bevoegdheid vir karabyn
-
shanenel
- Sr. Member

- Posts: 376
- Joined: Wed Mar 05, 2014 8:56 am
bevoegdheid vir karabyn
Naand ek vra raad.Ek het tans bevoegdheid vir handwapen en geweer.Ek wil nou aansoek doen vir verdere bevoegdheidvir karabyn en haelgeweer.Ek het reeds alle opleiding en sertifikate.Ek get die nodige Sap 517a dokument verkry maar daar is nerens n plek waar ek kan aandui dat ek karabyn bevoegdheid ook verlang.Die dokument maak net voorsiening vir handwapen geweer en haelgeweer.Kyk ek ietsmis of is daar n ander dokument
- Plaashaas
- Hero Member

- Posts: 1018
- Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Re: bevoegdheid vir karabyn
Jy teken jou eie blokkie en skyf dit daar.
- finch
- Sr. Member

- Posts: 461
- Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm
Re: bevoegdheid vir karabyn
Ek het vraag wat ook hierop van toepassing is. Ek het 6 jaar gelede bevoegtheid vir handwapen, jaggeweer en haelgeweer gekry. Vir die laaste 6 jaar het ek net n rollie en 2 jag gewere gehad, maar nou n haelgeweer gekoop. My bevoegtheid op my kaart wys dit het in 2015 verval maar my lisensies is geldig tot 2020 en dus ook my bevoegtheid. Nou my vraag, is my haelgeweer bevoegheid ook geldig tot 2020 selfs al het ek nie n haelgeweer gehad tot nou nie?
Sent from my HUAWEI GRA-L09 using Tapatalk
Sent from my HUAWEI GRA-L09 using Tapatalk
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: bevoegdheid vir karabyn
Ek wil voorstel dat jy die wysigingswet op die VBW (wet 26 van 2006) gaan aflaai en aandagtig deurlees. Dit behoort jou vrae te beantwoord.finch wrote:Ek het vraag wat ook hierop van toepassing is. Ek het 6 jaar gelede bevoegtheid vir handwapen, jaggeweer en haelgeweer gekry. Vir die laaste 6 jaar het ek net n rollie en 2 jag gewere gehad, maar nou n haelgeweer gekoop. My bevoegtheid op my kaart wys dit het in 2015 verval maar my lisensies is geldig tot 2020 en dus ook my bevoegtheid. Nou my vraag, is my haelgeweer bevoegheid ook geldig tot 2020 selfs al het ek nie n haelgeweer gehad tot nou nie?
Sent from my HUAWEI GRA-L09 using Tapatalk
- finch
- Sr. Member

- Posts: 461
- Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm
Re: bevoegdheid vir karabyn
Beampte by saps het vanoggend vir my gese dit behoort nie n probleem te wees nie, solank ek nie vir selfverdediging lisensie aansoek doen nie. Maar sy ryk nie my lisensie uit nie so weet nie hoe erg sy geworry oor of my aansoek suksesvol gaan wees al dan nie.
Is die idee van sulke forums nie juis om ervare mense se raad te kry sodat ek nie self deur al die wette en wysigings hoef te lees nie. :-)
Maar as die ervare mense se lees deur die wet dan is dit seker my voorland.
Sent from my HUAWEI GRA-L09 using Tapatalk
Is die idee van sulke forums nie juis om ervare mense se raad te kry sodat ek nie self deur al die wette en wysigings hoef te lees nie. :-)
Maar as die ervare mense se lees deur die wet dan is dit seker my voorland.
Sent from my HUAWEI GRA-L09 using Tapatalk
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: bevoegdheid vir karabyn
Kom ek verduidelik my antwoord.finch wrote:Beampte by saps het vanoggend vir my gese dit behoort nie n probleem te wees nie, solank ek nie vir selfverdediging lisensie aansoek doen nie. Maar sy ryk nie my lisensie uit nie so weet nie hoe erg sy geworry oor of my aansoek suksesvol gaan wees al dan nie.
Is die idee van sulke forums nie juis om ervare mense se raad te kry sodat ek nie self deur al die wette en wysigings hoef te lees nie. :-)
Maar as die ervare mense se lees deur die wet dan is dit seker my voorland.
Sent from my HUAWEI GRA-L09 using Tapatalk
Vandat die wysigingswet gepromulgeer is, het daar verskriklik baie stories en gerugte die rondte gedoen. Dit het ook nie juis gehelp dat die hoof van die register 'n "direktief" na al die polisiestasies toe gestuur het wat swak bewoord en verwarrend was nie. Baie mense, ook in die polisie, is steeds verward oor die saak. Jy gaan baie verskillende menings hoor as jy vra.
Dit is daarom wys om maar liewers eers die wet (en regulasies) self te lees, voordat jy ander se ingeligte of minder ingeligte opinies gaan aanhoor. As jy in die hof moet staan, tel almal se slim stories nie te veel punte nie.
Wanneer jy die wysigingswet gaan lees, let op dat die "competency" se geldigheids-tydperk gekoppel is aan jou lisensie met die langste geldigheids-tydperk. Daar staan niks van selfde vervaldatum nie, net tydperk. Die hele "competency" is ook geldig vir die hele tydperk. Een gedeelte (wapen tipe) kan nie voor die ander verval, as hulle almal op dieselfde sertifikaat verskyn nie. Lees dit asb self voor iemand my nou gaan aanvat daaroor!
So, ja. Dit is nie die maklike uitweg nie. Kortpaaie het maar altyd hulle risikos.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: bevoegdheid vir karabyn
Jou bevoegdheid is geldig vir 10 jaar vanaf die uitreikingsdatum. Niks meer of minder nie. Die hele sertifikaat is ook geldig vir die hele tydperk. Sien ook my meer volledige verduideliking hierbo.finch wrote:Ek het vraag wat ook hierop van toepassing is. Ek het 6 jaar gelede bevoegtheid vir handwapen, jaggeweer en haelgeweer gekry. Vir die laaste 6 jaar het ek net n rollie en 2 jag gewere gehad, maar nou n haelgeweer gekoop. My bevoegtheid op my kaart wys dit het in 2015 verval maar my lisensies is geldig tot 2020 en dus ook my bevoegtheid. Nou my vraag, is my haelgeweer bevoegheid ook geldig tot 2020 selfs al het ek nie n haelgeweer gehad tot nou nie?
Sent from my HUAWEI GRA-L09 using Tapatalk
Daar is egter 'n vangplek. Gaan kyk by jou DFO wat die geldigheid on/of vervaldatum van jou bevoegdheid is. Almal se datums is nie noodwendig opgedateer toe die wetwysiging effektief geraak het nie. Dit is 'n deurmekaarspul.
Oorweeg dit ook om vir 'n volledige bevoegdheidssertifikaat (al 4 tipes) aansoek te doen, i.p.v. net 'n "addisionele" bevoegdheid (further competency). Dan verval alles darem op een slag, met minder hernuwings en beslommernis.
- finch
- Sr. Member

- Posts: 461
- Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm
Re: bevoegdheid vir karabyn
Dankie sal 100% seker maak by dfo voor ek my aansoek in gee.
Sent from my HUAWEI GRA-L09 using Tapatalk
Sent from my HUAWEI GRA-L09 using Tapatalk
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: bevoegdheid vir karabyn
Ek wonder wat gaan gebeur as jy aansoek doen vir 'n "further competency" en al 4 kategorië merk. Die resultaat behoort dieselfde te wees, met minder rompslomp as 'n nuwe aansoek.
Hier is die wysigingswet en direktief. (Dit is toe wet 28, nie 26 nie.) :
Hier is die wysigingswet en direktief. (Dit is toe wet 28, nie 26 nie.) :
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- finch
- Sr. Member

- Posts: 461
- Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm
Re: bevoegdheid vir karabyn
Snaaks genoeg toe ek gister by my lokal DFO was en dieselfde vraag gevra het was haar antwoord dat sy al soortgelyke aansoeke ingedien het en party word goedgekeur omdat die bevoegtheid verval eers saam met die laaste geldige geweer lisensie maar party word afgekeur omdat die bevoegtheid op die kaartjie verval het. Per ongeluk was een van die senior ouens ook daar om hulle kantoor te audit en sy verduideliking was dit gaan afhang hoe die persoon in PTA wat my aansoek gaan verwerk, die wet interpreteer.
Hoe dit ook al sy is dit nie vir my gerustellend nie, want ek sal graag my aansoek wou ingee en weet (of ten minste 99% seker wees) dit sal goedgekeur word, maar nou voel dit vir my baie na n dobbel spel (50/50) oor wat presies die persoon wat die aansoek verwerk se siening is.

- mossie
- Sr. Member

- Posts: 375
- Joined: Thu May 21, 2009 2:10 pm
Re: bevoegdheid vir karabyn
Nou nie heeltemal in lyn met die vraag oor karabyn nie, maar my onlangse ondervinding met hernuwing was dat jou bevoegdheid vir n sekere kategorie verval met die laaste lisensie vir die kategorie. Ek moes dus vir my handwapen- bevoegdheid heraansoek doen toe die spesifieke lisensie hernu moes word. Dit wil se die bevoegdheid is nie net gekoppel aan die laaste lisensie van al jou vuurwapens nie, maar wel aan die laaste lisensie in n spesifieke kategorie.
as jy mis, probeer net weer!!!!!!
- finch
- Sr. Member

- Posts: 461
- Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm
Re: bevoegdheid vir karabyn
Sien as dit die geval is gaan my aansoek afgekeur word...
Ander interpretasie is ook dat bevoegtheid gekoppel is aan jou tipe lisensie en dus 5 jaar vir selfverdediging of 10 jaar vir geleentheids jag of sportskiet.
Ai nou begin dit meer vir my voel of daar n groter kans is dat my aansoek afgekeur gaan word as wat dit n positiewe uitslag gaan he.