Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Enige iets pas hier/ discuss anything here
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Plaashaas »

Piet Breedt wrote:Wil nie flits opsit nie, dit werk mooi in die movies, maar gee jou posisie onmiddelik weg.
Jy kan ook nie skiet wat jy nie kan sien nie
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1874
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Post by Ratel »

Plaashaas wrote:
Piet Breedt wrote:Wil nie flits opsit nie, dit werk mooi in die movies, maar gee jou posisie onmiddelik weg.
Jy kan ook nie skiet wat jy nie kan sien nie
Piet
In en om die huis het 'n goeie taktiese wapen gemonteerde flits baie voordele. Mits jy die regte flitslig tegnieke toepas. Op 'n geweer werk 'n taktiese flits met 'n pressure switch baie goed.
Maak 'n verskil
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4792
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Carl »

Ek stem met die manne hierbo. JA 'n flits gee jou posisie weg maar ek glo jou posisie is buitendien bekend as jy begin skiet.

Dit gaan oor die aanwending van die flits. Lees hoe die Amerikaanse spes magte dit gebruik -https://loadoutroom.com/ hier was al artikels daaroor. Die manne het nou maar net die beste en mees gevorderde toerusting en opleiding - hoekom het hulle WML? Ja daar is afdelings wat nagsig gebruik (soos die klomp wat Osama se surprise partytjie gereel het), maar dis buite jou en my bereik om die kwaliteit stelsel te besit. Gaan kyk op fotos ens hoeveel Marines, Rangers ens gebruik WML op hulle AR platvorm.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
BandK
Full Member
Full Member
Posts: 136
Joined: Sun Aug 07, 2016 3:06 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by BandK »

AR vereis twee hande om te hanteer - jy kan die flits aansit as jy hom nodig het maar as hy nie daar is nie kan jy hom nie gebruik wanneer jy hom nodig het nie

Sent from my iPhone using Tapatalk
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4792
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Carl »

BandK wrote:AR vereis twee hande om te hanteer - jy kan die flits aansit as jy hom nodig het maar as hy nie daar is nie kan jy hom nie gebruik wanneer jy hom nodig het nie
Sent from my iPhone using Tapatalk
Jy wen vandag se pos van die dag! ;D
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Alwin »

Piet Breedt wrote:Wil nie flits opsit nie, dit werk mooi in die movies, maar gee jou posisie onmiddelik weg.
As jy geskiet het of jou flits gebruik het, het jy +/- 2 sekondes om daai posisie (vuurstelling) te verlaat, want dan trek jy vuur.

Teikenidentifikasie kan nogal krities wees in geval van nood. (Vra net vir Oscar!) 'n Sterk flits help daarmee. Dit verblind ook die teiken momenteel, wat jou kans gee om jou posisie te wissel.

'n Goeie "taktiese" flits bly nie aan nie, maar lig net as jy die knoppie druk. Onhou net om die knoppie te los voordat jy skuif.

Die manier wat die akteurs flitse in die "movies" gebruik, sal hulle kontrakte vinnig beëindig in die werklike lewe...
Last edited by Alwin on Wed Dec 14, 2016 8:20 am, edited 1 time in total.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1874
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Ratel »

Alwin Fleischmann wrote:
Piet Breedt wrote:Wil nie flits opsit nie, dit werk mooi in die movies, maar gee jou posisie onmiddelik weg.
As jy geskiet het of jou flits gebruik het, het jy +/- 2 sekondes om daai posisie (vuurstelling) te verlaat, want dan trek jy vuur.

Teikenidentifikasie kan nogal krities wees in geval van nood. (Vra net vir Oscar!) 'n Sterk flits help daarmee. Dit verblind ook die teiken momenteel, wat jou kans gee om jou posisie te wissel.

'n Goeie "taktiese" flits bly nie aan nie, maar lig net as jy die knoppie druk. Onhou net om die knoppie te los voordat jy skuif.

Die manier wat die akteurs flitse in die "movies" gebruik, sal hulle kontrakte vinnig beëndig in die werklike lewe...
++>: Goed gestel Alwin. Op kort afstand gee 'n sterk LED flits (ek sou se 200 lumens en meer) jou effens meer tyd sou jy dit onverwags in 'n aanvaller se gesig skyn. Om dit te toets vat jou wapen wapen gemonteerde flits (of enige ander flits dan) en skyn na jouself toe in 'n spieel in die nag. Let op vir hoe lank is jy buite aksie wat sig aan betref.
En sou jy verkies om die flits nie te gebruik nie is dit goed so maar nog steeds onmiddelik beskikbaar sou jy dit benodig.
Maak 'n verskil
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4792
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Carl »

Alwin Fleischmann wrote:
Piet Breedt wrote:Wil nie flits opsit nie, dit werk mooi in die movies, maar gee jou posisie onmiddelik weg.
As jy geskiet het of jou flits gebruik het, het jy +/- 2 sekondes om daai posisie (vuurstelling) te verlaat, want dan trek jy vuur.

Teikenidentifikasie kan nogal krities wees in geval van nood. (Vra net vir Oscar!) 'n Sterk flits help daarmee. Dit verblind ook die teiken momenteel, wat jou kans gee om jou posisie te wissel.

'n Goeie "taktiese" flits bly nie aan nie, maar lig net as jy die knoppie druk. Onhou net om die knoppie te los voordat jy skuif.

Die manier wat die akteurs flitse in die "movies" gebruik, sal hulle kontrakte vinnig beëndig in die werklike lewe...
Die wen brief van die reeks ;) !
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Piet Breedt »

Hoekom ek nie n flits wil aansit nie, is as volg. Ek gaan slegs vuur beantwoord, dus sien ek reeds die flash van die aanvaller. Ek gaan binneshuis wees, en as ek daar n skerp lig aansit, verblind ek myself momenteel, en gee onmiddelik my presiese posisie weg. Ek het genoeg opleiding gehad om in die nag, sonder n lig terug te skiet. Onthou, dit gaan op kort afstand wees, en net in verdediging gebruik word wanneer daar reeds op my geskiet word. Ek gaan beslis nie in die hof probeer verduidelik hoekom ek 1uur in die oggend iemand geskiet het wat kom "kos en water" vra het. Daar is skerp ligte wat my hele erf buite verlig en my genoeg sig gaan gee op die aanvallers. Glo my, sit n lig aan en kyk hoe vinnig kan jy iemand point in daardie rigting. So vuurgeveg vind in enkele meters plaas, nie op 50 of 100m nie. Al die aanvalle hier by ons die laaste ruk was binne 5m gewees, en so na as 2m, en dit met AK's en R5'e. Jy gaan letterlik net uit jou kamer venster uit skiet, of binne in jou huis.

Ek het vandag met ons plaaslikke Sekuriteits hoof gepraat wat minder as 2 maande gelede n aanval oorleef het van 5 rowers met AK's. Hy was 5 keer raakgeskiet en het dit wonderbaarlik oorleef. Hy se die een was so naby aan hom dat hy hom kon ruik. n Skoot wat hom net net gemis het verby sy maag was so naby dat sy maagvel n erge brandwond opgedoen het van die blast. Gelukkig skiet hulle maar vreeslik swak.

Ek gaan beslis nie die veiligheid van my huis verlaat en nie weet wat daar buite vir my wag. Ek sal staatmaak op my skietvernuf, en op hul algehele onvermoe daarvan.
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Plaashaas »

Piet

Elke mens doen dinge op sy eie manier en in hierdie geval is dit jou en jou gesin se veiligheid wat op die spel is so ek sal nie vir jou voorskryf nie. Jy noem wel twee keer in jou pos dat jy eers gaan skiet as daar op jou geskiet word. Jy is sekerlik bewus dat dit nie n voorvereiste is i.t.v van selfverdediging soos omskyf in die wet nie? Die verasings element is groot voordeel en ek sal eerder die aanval begin afweer alvoerens lood my kant toe kom.

Om terug te kom na die flits... Jy het ongelukkig nie die voordeel om die tyd, plek en omstadighede te kies nie. As die flits daar is kan jy hom gebruik as dit nodig word. Wat van reaksie na `n plaasaanval by jou buurman, vee diefstal in die nag, ens.

Rather have it and not use than need it and not have it.
User avatar
Boerboel
Full Member
Full Member
Posts: 139
Joined: Mon Apr 20, 2015 7:51 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Boerboel »

Plaashaas wrote:Piet

Elke mens doen dinge op sy eie manier en in hierdie geval is dit jou en jou gesin se veiligheid wat op die spel is so ek sal nie vir jou voorskryf nie. Jy noem wel twee keer in jou pos dat jy eers gaan skiet as daar op jou geskiet word. Jy is sekerlik bewus dat dit nie n voorvereiste is i.t.v van selfverdediging soos omskyf in die wet nie? Die verasings element is groot voordeel en ek sal eerder die aanval begin afweer alvoerens lood my kant toe kom.

Om terug te kom na die flits... Jy het ongelukkig nie die voordeel om die tyd, plek en omstadighede te kies nie. As die flits daar is kan jy hom gebruik as dit nodig word. Wat van reaksie na `n plaasaanval by jou buurman, vee diefstal in die nag, ens.

Rather have it and not use than need it and not have it.
Ek stem saam

As oom Piet kan, kyk of oom hulle 'n skiet oefening in die aand kan doen, veral as daar geen lig is. Ek was heeltemal verbaas oor die groot verskil tussen dag en nag.
Ek het gesukkel om my sights te sien op die pistool, kon die red dot sien op die AR, maar omdat daar geen lig was verblind die dot jou amper, so die dot moet heeltemal afgestel word, met goeie lig kan die dot op gestel word. Ek het ook gesukkel om te sien op wat ek skiet, veral as daar 'n hostage was.

Ek verstaan dat baie mense wil nie hulle posisie weg gee nie, maar ek maak eerder 100% seker op wie ek skiet en skiet eerste as wat ek dood geskiet word.
Ook as die meeste gevalle tussen 2 en 5m is, gaan jy, jou aanvaller ook "verblind" met die lig,

Ek dink die belangrikste van alles is, is om te oefen met dit wat mens het en ook waar moontlik die situasie na te boots, bv skemer oefening en nag oefening.
IF GUNS WERE OUTLAWED ONLY OUTLAWS WILL HAVE GUNS
Mauser 22LR
Musgrave 7x57
Howa 6.5 PRC
Zastava 375HH
Jacques van der Merwe
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Alwin »

'n Mens gebruik die lig slegs as dit aan jou 'n voordeel bied. Jy kies mos self of jy dit gaan aanskakel of nie. Daar is baie scenarios waar 'n gemonteerde lig 'n groot voordeel kan bied. As hy nie 'n voordeel gaan bied nie, los jy hom eenvoudig af.

As 'n mens in jou eie huis aangeval word, is die kanse goed dat jou AR nog in die kluis gaan staan. As jou vroë waarskuwingsstelsels jou betyds wakker maak, kan jy dalk kans kry om hom te gaan haal. Die kans is ook goed, dat jy slegs jou handwapen byderhand gaan hê. As jy rede het om 'n aanval te verwag, kan jy die geweer by jou hou deur die nag, maar na 'n ruk gaan hy weer in die kluis bly.

Waar 'n geweertjie uitblink, is wanneer jy hulp verleen aan ander persone in nood, soos bv. as een van jou bure aangeval word. Dan tree jy eintlik offensief op (aanval is die beste verdediging), en meestal op relatief onbekende terrein en met onopgeleide persone op die perseel. In so 'n geval is teikenidentifikasie baie belangrik.

As mens die optrede van tipiese plaasanvallers bestudeer, dan val sekere tendense op:
1. Hulle praat meestal engels.
2. Hulle dra eenvormige klere.
3. Hulle gebruik al hoe meer gevorderde toerusting, soos bv. seinblokkerders.
4. Hulle wapens is meestal funksioneel en in bruikbare toestand, magasyne is vol.
5. Hulle optrede dui op goeie beplanning voor die aanvalle.
6. Hulle probeer altyd om hulle slagoffers "aan die slaap" te vang of onverhoeds te betrap.
7. Hulle raak nie maklik in 'n skietgeveg betrokke nie, tensy hulle vasgekeer is.
8. Hulle is ooglopend opgelei en geoefend.

Bg. dui daarop dat hulle waarskynlik ook soms skietoefenings bywoon. Hulle sal gelukkig nooit soos Piet leer skiet nie, maar ek wil ook nie onnodige kanse waag en hulle kans gee om eerste te skiet nie. As hy jou tralies oopgebreek het, of om jou huis sluip, met 'n wapen in sy hand, dan bedreig hy ooglopend jou lewe, of jou buurman s'n.

Die probleem kom in, as jy iewers 'n donker kol met tekens van lewe opspoor. Wat sit daar in die kol? Is dit 'n gewapende aanvaller wat jou voorlê, of 'n verskrikte familielid of bediende wat wegkruip? Los jy hom uit omdat jy onseker is, dan gee jy dalk 'n aanvaller 'n kans om jou of iemand anders te beseer of dood. Skiet jy na die kol, dan tref jy dalk 'n onskuldige. Goeie teikendentifikasie is belangrik!
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Apie »

Die lekker van Oom Piet se setup is dat Oom aan die wapen kant die onregverdige voordeel mag he.

Ek sou defintief 'n goeie lig op die geweer monteer en dalk kyk na 'n tritium tipe nagvisier.

Dit gee mens die geleentheid om uit die donker te kan skiet en nogsteeds jou visiere goed te kan gebruik.

Die lig kan mens altyd met 'n skoonmaak/opvolg aksie gebruik.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Apie »

Plaashaas wrote: Wat van reaksie na `n plaasaanval by jou buurman, vee diefstal in die nag, ens.

Rather have it and not use than need it and not have it.

Wat se die wet in so geval?

As die buurman bel en in nood is(word aangeval).

Mag ek my sportskiet wapen uit die kluis gaan haal en hulp verleen?
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Plaashaas »

Apie wrote:
Plaashaas wrote: Wat van reaksie na `n plaasaanval by jou buurman, vee diefstal in die nag, ens.

Rather have it and not use than need it and not have it.

Wat se die wet in so geval?

As die buurman bel en in nood is(word aangeval).

Mag ek my sportskiet wapen uit die kluis gaan haal en hulp verleen?
Ja jy mag.

"Any lawfull purpose"
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1874
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Ratel »

Ouens dis nie heeltemaal so eenvoudig soos wat mense dit soms maak nie.
Praat maar met mense wie se daaglikse take was om huis penetrasies te doen en gewapende kriminele uit huise te gaan haal.

Hoe gereeld oefen jy jou nagskiet tegnieke? (ek praat nie van op 'n jakkals teiken 200m ver nie)
Hoe weet jy die beweging in die donker wat jy voor jou hoor in jou donker huis is nie 'n aanvaller met 'n panga nie? Onthou 'n aanvaller met 'n mes kan binne 'n breekdeel van 'n sekonde etlike meters afle en jou aanval.
Hoe weet jy dis nie een van jou gesinsledede of gaste nie?
Veronderstel jy hoor iets in die huis en kry al jou gesinslede in een kamer bymekaar. Hoe gaan jy te werk gaan om in die donker huis opruiming te doen? Ja ek weet baie ouens gaan wag vir die bure of polisie. Hoe gaan die buurman dit doen sonder 'n flits?

Ek sien gereeld hoe manne wie full score met hulle wapens in die dag skiet beswaarlik 'n teiken in die nag kan raakskiet. (met 'n flits nogal :):

My raad met die grootste respek is om met iemand te praat wie die werklike ding gedoen het en daagliks daaraan blootgestel was. 'n Mens sien so baie ouens met boek kennis wie sweer by sekere tegnieke maar dit nooit toegepas het nie. Ouens gaan google dinge en vertel dit dan oor as die alpha en omega. Baie keer word die verkeerde advies gegee en persepsies geskep. Ek sien dit daagliks by toonbank rambos wie met smaak vertel van so en so.

Ek maak die bogenoemde stelling omrede hierdie 'n baie ernstige saak is en mense lewens op die spel is. My beskeie mening is dat 'n ligte skerp flits in die nag amper net soveel werd is as my vuurwapen.
Maak 'n verskil
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by FHM »

Ratel wrote:Ouens dis nie heeltemaal so eenvoudig soos wat mense dit soms maak nie.

Goeie pos Ratel ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD

Stem saam!
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4792
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Plaas aanvalle, watter semi auto beveel julle aan?

Post by Carl »

More hier is 'n goeie artikel en 'n paar ander op sy webblad.
http://spotterup.com/when-why-not-to-co ... -break-in/

Post Reply