Oranje "stink horn" tipe paddastoel

Post Reply
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Oranje "stink horn" tipe paddastoel

Post by Johan Nel »

Daar is in 'n mens se lewe sulke onbenullighede wat mens waarneem, maar wat tog lewenslank 'n indruk op jou maak of jou bybly.
Een so 'n insident in my jong dae was waar ek in die veld gesit het en kyk hoe 'n slinkse hottentotsgot te werk gaan om termiete uit hul gate te lok en op te vreet. Hy nogal sukses gehad en het daardie termiete met ywer gevreet.
'n Ander geleentheid was waar ek in die Kruger Wildtuin aan 'n projek gewerk het. In ons omswerwinge het ons eendag op 'n klein voêl en 'n slang bymekaar afgekom. Die voêl het om een of ander rede nie vir die slang gevlug nie, terwyl die slang sy aandag op die voêl gehad het, maar dit nie aangeval het nie. Na 'n ruk het die voel 'n eier gelê en toe kom die slang en vreet die eier op.
Vandag het ek iets in die wereld van die fungi raakgeloop wat ek nog nooit vantevore self waargeneem het nie. Hierdie het oornag in die gras by my huis verskyn en ek het dit raakgesien toe ek oppad was om die gras te sny.
20161216_113019.jpg
Dit het 'n roomwit skag en die helder rooi/oranje kleur en trek 'n groot klomp brommers met die reuk wat dit afgee. Dis kompleet die reuk van 'n hond se maag wat gegaan het nadat hy die vorige dag 'n vrot stuk vleis gevreet het.
20161216_112938.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Oranje "stink horn" tipe paddastoel

Post by PWV »

Johan
Is dit nie een van die parasitiese blomplantsoorte wat ons in Suid Afrika kry nie?
User avatar
Ben Remington
Hero Member
Hero Member
Posts: 589
Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm

Re: Oranje "stink horn" tipe paddastoel

Post by Ben Remington »

Besonders....ek het dit ook nog nooit gesien nie.
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Oranje "stink horn" tipe paddastoel

Post by Mac »

Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
Antonie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 96
Joined: Tue Aug 23, 2011 9:40 am

Re: Oranje "stink horn" tipe paddastoel

Post by Antonie »

Dit is nou baie toevallig, vanmore toe ek my asblik uit sit toe sien ek ook so tiepe "plant" op my sypaadjie.

Wat nog meer besonders is, is dat ek in Alberton woon en ek sien jy is van Nelspruit.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Oranje "stink horn" tipe paddastoel

Post by Johan Nel »

PWV wrote:Johan
Is dit nie een van die parasitiese blomplantsoorte wat ons in Suid Afrika kry nie?
Hallo oom Pieter,
Nee dis 'n swam of fungi. Die genus insek-etende plante in Suid Afrika waarvan ek weet, is die Drosera.
Wat die swam aanbetref is ek nie seker wat die funksie van die vliee is nie. Ek vermoed dis of deel van die bestuiwingsproses, of om die swamspore te help versprei.
My honde het gister die 'vrugliggaam' afgetrap en vanaggend was dit verkrimp. Daar is nog die 'voet' of basisgedeelte sigbaar in die gras.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Oranje "stink horn" tipe paddastoel

Post by Johan Nel »

Thanks Mac,
There is a resemblence, but I'm not sure if it is the exact same species.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Post Reply