Laai vir Langafstand skiet en jag

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Laai vir Langafstand skiet en jag

Post by Eugene »

Dankie Ludwig

Ver bo my vuurmaakplek, maar interessante leesstof!  :)
Aim small, miss small
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Laai vir Langafstand skiet en jag

Post by Jean Marais »

Hallo Ludwig

Baie goeie inligting hier raakgelees.. 'n Vraag wat by my opgekom het is by die vuurvorm van doppe. Word dit gedoen met 'n normale lading, of laer/ho?r as die normale lading. Ek neem aan dat mens vir die doeleindes van die oefening sommer maar goedkoop koe?ls kan gebruik, of is ek verkeerd.

Hoor graag jou mening.

Jean
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: Laai vir Langafstand skiet en jag

Post by Silent Hunting »

Jean,

Soos ek verstaan doen jy dit met "gewone" lading. Verder verstaan ek ook dat van die manne aanbeveel dat jy "vol size" na so elke 4-6 skote. Dan moet hy maar weer gevorm word. Dit is nou as ek nie op die oomblik by die verkeerde partytjie is nie.

Henk
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Laai vir Langafstand skiet en jag

Post by James Wilson »

Sjoe Ludwig, hierdie post van jou is n herlaai kursus op sy eie :o
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Laai vir Langafstand skiet en jag

Post by THOMAST »

Ek hou van die idee om die koe?l se punte te kleur met 'n merker pen (Koki pen) as jy die "Ladder" toets doen.
Het hierdie manne nog nie gehoor van QL en OBT nie? Ek sien dat OBT een keer genoem is maar dit het nie baie reaksie gekry nie.
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1516
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Laai vir Langafstand skiet en jag

Post by swc-tr »

Stem saam met die link oor "brass prep" tov "precision full length sizing die set-up", dis meer konstant van herlaai siklus na herlaai siklus, ipv om 3 of 4 kere te neck-size en dan full length wanneer doppe moeilik begin kamer.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Laai vir Langafstand skiet en jag

Post by Marc »

James Wilson wrote: Sjoe Ludwig, hierdie post van jou is n herlaai kursus op sy eie :o
Maar elke minuut werd  ;D
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Laai vir Langafstand skiet en jag

Post by Jean Marais »

Silent Hunting wrote: Soos ek verstaan doen jy dit met "gewone" lading. Verder verstaan ek ook dat van die manne aanbeveel dat jy "vol size" na so elke 4-6 skote. Dan moet hy maar weer gevorm word. Dit is nou as ek nie op die oomblik by die verkeerde partytjie is nie.
Henk

Dankie vir jou bydrae.

A.g.v. die relatiewe skaarsheid van my 308 Norma, kry ek nie matryse wat net die nekke terugkrimp nie, en moet ek elke keer vollengte terugkrimp. Wat ek egter wel gedoen het is om seker te maak dat die doplengte van die skouer van die dop (ladder test) .003" kleiner is as die van 'n pas gevuurde dop. Dit maak dat my aksie elke keer mooi toemaak, en dit het beslis my akkuraatheid verbeter. Ek sal nogal daarvan hou om 'n nekmatrys vir die kaliber in die hande te kry, maar hulle is skaarser as hoenertanne. ;D

Groete
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: Laai vir Langafstand skiet en jag

Post by junglejulian »

ek het n universal .30 cal hornady necksizer wat ek op my 308/3006 en n vriend se 300 win mag gebruik.miskien kan jy daai roette volg as jy nie n 308norma die kry nie.hy raak nerens aan die body nie maar size net die nek terug
shooter
Full Member
Full Member
Posts: 139
Joined: Tue Jul 24, 2012 7:04 pm

Re: Laai vir Langafstand skiet en jag

Post by shooter »

Baie dankie Ludwig jou raad en inligting is tops. Ek en n maat van my het begin met dit en dadelik resultate gekry. Shaun Carlock weet wat hy doen. Dankie vir julle ander manne si insette ook. Dit word opreg waardeer. 
.22Krico
22250 Remington
308 Remington
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: Laai vir Langafstand skiet en jag

Post by LongWolf »

Dankie aan almal...
emdebeer
Full Member
Full Member
Posts: 132
Joined: Sun Oct 02, 2016 5:45 pm

Re: Laai vir Langafstand skiet en jag

Post by emdebeer »

Waar kry ek hierdie post van Ludwig? Sal dit graag wil lees.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Laai vir Langafstand skiet en jag

Post by tripodmvr »

Ludwig het onttrek van die forum en sy plasings verwyder. Dit verklaar die vermiste inligting in hierdie gesprek.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
emdebeer
Full Member
Full Member
Posts: 132
Joined: Sun Oct 02, 2016 5:45 pm

Re: Laai vir Langafstand skiet en jag

Post by emdebeer »

tripodmvr wrote:Ludwig het onttrek van die forum en sy plasings verwyder. Dit verklaar die vermiste inligting in hierdie gesprek.
Dit is jammer. Klink of dit die moeite werd was om te lees. Dankie vir die laat weet.
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Laai vir Langafstand skiet en jag

Post by Hansieslim »

Klink vir my ook so. Baie jammer
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Laai vir Langafstand skiet en jag

Post by tripodmvr »

Vrae net en daar is baie manne wat lang gooie gooi. Marc, Nico Harris, Eugene, Kappetijn en vele ander is skuts wat die verste horison soek as dit by skiet kom.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Spartan
Newbie
Newbie
Posts: 26
Joined: Fri Jan 27, 2017 7:23 pm

Re: Laai vir Langafstand skiet en jag

Post by Spartan »

Ek sien nie die artikel nie op hierdie post nie. Waar kan ek dit kry?

Baie dankie.
Thompson Center 50 Cal
12 GAUGE P/A WINCHESTER
22 LR SAVAGE
22 MAGNUM MARLIN
22-250 SAVAGE MOD12
303 P14
30-06 BRNO
375 H&H SAKO
300 WIN MAG MUSGRAVE
260 SAKO TRG-22
308 CZ 750
6.5x284 NORMA KRIEGER / SAVAGE
338 LAPUA MAGNUM SAVAGE 110BA
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Laai vir Langafstand skiet en jag

Post by jaracal »

Ludwig het ongelukkig sy posts delete en is die posts nie meer beskikbaar nie.
Groete
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Laai vir Langafstand skiet en jag

Post by tripodmvr »

David Tubb oor herlaai. Ek is nog besig om na deel een te kyk, maar sy meet apperaat en aanbieding toon dat hy weet waarvan hy praat.

https://www.youtube.com/watch?v=NUnrYp0NH38&t=4038s
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Laai vir Langafstand skiet en jag

Post by Eugene »

Hier is 'n paar van die artikels wat Ludwig op 'n ander forum geplaas het, weet nie of dit een van hierdie kon wees nie....

http://www.6mmbr.com/laddertest.html

http://www.6mmbr.com/jgcaseprep.html
Aim small, miss small
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Laai vir Langafstand skiet en jag

Post by Eugene »

Na aanleiding van Siebert se post op ’n ander onderwerp en die feit dat baie van die inligting hier verlore is, het ek gedink om sommer my metode hier te plaas, as dit vir iemand tot hulp kan wees. Let wel, hierdie is hoe ek te werk gaan en dit is nie noodwendig die regte/beste manier vir elke ou daar buite nie. Ek gaan nie dop voorbereiding hier bespreek nie, maar uit die aard van die saak, is die regte of dan behoorlike dop voorbereiding, baie belangrik. Maar vul gerus aan en bespreek.

Stap 1: Kry inligting rakende die koeël, kruit en lading wat ek beoog om te gebruik, op net en op forums of by mense wat reeds so kaliber besit. Hierdie is redelik maklik as dit ’n bekende/algemene kaliber is, maar dit kan interessant raak as dit ’n onbekende of “wild cat” kaliber is. Met die 300NM Imp. wat ek so jaar terug gebou het, was daar bitter min inligting beskikbaar, selfs in USA, want ons is natuurlik redelik beperk met kruite en koeëls hier. Ek wou aanvanklik N565 vir hierdie kaliber gebruik, saam met ’n 225gr ELD-M en was gevolglik genoodsaak om op QL te gaan “speel” en het 3 matige ladings gelaai, net om spoed te kry en om QL te kalibreer.

Stap 2: Na kalibrasie van QL, het ek die maks. spoed en gepaardgaande maks. druk volgens QL bepaal en toe 10 ladings geneem. Ek begin altyd met die maks. lading volgens QL en “laai dan terug in 0.2gr inkremente tot die 10 vol is. Met ander woorde, as 91gr volgens QL vir my die maks. lading gee, dan begin ek met 90gr, dan 89,8gr, dan 89,6gr en so aan tot ek 10 ladings het. As begin TPL, gebruik ek altyd 20thou of dan 0.5mm jump.

Stap 3: Dan gaan skiet ek ’n “speed ladder” en begin by die laagste lading en werk op, terwyl ek seker maak dat ek nie die maks. spoed volgens QL oorskry nie. As mens ’n Ladradar of ander losstaande chrony gebruik, kan jy sommer terselfde tyd ook groepings skiet op 100m, maar aangesien my begroting my beperk tot ’n Magnetospeed, bepaal ek net die spoed tydens hierdie sessie.

Stap 4: Nadat die 10 skote se spoed bepaal is, soek ek 2 ladings waar die node duidelik na vore kom en laai dan 10 van elkeen met ’n tpl van 0.5mm en skiet dan 5 van elkeen op 500m en 5 van elkeen op 1000m. Dis natuurlik baie behulpsaam as mens hierdie gedeelte kan doen in so perfek as moontlik, kondisies. So ek probeer maar vroegoggend of laatmiddag baan toe gaan. En natuurlik help ’n 1km baan ook baie. Ek wil net vinnig hier stilstaan. Ek glo vas daaraan dat jy jou beste lading wil hê op die maksimum afstand en nie op 100m nie. ’n Lading wat “1-gat-groepe” op 100m of snyers op 200m lewer, gaan nie noodwendig op 1000m so suksesvol wees nie, vir een rede, omdat ’n hoë ES op 100m steeds ’n goeie groep kan gee, maar nie noodwendig op 1000m nie. Aangesien ek nooit met my LA gewere op 100m skiet nie, pla 100m groepe my dus nie veel nie.

Stap 5: Na ek die nodige toetse gedoen het op 500m en 1000m, kies ek die lading wat die beste gevaar het uit die 2. Soms is mens gelukkig en dan is een van die ladings klaar baie naby aan perfek en soms moet mens die beste tussen die 2 kies en bietjie aanpas. Indien dit nodig is vir aanpassing, begin ek eerste met TPL en sal die jump verkort na 10 thou of dan 0.2mm. As dit nie die probleem oplos nie, sal ek minimale aanpassings aan die lading maak en steeds dit op 1000m toets.

Stap 6: Hier werk ek dalk agterstevoor, maar gewoonlik as die lading goed presteer op 1000m, is die ES van die lading, ook nie ’n probleem nie. Ek is gelukkig oor die tyd wat ek aanhou smag het na enkelsyfer ES op ’n lading. Enige ES onder 15 is vir my aanvaarbaar en ’n ES onder 10 is geluk, maar ek wroeg verseker nie meer daaroor nie.

Stap 7: Van hier is dit die lekker gedeelte om die ballistic App te kalibreer, geweer te zero op 100m en dan die gonge te laat lui op al die afstande.
Last edited by Eugene on Mon May 18, 2020 10:54 am, edited 1 time in total.
Aim small, miss small
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13509
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Laai vir Langafstand skiet en jag

Post by Capt. Yoda »

Ek dink veral met die internationale kruit op ons rakke mis baie ouens stap een, daar is so baie laai data daar buite wat mens n goeie idee kan gee oor waar om te begin. As 30 ouens op die net en self jou watsap groepe se n koel soos n ELD skiet mooi hier by 20thou jump begin daar en moet nou nie die ding in die lands gaan druk nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Laai vir Langafstand skiet en jag

Post by Eugene »

Capt. Oblivious wrote: Mon May 18, 2020 10:38 am Ek dink veral met die internationale kruit op ons rakke mis baie ouens stap een, daar is so baie laai data daar buite wat mens n goeie idee kan gee oor waar om te begin. As 30 ouens op die net en self jou watsap groepe se n koel soos n ELD skiet mooi hier by 20thou jump begin daar en moet nou nie die ding in die lands gaan druk nie
Siebert, in my ondervinding is 'n jump van 10-20thou, gewoonlik nommer pas vir meeste ladings en koeels. Dit help natuurlik baie as jy die reamer ontwerp gedoen het en vooraf besluit het watter koeel jy wil gebruik en voor jou kamer sny, 'n "dummy rondte" vir jou geweersmid gegee het en hy dit regkry om die kamer so na as moontlik aan die dummy rondte te kon sny. Maar selfs op fabriekslope, is 'n 20thou/0.5mm jump meestal die regte nommer. Ek dra nie vreeslik kennis oor die res nie, maar ek weet spesifiek op Howa 308 diklope, wil dit vir my voorkom of die kamers gesny word vir 175gr en swaarder koeels in die 1-10" twist lope en mens tel hier maar bietjie drama op met 155gr koele en jy sal moet soek vir 'n "ideale" langer jump wat gaan werk. In Xander se 308 het ek na bietjie sukkel, tou opgegooi en die kamewr laat oorsny met 'n Palma reamer en die 155gr koele loop nou baie mooi.
Aim small, miss small
Jarred
Newbie
Newbie
Posts: 30
Joined: Wed Mar 17, 2021 10:52 am

Re: Laai vir Langafstand skiet en jag

Post by Jarred »

Watch a phew videos of Scott Satterlee he is very good with long range reloading.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13509
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Laai vir Langafstand skiet en jag

Post by Capt. Yoda »

Jarred, wat wil jy smous?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Post Reply