taxidermy advies asb
-
regal
- Full Member

- Posts: 156
- Joined: Sun Nov 03, 2013 1:02 pm
taxidermy advies asb
Ek is nie n trofee jagter nie en het ook nog nooit regtig omgegee om n bok se kop op te stop nie, so ek is baie onkundig in die gebied. Ek het wel die jaar n kudu geskiet en besluit om dit te probeer.
My taxidermy is nou klaar en daar is n paar fotos vir my gestuur, vir my lyk die een horing skeef gemonteer, dit mag dalk net die foto wees maar ek dink nie so nie. Ek kan nie onthou dat die horing teen so n hoek was nie.
Kan iemand wat meer kennis in die gebied dra dalk se of dit reg lyk/ normaal is?
https://s11.postimg.org/p0p3p3co3/DSC_0210.jpg
https://s22.postimg.org/kt5mh310x/IMG_20161117_WA0007.jpg
https://s16.postimg.org/5m5dz5nw5/IMG_20161117_WA0008.jpg

francois
- Jaco v Zyl
- Hero Member

- Posts: 729
- Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm
Re: taxidermy advies asb
Lyk nie normaal of soos op foro nie, ek ek sal verseker nie tevrede wees nie.
- RUPERT
- Hero Member

- Posts: 1192
- Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm
Re: taxidermy advies asb
Iets lyk vir my ook skeef! Die gap tussen die twee horings op die skedel lyk vir my groter as wat dit vertoon op die foto van die bok wat op die vloer le.
Die Gap waar die oor en die horing bymekaar kom op die skedel (linker kant) is kleiner as aan die regter kant.
Dit lyk ook of die regter kantste horing moet vorentoe kom want op die oomblik lyk dit vir my of die horings nie mooi vorentoe wys nie, nou lyk dit of daai bok half ksnt tor kyk maar sy gesig wys vorentoe.

- JuanVE
- Sr. Member

- Posts: 261
- Joined: Wed Feb 23, 2011 11:39 am
Re: taxidermy advies asb
Ek sal dit beslis nie so aanvaar nie, neem dit terug! Daardie trofee gaan jou permanent pla totdat jy dit tot niet maak of laat reg maak.
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6969
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: taxidermy advies asb
Een les wat ek geleer het is moet nooit 'n trofee oordeel aan 'n foto nie, gaan kyk hom in die oge.
Dit kan ook wees dat hulle die linker en regter horing omgeruil het dat hy nou so lyk. Dit is doenbaar met 'n kudu.
Vêrder is hulle veronderstel om die skedel as basis vir die horings te gebruik, so jy is nie veronderstel om daai hoek te kan opneuk nie.
'n Taksidermie is iets wat mens baie mooi moet kies.

Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Viking
- Hero Member

- Posts: 871
- Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm
Re: taxidermy advies asb
Die 2 horings pas nie reg op die "skag" nie (kyk mooi na laaste foto) dit lyk of die horing in die lug sit op die bok se kop...gebeur maklik as die taksidermis 'n kop "profile" gebruik en nie noodwendig jou bok se kop nie
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: taxidermy advies asb
Lyk nie na jou bok se cape ook nie. Die merk op die dooie bok se neus onder die chevron is nie teenwoordig op die opgestopte een nie. Was dit dalk 'n kopskoot? Kan gebeur dat die skedel dan gebreek is dan sukkel hulle om alles opgelyn te kry.
Goed, beter, 6millimeter!
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5021
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: taxidermy advies asb
Genoeg lesse met taxidermy deur die jare het my geleer kry een wat naby jou is wat jy kan besoek en onverwags opdaag moet ook nie net prys vergelyk nie. Taksidermie is 'n kuns en ongelukkig kan almal nie kuns doen nie. As jou taksidermie nie self jag nie bly weg. As jou taksidermie nie streng is met papierwerk en dokumente nie bly weg. Voor jy besluit om iets te laat monteer gaan besoek die studio en gaan kyk hoe lyk die trofees. Dit is darem een voordeel jy kan ongelukkig nie altyd plaas gaan besoek voor jy jag nie maar jy kan draai maak by jou taksidermie. Vind uit wie looi die velle hulle self of stuur hulle weg ek verkies taksidermie wat hulle eie drom het en self looi dit maak dat die vel/cape dalk kan wegraak net baie minder.
As jy jou trofee aflaai wees bewus dat dit lank gaan vat al sê hulle wat. Onthou hulle het ook piek tye in die jaar.
As jy jou trofee aflaai wees bewus dat dit lank gaan vat al sê hulle wat. Onthou hulle het ook piek tye in die jaar.
-
regal
- Full Member

- Posts: 156
- Joined: Sun Nov 03, 2013 1:02 pm
Re: taxidermy advies asb
Dit is my gedagte ook. Ek het gedink hulle het dalk n fout gemaak met die mounting onder die horing, dat die hoek(angle) dalk verkeerd is.RUPERT wrote:Dit lyk ook of die regter kantste horing moet vorentoe kom want op die oomblik lyk dit vir my of die horings nie mooi vorentoe wys nie
Ek het nog nie die kop laat optel nie, ek wag nog vir iemand van die taxidermy maatskappy om my terug te bel. Wil net seker gemaak het dis nie net ek wat dink dit line nie mooi op nie. Soos DWB se, wil ek hom nie nie van n foto judge nie maar as ek hom laat ship en hy kom hier aan en ek is nie gelukkig nie gaan dit net nog meer moeite wees inplaas van dit net nou te laat regmaak.
Hulle se my hulle het die vorm van die skedel geneem is dit is hoe dit oorspronlik was maar niks van my ander jag fotos wys die horings wat so uit is nie.
Geno, ek het gaan kyk op ander jag fotos en almal het daai wit kol net bo die neus gewys. Miskien het hulle dit toe geverf? Ek het juis nie n kopskoot gevat nie omdat ek geweet het ek wil hom laat opstop. Natuurlik het ek die hele caping besigheid opgeneuk en kon hulle nie n shoulder mount doen nie aangesien ek die vel te kort afgesny het. Ek twyfel darem of dit n ander cape is anders kon hulle meer gemaak het op n shoulder mount van my.
Ek het darem vertroue die ouens sal dit regmaak as dit wel verkeerd is, dit is n redelike bekende taxidermist en het goeie terugvoer gesien van ander manne wat werk daar laat doen het.
francois
-
regal
- Full Member

- Posts: 156
- Joined: Sun Nov 03, 2013 1:02 pm
Re: taxidermy advies asb
Dankie, die ouens is ongelukkig nie naby aan my nie maar nader aan die jagplaas waar ons was. Omdat ek nie n clue gehad het hoe om te cape nie het ek hulle gekies en kon ons die hele kop met vel die volgende dag by hulle kry om self die caping te doen. Sover ek weet looi hulle self die velle aangesien hulle nog n paar ander velle van my ook het. Ek het nie probeer vir die goedkoopste nie, die ouens was heelwat duurder as die taxidermy plekke in die Kaap wat ek gebel het.Frederik wrote:Genoeg lesse met taxidermy deur die jare het my geleer kry een wat naby jou is wat jy kan besoek en onverwags opdaag moet ook nie net prys vergelyk nie. Taksidermie is 'n kuns en ongelukkig kan almal nie kuns doen nie. As jou taksidermie nie self jag nie bly weg. As jou taksidermie nie streng is met papierwerk en dokumente nie bly weg. Voor jy besluit om iets te laat monteer gaan besoek die studio en gaan kyk hoe lyk die trofees. Dit is darem een voordeel jy kan ongelukkig nie altyd plaas gaan besoek voor jy jag nie maar jy kan draai maak by jou taksidermie. Vind uit wie looi die velle hulle self of stuur hulle weg ek verkies taksidermie wat hulle eie drom het en self looi dit maak dat die vel/cape dalk kan wegraak net baie minder.
As jy jou trofee aflaai wees bewus dat dit lank gaan vat al sê hulle wat. Onthou hulle het ook piek tye in die jaar.
francois
-
regal
- Full Member

- Posts: 156
- Joined: Sun Nov 03, 2013 1:02 pm
Re: taxidermy advies asb
Ek wil maar net terugvoering plaas hier. Ek het die taxidermis gebel en gese ek was nie gelukkig met die horing nie. Hulle het geen probleem gehad om dit vir my te verander nie.
Ek het my kudu gekry. Dis nou wel my eerste opgestopte kop maar het al meer as genoeg gesien om gemaklik te kan se dis seker die beste taxidermy werk wat ek nog gesien het. Behalwe vir so 1cm se hair loss wat jy nie regtig kan sien nie is dit perfek. Ek kan nie meer gelukkiger wees nie. Ek kan Karoo Taxidermy van Graaff reinet hoogs aanbeveel vir kwaliteit en diens.
Sal fotos plaas sodra hy hang

Charles.308
- Sr. Member

- Posts: 323
- Joined: Sun Nov 04, 2012 9:09 pm
Re: taxidermy advies asb
Hi Regal
Sit weer foto dat ons kan sien en wat het jy betaal as ek mag vra.
Groete
Sit weer foto dat ons kan sien en wat het jy betaal as ek mag vra.
Groete
-
regal
- Full Member

- Posts: 156
- Joined: Sun Nov 03, 2013 1:02 pm
Re: taxidermy advies asb
Ek sal hom die naweek hang en foto neem. Soos genoem in die draad doen n foto nie regtig die mount enige justice nie, mens moet hom maar in regte lewe sien.
Kostes was net oor R5500 vir neck mount, shipping was omtrent nog so R1200 gewees
Kostes was net oor R5500 vir neck mount, shipping was omtrent nog so R1200 gewees
francois