Lisensies -hoe dom kan jy wees?

Post Reply
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1543
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Lisensies -hoe dom kan jy wees?

Post by Giepie »

Ek was vanoggend by polisiestasie vir lisensie sake. Daar kom 'n jongerige man, omtrent 30, daar in om lisensieaansoek in te dien. Daar kort toe so paar dokumente wat baie nodig is en van self sprekend daar moet wees, soos afskrif van id, fotos van kluis, ens. Toe raak hy skoon ongeskik mat die personeel asof dit hulle skuld is dat hy nie al die goed saamgebring het nie. ::) Hulle het nie baie lus gelyk om hom verder te help nie. Hy is in elk geval terug gestuur om dit te kry. As jy moeilikheid soek, gaan jy dit kry.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Re: Lisensies -hoe dom kan jy wees?

Post by Ashley »

Ja nee, dis iets wat ek myself belowe het al met my 1e liksens aansoek;
Maak nie saak wat nie, jy hou jou cool.. jy "ja en amen" daai DFO, want jy gaan nêrens kom as jy "rank" probeer trek nie.

Laat dit ook maar n les wees vir opkomende 1e keer- lisensie aansoekers
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 959
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Lisensies -hoe dom kan jy wees?

Post by OosKaapJagter »

Hulle het waarskynlik reeds 'n aantekening gemaak. Hy gaan al die dokumente en nog wat moet kry.

Wanneer sy aansoek afgekeur word, gaan hulle hulself verlustig daarin as hy dan met rede sy speelgoed uit die kot gooi.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Lisensies -hoe dom kan jy wees?

Post by Carl »

Dit gebeur gereeld by ons. Van die manne is varke (ons het 2 dames in die kantoor) hanteer hulle soos seker hul hulle vroue hanteer. As ek so aansoek kry sal ek mooi lees watse getuig skrif sy vrou skryf.

En dan is daar die 100'e kaartjies wat onopgeëis net daar lê. Gaan my verstand te bowe!!
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Wattlegrove
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Fri Oct 21, 2011 2:39 pm

Re: Lisensies -hoe dom kan jy wees?

Post by Wattlegrove »

Hy moet maar onthou dit is daai DFO wat ook moet motiveer waarom hy 'n lisensie toegestaan moet word. Dit is ook daai einste DFO wat heelwaarskynlik sy lisensie provinsiaal toe moet vervoer en dit daar uitbring.

Ek het so rukkie terug aansoek gedoen vir 'n .22 so 'n week na ek lisensie ingehandig het bel die DFO my en se die geweer is nooit deur handelaar geregistreer nie. Gelukkig kom die ander DFO op die situasie af en verduidelik vir hom dat LR vir Long Rifle staan en dat hy dit so moet invoer... EN DA VAT HY. Ek is dood seker as dit nie vir my goeie verhouding met die DFO was nie sou hy net doodeenvoudig die lisensie teruggestuur het. Daai man het himself geen guns bewys nie.
Will101
Newbie
Newbie
Posts: 24
Joined: Sat Apr 01, 2017 8:53 am

Re: Lisensies -hoe dom kan jy wees?

Post by Will101 »

Giepie wrote:..... soos afskrif van id, fotos van kluis, ens.....
Hierdie twee spesifieke goed word nie aan jou verplig nie...

Die DFO is veronderstel om self afskrifte te maak en moet self kluis inspeksie kom doen. My DFO het dit vir my duidelik laat verstaan en die dokumente uitgehaal.
Post Reply