Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het al etlike koedoebulle in my lewe geskiet en het uit hulle almal nog net 3 wat gekwaliviseer het vir Rowland Ward. Ek het al groot bulle gesien maar hulle het my ontwyk tot nou toe. Ons het vanaf Woensdag verlede week op n plaas op Nietverdient gejag en ek het die bul Vrydagmiddag laat geskiet.
Die een horing het 60,5 duim gemeet en die ander een is 59 1/4 duim. Dit is nie vir my mooi horings nie maar soos julle uit die swak foto's kan sien is hulle besonders diep. Die bul is nog redelik jonk en ek is seker dat hulle in die 66+ kategoerie oor 3-4 jaar sou gewees het. Hy was saam met 7 koeie toe ek hom geskiet het.
Hierdie tipe bulle is n "once in a lifetime" geluk en ek voel besonder bevoorreg om hom te kon skiet.
As julle na die foto kyk van die krul sien julle dat hy heeltemal verby die kop wys en dit is nie baie wat dit gebeur waar hy nie op die oog gesentreerd is nie.
Google na die website Trophybreeders Dries Visser daar is 'n kieriekop soortgelyk aan jou koedoe en sommer nog 'n paar groterige bulle. Het onlangs gehoor 3 x 60" bulle is verkoop vir +- R80000.00 stuk.
Mooi bul, en wanneer jou trofee klaar is laat ons bietjie sien hoe hy lyk.
Ek het n 60 duim bul afgelaai op die plaas so n maand terug vir R6000! Ek weet dit is die bargian van die dekade maar daai pryse wat jy noem begin belaglik raak. Die kosessie eienaar waar ek die bul geskiet het se vir my indien ek die koedoe langsaan by sy ander konsessie geskiet het sou hy my R45000 gekos het volgens die glyskaalprys!
Geluk Wout, baie mooi gedoen is altyd lekker om so gelukkie te slaan. Eks net bly die konsessie houer het nie later sy prys verander soos al gebeur het nie.
Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time "SPEED KILLS"
Sjoe Wouter, baie geluk met jou mooi bul!
Moes omtrent nou 2 keer kyk na daai 3de foto, dit is darem 'n paar diep draaie daai!
Vertel bietjie van die kaliber, afstand en was dit 'n lekker stalk ens..
Mooi week daar in Liggies
Dit is nou n pragtige bul! Kan wees dat jy nie van sy horing "shape" hou nie Wout, maar daar is min ouens wat kan se hulle het n bul geskiet met sulke "snaakse" horings, en een van hulle is nog 60" ook! Mooi gedoen man!
Ek is maar een van die manne wat dit verkies om van die voet af te skiet. Ek het teen Saterdagmiddag al basies klaar gejag en het die Cruiser bestuur met ander manne en die konsessie eienaar agter op die bakkie wat op soek was na koedoebulle en koeie in die berge en randjies. Bulle se prys onder 50 duim is R3000 so almal het vir hulle gegaan. Bo 50 duim is R7500 so almal het hulle maar probeer vermy. My broer het sy 375 H&H met n Terminator silencer gelaai met Frontier 250gr koeels teen 2750ft/sek op die bakkie gehad, die teleskoop is Leupold VXIII 3.5-10x40. Hiedie is n geweer wat hy by my oorgevat het toe ek hom met n Ruger vervang het. Hy was toe in die Ackley gewaad en my broer het die loop toe met n Shilen loop vervang en hom n standaard 375 H&H gesny. Met sy huidige lading gee hy konstand 3/4 duim 5 skoot groepe op 110m. Met die geweer het n ander jagter net n mooi vleisbul met 47 duim horings teen n randjie geskiet en nadat ons hom gelaai het was ons stadig terug oppad kamp toe. Die Stomers game het al begin so daar was n paar onsinnige manne wat die fiasco wou kyk!
Die konsessie eienaar het my vroeer gevra of ek nog iets wou skiet en ek het vir hom gese indien ons n baie groot bul kry sou ek hom aandurf. Ons het die trop koeie so op 120m gewaar teen n randjie en toe die bul ook agter n bos gewaar. Ek is basies agter die stuurwiel uitgepluk en het stelling agter die geweer ingeneem. Die koedoes het verder teen die rand opbeweeg en toe ek die eerste keer hom mooi kon sien het ek wel die eerste draai wat so besonder diep was kon sien maar nie die res van die horings nie. Ek het eers gese sy horings is te klein maar toe hy n paar tree vorentoe gee kon ek hom mooi gesien het. Die skoot was op 150m geskiet en ek het hom probeer so vinnig as moontlik anker met n hoe hartskoot. Hy het so 20m gevorder toe hy inmekaar sak. Ons is met die bakkie met n gesukkel op en toe ons nader kom het ons reg in die krulle afgekyk waar ek toe besef het wat ek wel geskiet het.
Ons het n R100 pool gemaak met die meeste persone se skatting op 56 duim. Ek het my skatting op 58 duim deurgegee wat toe ook die hoogste was. Ons het nie kameras byderhand gehad nie en die selfone is maar ingespan vandaar die swak fotos. Ons het besluit om die volgende more fotos te neem maar Sondag het die wolke oopgemaak en dit toe onmoontlik gemaak.
Hierdie gaan my eerste bok wees wat ek gaan opstop. Ek het nog nooit te veel sin daaraan gehad nie maar ek gaan dit wel doen. Ek is nie trots op die manier hoe ek hierdie bok geskiet het nie maar besef ek het al oor die jare my tyd ingesit so dit maak die smakie in my mond so bietjie beter. Net n klein bietjie!
Ek het nie veel uitgevra oor die pryslys op die ander konsessie nie maar dit sal dalk tien teen een wees dat dit dalk bv R12000 is tot op 50 duim en dan R1000-2000 by wees vir elke duim.
Die plaas se naam was oorspronklik Orion. Dit is net onder 3000 hektaar en het nog die olifante op, seekoeie en krokkedille waarvan die grootste een so 4,2m is. Dit is werklik n spogplaas. Daar is huidig vier eienaars waarvan Douw Grobler die vorige hoof vearts van Kruger Park een is. ek sal net so vinnig as moontlik ontslae raak van die drie olifante want hulle is besig om verwoesting te saai.