dieselfde uitwerking as my .22 met die rondloper honde wat by my huis kom draai.
Hulle vrek by hul baas se huis !!!!!
Ek weet nou nie hoeveel hael korrels in so n patroon is nie maar op 15m is dit n vrees aanjaende storie veral as hulle in n bietjie gesmelte was le.
Selfs met net n gewone lading wil ek nie naby aan die voorkant wees nie
Groete
Johan
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Apie »

afrikanerbloed wrote:

Onthou net dat alle rowers nie vlug nie.
Baie veg verbete terug.
Baie van hulle het ook n tipe dwelm of muti geneem voor die aanval.

Ons praat nie nou van jou tipiese handsakdief nie, ons praat van geharde misdadigers wat meer ervaring in plaas aanvalle het as wat die gemiddelde man in plaas verdediging het.

As jy die sneller moet trek moet dit wees om die geveg dadelik stop te sit.
Jy wil dus die beste wapen hê om so gou as moontlik die aanvaller te immobiliseer(lees dood).

In 'n haelgeweer sal Ssg of LG beter vaar as NR 6 hael.

Ek sal ook meer vertroue in 'n fabrieks rondte hê as een wat ek self aan gepeuter het.

Sent from my D5803 using Tapatalk
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4791
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Carl »

Ek stem met Apie. Ek het geen ondervinding van iemand doodskiet nie en wil eintlik nie, maar:
* as 'n man jou aanval met mes of vuurwapen moet hy stop of gestop word anders is dit jou einde.
* ek het nou die dag 'n video gekyk vanuit 'n polisie voertuig in Amerika. Roetine stop, die polisieman vra die wit ou moet nie terug gaan motor toe nie. Die ou is heen en weer, en toe haal hy 'n semi outo uit. En begin die polisieman skiet. Die polisieman se pistool (ek neem aan dit was 'n handwapen) was nie opgewasse nie. Die gille van daai polisieman sal vir laaank by my bly.

My advies is moenie dit glo wat die manne om die braaivleis vuur uitdeel as ge-eikde taktiese en balistiese strategie nie. Gaan lees eerder op wat die VSA se Spes Magte gebruik - https://loadoutroom.com/ hier word baie inligting betroubaar gedeel.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
dorsland
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 66
Joined: Sat Oct 08, 2016 7:19 am

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by dorsland »

Ek lees met belangstelling dié draad. Sal graag julle kêrels se opinies wil hoor oor LM5 vs DM4. Kan laasgenoemde vir so R16k by ons plaaslike geweerwinkel kry.

Maar eers perde voor die kar inspan: ek behoort tans aan geen skiet- of jagklub nie. Daar is seker erens op die forum 'n draad hieroor maar my kop is té plat om hom te vind. Ek boer hier in die Karoo, so dit tel seker in my guns maar wat is die proses om 'n semi-auto lisensie te kry?

Het 'n pomp aksie haelgeweer en 9mm op my naam maar voel mens moet maar opgradeer om die filistyne te kan verbysteek as dit daarby kom.
'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie. CJ Langenhoven
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Eduard Venter »

dorsland wrote:Maar eers perde voor die kar inspan: ek behoort tans aan geen skiet- of jagklub nie. Daar is seker erens op die forum 'n draad hieroor maar my kop is té plat om hom te vind. Ek boer hier in die Karoo, so dit tel seker in my guns maar wat is die proses om 'n semi-auto lisensie te kry?
Doen semi auto bevoegdheid. Wat die lisensie betref, vir jou doeleindes sal dit 'n Section 14 (restricted firearm for self defense) wees. Sover ek weet hoef jy nie aan 'n klub te behoort daarvoor nie. Jy sal wel 'n baie goeie motivering moet gee hoekom jou handwapen nie voldoende is nie. Heg saaknommers aan van moorde, gewapende roof ens in jou omgewing en enige diefstal by jou huis en noem of die verdagtes al gevang is met die kans dat hulle kan terugkom. Onthou ook dat 'n S14 lisensie elke 2 jaar hernu moet word.

Groete
User avatar
dorsland
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 66
Joined: Sat Oct 08, 2016 7:19 am

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by dorsland »

Dankie Eduard, dis goeie inligting daai. Sal bietjie verder by die SAPS gaan hoor.
'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie. CJ Langenhoven
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Eduard Venter »

dorsland wrote:Dankie Eduard, dis goeie inligting daai. Sal bietjie verder by die SAPS gaan hoor.
DFO weet partykeer nie lekker hoe werk die dinge nie.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Geno »

As mens sukkel met toegewyde status ens. is iets soos die Troy pompaksie .308 ook 'n lekker opsie.
Ek was vanoggend by die agente en het een bekyk. Lyk na 'n seriously lekker geweer vir in die huis en bakkie.

https://troydefense.com/wp-content/uploads/2015/10/PumpAction_Nat_300-right.jpg
Goed, beter, 6millimeter!
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Apie »

Geno wrote:As mens sukkel met toegewyde status ens. is iets soos die Troy pompaksie .308 ook 'n lekker opsie.
Ek was vanoggend by die agente en het een bekyk. Lyk na 'n seriously lekker geweer vir in die huis en bakkie.

https://troydefense.com/wp-content/uploads/2015/10/PumpAction_Nat_300-right.jpg
Baie Nice ja, net effe duur in vergelyking met 'n semiouto.

Maar as jy nie toegewyde status het nie....

Sent from my D5803 using Tapatalk
NicovanderMerwe
Full Member
Full Member
Posts: 171
Joined: Tue Apr 29, 2014 3:40 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by NicovanderMerwe »

Goeie dag

As jy jouself wil beskerm en jou mense en jy wil nie "high tech" gaan nie, is 'n LM5 of R5 die regte antwoord. Selfs 'n Galil R4 is maklik beskikbaar. Dit stoor nie sommer nie en kan stampe en stote vat en is kort genoeg om orals saam te dra. Jy skiet nie op automaties nie, want dit beteken niks behalwe geraas in jou ore nie, is nie akkturaat nie.

Hierdie boonste opsies is almal "piston" gewere, stoor nie sommer nie en jy kan hom laat vuil raak, is ook ok.

Sterkte met die besluit.
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Plaashaas »

dorsland wrote:Ek lees met belangstelling dié draad. Sal graag julle kêrels se opinies wil hoor oor LM5 vs DM4. Kan laasgenoemde vir so R16k by ons plaaslike geweerwinkel kry.

Maar eers perde voor die kar inspan: ek behoort tans aan geen skiet- of jagklub nie. Daar is seker erens op die forum 'n draad hieroor maar my kop is té plat om hom te vind. Ek boer hier in die Karoo, so dit tel seker in my guns maar wat is die proses om 'n semi-auto lisensie te kry?

Het 'n pomp aksie haelgeweer en 9mm op my naam maar voel mens moet maar opgradeer om die filistyne te kan verbysteek as dit daarby kom.
Die LM5 laat nie toe vir behoorlike optics nie. Die DM4 (AR15) is gebou om teleskope te vat. Die AR15's is maar net in ALLE opsigte beter as die LM's. Daar is nie eers sprake dat een meer betroubaar is as die ander nie.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by James Wilson »

Plaashaas. Ek is n groot aanhanger van die AR 15. Het onlangs myne verkoop en is tans in die mark vir n nuwe semi- outo. Dit sal eenvoudig maar net weer n AR wees. Maar om te ontken dat AR's nie betroubaarheid probleme het nie, gaan nie hulle betroubaarheid probleme wegvat nie. As n persoon n AR kies, moet hy liewer kennis neem van die tekortkomings en dit doelgerig bestuur.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Plaashaas »

James
Ek het op n ander draad gesien jy noem die probleme wat jy ondervind met jou AR. Myne het nou net oor die 2000 skote deur en om eerlik te wees, ek het hom nog net 3 keer skoon gemaak. Ek skiet my eie reloads en ook die PMP cmj's. In al die tyd het ek virseker nog nie meer as 10 failures gehad nie. Nie een van die failures kan ek aan die geweer toeskyf nie maar eerder ammo. Gewoonlik is dit primer of n duik in die dop wat feeding probleme veroorsaak. In ons club is n verskeidenheid AR15's en die tendens is verseker nie dat hul onbetroubaar is nie. Die manne wat LM's skiet het nie minder of meer probleme nie maar hul is gewoonlik n stappie agter die AR's wat toegerus is met teleskope.

As ek die AR's se betroubaarheid moet vergelyk met n Glock pistool dan sal ek met vrymoedigheid weer se dat die AR's betroubaar is. Enige vuurwapen gaan n failure he. Alle vuurwapens moet skoon en geolie gehou word.vuurwapens moet gediens word. Enige vuurwapen kan.....gaan breek.

Watse failures het jy op jou AR en hoeveel keer gebeur dit per 1000 skote?
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by James Wilson »

Ek hoop hierdie stuk wat ek elders geplaas het is genoegsame antwoord:

Piet, ek het onlangs my Ar 15 verkoop. Ek was gereeld verbaas hoe akuraat die geweer is. Amper enige lading werk baie goed. Dit is niks vreemd om groeppe onder 10mm te skiet nie. Ek het gereeld met die geweer jakke en varke geskiet.Ek is op die ooblik op die uitkyk om die geweer te vervang. Dit sal verseker weer n AR-15 wees.

Ek is egter huiwerig om die geweer/platform aan te beveel vir selfverdediging. Die gewere is bekend om op die simpelste tyd te stoor. As jy dit mooi oppas en gereeld olie kan jy die storing tot die minimum beperk. N groot aanpassing vir my was om die geweer gewoond te raak, ek was n pf gewees en my hande was die R4/5 gewoond. Dit het my lank gevat om my muscle memory oor te programmeer. As ek vinnig met die AR gewerk het, dan wil ek dit hanteer soos n R5. Ek probeer se dat as jy op n staduim gewoont was aan die R4 dan sal dit waarskeinlik beter wees om weer vir daardie platform te gaan. Jy gaan in n stress situasie iets wil he wat jy gewoond is, iets wat natuurlik kom.

Ek was in die negintigs n paar keer baanoffisier op Genl De Wet, waar internasionale spanne teen ons spanne geskiet het. Die hoeveelheid storings wat die Amerikaners op hul M16( soos die AR) gekry was verstommend. Dit is nie dat die R4's minder gestoor het nie, die R4's het eenvoudig NOOIT gestoor nie.

Ek glo die R5 is die antwoord. Jy kry 35 en 50 rondte magasyne
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Plaashaas »

James Wilson wrote:
Ek is egter huiwerig om die geweer/platform aan te beveel vir selfverdediging. Die gewere is bekend om op die simpelste tyd te stoor.

Ek glo die R5 is die antwoord. Jy kry 35 en 50 rondte magasyne
James

Met alle respek gaan ek van jou verskil dat die "gewere bekend is " om te stoor. Dat dit gebeur, op alle platforms is n feit, dat dit heel moontlik op die simpelste tyd gaan gebeur, Murthys law. Daarom is dit belangrik om met enige vuurwapen wat vir self vediging aangewend gaan word , genoegsaam te oefen.

In my persoonlike opinie sien ek nie die voordeel van n R5 bo n LM5 vir selfverdediging nie. No prizes for missing fast. Akurate skote is wat tel. Die moeilikheid om n restricted R5 te lisensieer vir 2 jaar is ook n baie groot nadeel.

Groete
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1832
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Rudi Fischer »

Dagse julle

Eerstens, Jan publiek gaan nie n R4/5/6 besit nie. Ons Kan Kan Wel LM4/5/6 besig.

R - vol automaties
LM - Semi

Tensy jy n Versamelaar is.

Ek het vir 3 jaar "combat rifle" geskiet (dis nou die ou diens skiet soos die wat in die weermag was sal onthou.)

Meengige male op Bloem en op Heidelberg as die wind waai en was stowwerig het die Amerikaners se M16 en die Britte se SA80 gestoor en ons R4's het net aan hou werk.

Jy Kan oor deesdae parte kry vir die AR's en Parte vir LM's raak baie skaars.

Dis wel waar dat n mense jou AR Kan laat lyk soos n Kersboom met al die liggies, scopes en after market parte. Die AR is ligter en voel meer "manoeverable" as daar so woord is.

Die LM is swaar, voel soms lomp in die hand. Maar met vandag se mark kan mens wel quad rails kry sodat men's die LM ook in n kersboom kan verander.

Dink mense Sal beter in n huis met n AR en n LM5 kan baklei. Die LM4 is net te swaar en lomp, maar buitekant en oor 200m Sal Ek elke keer die LM4 vat.

As Ek die keuse moet maak uit my ondervinding sou dit n LM4 wees. Simple omdat Ek vir lank met hulle gewerk het, en onder stress Sal ek persies weet wat om te doen om die geweer aan die gang te hou en lood in die lug te hou.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by 243Songdaug »

"Ek het gereeld met die geweer jakke en varke geskiet"

Kan die opmerking asb verwyder word? Dis 'n openbare forum.

Update:

Manne, Carl het my gewys dat daar in die Limpopo Jagproklamasie toestemming veleen word aan die grond eienaar en ook familie van die grond eienaar wat skriftelike toestemming van hom ontvang het om op vrygestelde plase met semi autos te jag.

Dankie Carl - ek waardeer.
Last edited by 243Songdaug on Thu Nov 24, 2016 1:54 pm, edited 1 time in total.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by James Wilson »

Rudi, my fout, ek sien ek het genoem R5 instede van LM5.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1649
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by BeesBreet »

Ek is gese dat n man wel die LM5 kan modify om n picatiny rail op hom te sit vir sights of scope? Is dit dan nou on waar?
Post Reply