Maklikke "field dressing" van wild.

Gebruik van masjinerie, metodes om vleis op te sny , vleis meule, vleis saag, vleis verwerkings messe-slagmesse , stop van wors, ens. kan in die afdeling aanspreek word. The How To on working with meat and game.
Post Reply
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Maklikke "field dressing" van wild.

Post by Gawie(13mm) »

Dagsê.
Soos die opskrif sê, wys die video hoe om vinnig 'n bok se ingewande te verwyder.

Daar is nog 'n paar oulike videos in die man se reeks wat die moeite werd is om te kyk.


Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Maklikke "field dressing" van wild.

Post by DawieKotze »

Werk lekker as mens by die slagpale eers jou binnegoed wil uithaal. Dan is daar ook 'n voorkeur vir of jy die bok aan sy agterpote ophang of aan die voorpote/kop.

Ek verkies egter om my bokke se pense in die veld, net na hulle geskiet is, uit te haal. Daar is nie sulke lekker ophang plekke nie ;D ;D

Op die grond kan mens nogal so bietjie sukkel as jy alleen is - veral jou groter bokke.

Wie van julle manne weet op watter sy om die bok te draai sodat die pens makliker uitkom?

Groetnis
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Maklikke "field dressing" van wild.

Post by Supacow »

50% van die manne gaan reg wees ;)
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1617
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: Maklikke "field dressing" van wild.

Post by Gian_dP »

DawieKotze wrote:Werk lekker as mens by die slagpale eers jou binnegoed wil uithaal. Dan is daar ook 'n voorkeur vir of jy die bok aan sy agterpote ophang of aan die voorpote/kop.

Ek verkies egter om my bokke se pense in die veld, net na hulle geskiet is, uit te haal. Daar is nie sulke lekker ophang plekke nie ;D ;D

Op die grond kan mens nogal so bietjie sukkel as jy alleen is - veral jou groter bokke.

Wie van julle manne weet op watter sy om die bok te draai sodat die pens makliker uitkom?

Groetnis
Ek sou raai op regtersy le sodat lewer nie so in die pad is nie
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
Dolf014
Hero Member
Hero Member
Posts: 533
Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm

Re: Maklikke "field dressing" van wild.

Post by Dolf014 »

Ek sien die manne op die video en ander videos haal die harslag saam met die pens uit ::)

Jip; ek laat lê ook die bok op sy regter sy. Nie oor die lewer nie, maar my slimmer hand (regs) gaan dan makliker tot by die slukderm.
Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.
Post Reply