Dit bly tog maar lekker !!!!

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Wismit
Hero Member
Hero Member
Posts: 576
Joined: Wed Jun 09, 2010 1:47 pm

Dit bly tog maar lekker !!!!

Post by Wismit »

Dis nou wel nie `n trofee ram nie, maar dit bly darem maar lekker as die jong mannetjies wys wat hulle kan doen.

Ons laas saterdag die gelukkie opgetel +-80km wes van Musina.

Skut: JH SMIT (9jaar)
Geweer: .308 HOWA
Punt: 150gr Siera Pro-Hunter gelaai met 39.5gr S335
Afstand: +-140m
Tyd: 07:15
Skoot: Bok staan skuins en kyk in sy rigting. Koel gaan by nek in en by blad uit.
Biltong: Tog te heerlik !!!!!

[img width=560 height=420]http://i961.photobucket.com/albums/ae98 ... OOIBOK.jpg[/img]
.22 Barretta
7.65 Tangfolio
9mm STAR
12Br Mossberg
.22 CZ
.303 Lee Enfield
.308 Howa
30-06 Musgrave
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Dit bly tog maar lekker !!!!

Post by Monrique (SJ) »

Netjies man.

Groetnis
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Dit bly tog maar lekker !!!!

Post by douw »

BAIE MOOI!

LEKKER JAG VERDER

GROETNIS
DOUW
LIFE IS TRUELY GENEROUS TO THOSE WHO PURSUE THEIR DESTINY
300Winmag

Re: Dit bly tog maar lekker !!!!

Post by 300Winmag »

Baie geluk man! (Was die ooi dragtig die tyd van die jaar  ??? - ek kyk net na daai spene)
User avatar
Wismit
Hero Member
Hero Member
Posts: 576
Joined: Wed Jun 09, 2010 1:47 pm

Re: Dit bly tog maar lekker !!!!

Post by Wismit »

300Winmag wrote: (Was die ooi dragtig die tyd van die jaar  ??? - ek kyk net na daai spene)
Nee sy was nie dragtig nie. Seker maar laat gelam. Maar ek moet s? daar was nie enige "klein" lammetjies in die trop nie.
.22 Barretta
7.65 Tangfolio
9mm STAR
12Br Mossberg
.22 CZ
.303 Lee Enfield
.308 Howa
30-06 Musgrave
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Dit bly tog maar lekker !!!!

Post by Kalahari »

Wismit

As ek dalk 'n opinie kan waag op daardie uier van die rooibokooi. Ek dink iets het haar lam gevang of ander derglike manier het die lam afgeraak. Was die uier nie styf nie? Ek het so 'n maand of wat gelede 'n koedoe koei geskiet wat ook 'n baie groot uier gehad het wat kliphard styf was. Indien dit dieselfde werk as die skaap, dan dink ek is dit die geval. Maar julle was by die bok, so jul sal beter kan se.

Baie geluk aan die jong manne wat so lekker jag.

Kalahari
300Winmag

Re: Dit bly tog maar lekker !!!!

Post by 300Winmag »

Hiedie is die oomblike wat in mens se lewe uitstaan! Daai eerste bok sal mens nooit vergeet .
nie - ek was net so groot (9-10). Ek het met my Oom se .308 Musgrave op hulle plaas op Marken
my eerste bok (rooibok ram) geskiet.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Dit bly tog maar lekker !!!!

Post by Wouter Roets »

Hel ou Wissmit

Hoe loop die emossies nou hoog hier by my as ek daai foto sien van die mooi jong man wat so trots daar sit! Gee hom n groot drukkie en se vir hom ons se welgedaan. Ek kan nie wag om met my twee bloedjies ook daai ervaring te deel nie. Ek glo jou bors span ook redelik styf teen die hemp se knope!

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Dit bly tog maar lekker !!!!

Post by Jagtersdok »

Ja nee Wout

Ek het ook dik knop in die keel. Daai is sommer bakgat

Baie geluk Wismit
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Dit bly tog maar lekker !!!!

Post by Jagtersdok »

Vertel bietjie van die skiet posisie l?, staan, sit dis great.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
grumpy

Re: Dit bly tog maar lekker !!!!

Post by grumpy »

My seun gaan die naweek ook sy eerste bok skiet. Hy is nou wel 19 maar hy is baie opgewonde! Sal hom insalf as n jagter!!  8)
User avatar
GERT vd M
Hero Member
Hero Member
Posts: 650
Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm

Re: Dit bly tog maar lekker !!!!

Post by GERT vd M »

Laat my terug dink aan my eerste bok wat ek gejag het . Het nie n foto nie want ek het eers n geweer gehad voordat ek n kamera gekry het. As ek my oe toemaak dan herleef ek dit weer. Mooi so seun !!!
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
User avatar
Wismit
Hero Member
Hero Member
Posts: 576
Joined: Wed Jun 09, 2010 1:47 pm

Re: Dit bly tog maar lekker !!!!

Post by Wismit »

Ja nee, soos ek s?: "Dit bly maar lekker".

`n Mens se hart klop so trots en die lekker is eintlik om die trots op die kids se gesigte te sien !!!

Baie gelluk met daai eerste (van menigte) !!!!

W.S 
.22 Barretta
7.65 Tangfolio
9mm STAR
12Br Mossberg
.22 CZ
.303 Lee Enfield
.308 Howa
30-06 Musgrave
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4598
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Dit bly tog maar lekker !!!!

Post by James Wilson »

ai, manne dit bly maar mooi.

ek wil he my seun moet ook die jaar sy eerste bok skiet, hy is ook 9 en ek sal hom ook met my 308 laat skiet. die 308 het n silencer op en ek sien di man kom reg op die manier.

wismit. ek sien dit lyk of daai 308 se kroon n plek het vir n silencer?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Wismit
Hero Member
Hero Member
Posts: 576
Joined: Wed Jun 09, 2010 1:47 pm

Re: Dit bly tog maar lekker !!!!

Post by Wismit »

Jagbehep! wrote: wismit. ek sien dit lyk of daai 308 se kroon n plek het vir n silencer?
Yip - hy is gesny vir `n silencer. Maar die HOWA se recoil is nie so erg dat hy hom in die jagveld nodig het nie. As hy op die baan skiet dan sit ons hom op.

Ek is ook maar bly want ek dink na `n dag in die veld gaan die geweer bietjie swaar word met `n silencer asook die Harris bi-pod op.

W.S
.22 Barretta
7.65 Tangfolio
9mm STAR
12Br Mossberg
.22 CZ
.303 Lee Enfield
.308 Howa
30-06 Musgrave
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: Dit bly tog maar lekker !!!!

Post by PITSMIT »

se vir JH  hy is n bulperd. 8)  baie geluk ook met sy eerste en geniet elke keer as julle die storie vertel.  dit raak nooit vervelig nie.

daai uitdrukking op sy gesiggie spreek n duisend woorde ;)

dis elke keer lekker om daai eertse pa/seun fotos te kyk en te hoor hoe trots die twee is.

mag al die pa's op die forum wat dit nog nie ervaar het nie dit wel eendag doen

groete
pitsmit
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
Post Reply