Bird Hunting South Africa: Crows and Geese - ScareCrow
- Jacques Kotze
- Full Member

- Posts: 119
- Joined: Tue Apr 12, 2011 2:54 pm

Hi almal.
Vir die wat belangstel, gaan loer hier asb.
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=171&t=39199
Groete

Last edited by Jacques Kotze on Tue Sep 11, 2018 3:55 pm, edited 1 time in total.
- Jacques Kotze
- Full Member

- Posts: 119
- Joined: Tue Apr 12, 2011 2:54 pm
Re: Bird Hunting South Africa: Crows and Geese - ScareCrow
Hierdie naweek weer 'n lekker sessie gehad. Maar ek twyfel of ons hulle getalle sal kan beheer. Dit wil voorkom asof die kraaie neet meer en meer word!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Jacques Kotze on Tue Sep 11, 2018 3:57 pm, edited 1 time in total.
-
Basjan123
- Sr. Member

- Posts: 448
- Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm
Re: Crow Hunting / Kraaie Jag: Sounds / Klanke
Watse skade doen hulle?
- Jacques Kotze
- Full Member

- Posts: 119
- Joined: Tue Apr 12, 2011 2:54 pm
Re: Bird Hunting South Africa: Crows and Geese - ScareCrow
Hi Basjan123
Jissie hulle maak moeles hier by ons. As dit lamtyd is dan vreet hulle die pasgebore lammers se tonge en ogies uit. Van die kraai pik ook die anus van die lammertjies stukkend. Ons boere lei groot skade as dit kom by kraaie.
Lees hierdie artikel. Dit is baie interressant.
http://www.groundup.org.za/article/wher ... eyes_3002/

Last edited by Jacques Kotze on Tue Sep 11, 2018 3:58 pm, edited 1 time in total.
-
Basjan123
- Sr. Member

- Posts: 448
- Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm
Re: Crow Hunting / Kraaie Jag: Sounds / Klanke
Dankie was nie daarvan bewus nie SJOE !!!
- Jacques Kotze
- Full Member

- Posts: 119
- Joined: Tue Apr 12, 2011 2:54 pm
Re: Crow Hunting / Kraaie Jag: Sounds / Klanke
Hahaa.
Ja min mense besef regtig die omvang van die probleem as dit by kraaie kom. Jy moet sien hoe vang hulle klein skilpadjies hier van September maande af. As jy 'n kraai nes op 'n telefoon paal sien tussen September en November... doen jouself 'n guns en gaan kyk wat lê onder daardie nes. Jy sal verbaas wees hoeveel klein skilpaddoppe daar sal wees. Kraaie het geen natuurlike vyande nie. Al wat help om hulle getalle te beheer is valkies, arende en uile. Maar dit vind basies net plaas as hierdie tipes roof voels die klein kraaie vang wat nog in die nes is. Kraaie broei vanaf September tot November.
Dan praat ons nog nie eens van die skade wat hulle doen aan ons boere se groentes nie. Dis asof die kraaie plesier daaruit put om waatlemoene, spanspekke en vye hier in ons wêreld te verniel.
Hulle getalle is besig om hand uit te ruk in die Wes-Kaap, Noord-Kaap en Karoo. Jy kan maar met eenige skaap boer gaan praat oor kraaie en hulle skade. Jy sal hoor wat die manne te sê het.

Die "gewone swart kraai" is hy ook soos die wit bors broer van hom of nie?
- Jacques Kotze
- Full Member

- Posts: 119
- Joined: Tue Apr 12, 2011 2:54 pm
Re: Crow Hunting / Kraaie Jag: Sounds / Klanke
Die gewone swart kraai (Cape Crow) is meer familie van die Europese swart kraaie en Amerikaanse swart kraaie. Hulle vreet meesal net sade en is nie juis vleis vreters en moeilikheid makers soos die "Pied Crow" (Witbors kraai) nie. In Amerika en Europa kom hulle in massiewe groot swerms of troppe voor. Hulle getalle het erg hand uit geruk oorsee maar nog nie hier by ons nie.
Doen jouself 'n guns en gaan search net op "youtube" vir "crow hunting" dan kan jy self sien in wat se groot swerms kom hulle daar voor. Maar hier by ons word hulle nie geteiken of geskiet nie omdat die omvang van hulle saad vretery en skade is daadwerklik bitter klein in vergelyking me oorsee se lande.

Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Crow Hunting / Kraaie Jag: Sounds / Klanke
Hier by ons in die stad, vreet die verdomde kraaie die stopverf uit die ruite van die huise wat ons bou. Ons sit die ruite mou maar eers in net voor die kliënte intrek.
Wens ek kon hulle hier ook skiet, maar daar's bietjie te veel mense

Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- Jacques Kotze
- Full Member

- Posts: 119
- Joined: Tue Apr 12, 2011 2:54 pm
Re: Crow Hunting / Kraaie Jag: Sounds / Klanke
Nee wragtag... Kyk... Nou het ek alles gehoor. Jissie hulle kan darem kwaad doen.
-
Basjan123
- Sr. Member

- Posts: 448
- Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm
Re: Crow Hunting / Kraaie Jag: Sounds / Klanke
Dankie vir die info Jacques, so leer mens elke dag iets by!
- dorsland
- Jr. Member

- Posts: 66
- Joined: Sat Oct 08, 2016 7:19 am
Re: Crow Hunting / Kraaie Jag: Sounds / Klanke
Het nou in Desember 'n ou hier deur my plaas gery, hy is van die Suid-Afrika voëlatlas projek. Ons gesels die kant toe daai kant toe, toe vertel ek hom van die helse klomp kraaie wat ek deesdae in die Karoo sien. Hy vertel toe dat ja hulle getalle neem kwaai toe, ook waar hulle voorheen baie min voorgekom het, deels as gevolg van die KFC wat hulle so lekker langs die paaie kry.
Hier by my jaag hulle die witkruisarende en verpes hulle erg. Ook al gehad dat hulle swak lammers opvreet nog voor hy mooi kan staan.
Die voëlman vertel hoe ander roofvoëls se getalle afneem omdat kwassie hulle verjaag asook omdat die nasie die beskikbare prooi en vrektes opvreet.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie. CJ Langenhoven
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3527
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Crow Hunting / Kraaie Jag: Sounds / Klanke
Ja hier by my was hulle nou vreeslik baie, maar kon dam deur die week so 4 skiet, nou is hulle gelukkig baie minder.
Slim goed die. As hulle gewoel word dan vlie hulle na n plaas waar niemand hulle hinner nie
Slim goed die. As hulle gewoel word dan vlie hulle na n plaas waar niemand hulle hinner nie
- Jacques Kotze
- Full Member

- Posts: 119
- Joined: Tue Apr 12, 2011 2:54 pm
Re: Crow Hunting / Kraaie Jag: Sounds / Klanke
Armand jy moet dat ek 'n slag vir jou so paar nuwe klanke stuur. Hulle is seker al dai cd gewoond wat ek jou gestuur het. Gooi jou epos op 'n pm vir my dan stuur ek so paar nuwes vir jou. Jy is mos darem 'n ou kliënt
Groete
Jacques
Groete
Jacques
- Jakes
- Jr. Member

- Posts: 78
- Joined: Thu Jan 19, 2012 3:17 pm
Re: Crow Hunting / Kraaie Jag: Sounds / Klanke
moet se die cd werk mooi kon nie glo hoe vinnig hulle inkom nie
Tussen Pretoria en Hartebeespoortdam is daar n aasvoel voer plek nadat die aasvoëls geeet het en veg vlieg
omsingel en pla die kraaie die aasvoel sodat hy moeg word die aasvoël gooi op of gaan sit en gooi op
die kraaie gaan eet dan het al tot 50 kraaie by 1 aasvoël gesien moet se n aasvoël eet redelik baie
Ek dink die aasvoëls word lekker bederf wat ons is so 10-15 km van die voer plek ons het al dooie diere uitgesit
maar nog nie n aasvoël by ons gesien nie.
Tussen Pretoria en Hartebeespoortdam is daar n aasvoel voer plek nadat die aasvoëls geeet het en veg vlieg
omsingel en pla die kraaie die aasvoel sodat hy moeg word die aasvoël gooi op of gaan sit en gooi op
die kraaie gaan eet dan het al tot 50 kraaie by 1 aasvoël gesien moet se n aasvoël eet redelik baie
Ek dink die aasvoëls word lekker bederf wat ons is so 10-15 km van die voer plek ons het al dooie diere uitgesit
maar nog nie n aasvoël by ons gesien nie.
- Jacques Kotze
- Full Member

- Posts: 119
- Joined: Tue Apr 12, 2011 2:54 pm
Re: Crow Hunting / Kraaie Jag: Sounds / Klanke
Ag ek is bly Jakes as die cd vir jou werk. Ek het so paar nuwe klanke opgeneem onlangs en ek moet sê.... hulle like dai nuwe klanke. As daar 'n kraai in die omgewing is dan kom hy met 'n spoed in. Jy is mos 'n ou kliënt. Stuur my gou weer jou epos op 'n pm dan stuur ek vir jou so paar nuwes wat jjy kan byvoeg by die ou klanke.
Groete
Jacques
Groete
Jacques
- Jacques Kotze
- Full Member

- Posts: 119
- Joined: Tue Apr 12, 2011 2:54 pm
Re: Bird Hunting South Africa: Crows and Geese - ScareCrow
Wel die jaar is amper verby en ek wil darem net 'n paar pics opsit van ons suksesvolle jagte vir die jaar. Ons het baie boere uitgehelp met kraai, gans en eend probleme. Lamtyd by die skape was baie erg vanjaar oor die droogte by ons en dit het ook die kraai aanvalle op pasgebore lammers vererger omdat meeste boere se diere op voerkraal was. Toe ons evensieel bietjie reën kry en die manne begin lusern plant, toe kom die eende en ganse weer die jong lusern lande opneuk. Gaan loer by http://www.scarecrowhunting.co.za vir nog meer fotos van ons jagte.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Jacques Kotze
- Full Member

- Posts: 119
- Joined: Tue Apr 12, 2011 2:54 pm
Re: Bird Hunting South Africa: Crows and Geese - ScareCrow
Ganse en Ende

Goeie jag sessie te Kliprand. Probleem kraaie gaan minder maak. Wat 'n voorreg om so in natuur te kan kamp. Maar net weer 'n bewys dat "ScareCrow" klanke werk. Ons het so 60 geklop vir die dag maar nog baie agter gelos weens donkerte. Die kraaie het begin om lammers aan te val en oë begin uitpik. My hulp is ingeroep en ons kon darem help.