Gevallestudie : 270TSX in 'n 375H&H

Anything regarding this program here/alles rakende die program hier.
Post Reply
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Gevallestudie : 270TSX in 'n 375H&H

Post by tripodmvr »

As aanvang wil ek noem dat mens gewoonlik raad gee oor ladingontwikkeling en dan aanbeveel dat 3 skote vir QL kalibrering oor die chrony geskiet word. Die probleem wat voorkom is dat 'n beginlading op lae druk is en die brandtemo toeneem soos druk verhoog.

Op Gunsite het die lid, Messor, die aanbeveling gemaak dat enkelskote versprei van laag tot hoog 'n beter aanduiding sal gee van brandtempo en makliker kalibrering sal beteken. Sy voorstel het ek nou met 'n vriend se 375 toegepas.

Ek het Maandag dopvoorbereiding vir sy geweer gedoen en ook die dopvolume en maks TPL met die Barnes bepaal. Dopvolume van 93 grein en TPL van 96mm. Ek het drie patrone gelaai met TPL van 94mm. My berekende nodespoed was 2611vps en 'n lading van 69,5gr S355 sou dit kry. Die ladings wat gelaai is, was 67, 69 en 71gr.
Hier is die drie skote geskiet oor die chrony en spoed was 2544, 2539 en 2599vps (5m weg). Hoogste skoot het papier net gesny. Nie sleg vir 'n 4 grein sprong nie.
IMG-20170422-00063.jpg
Na hierdie skietsessie is ek huis toe om die data deur QL te druk en dan die berekende lading te laai. Die 71gr lading was op die node (kon dit reeds op die skietbaan sien) en die nuwe berekening het gedui op trompspoed van 2616vps weens die stadiger ontbranding van die dryfmiddel. Ek het dus 10 patrone met 71gr gelaai en ons is weer weg skietbaan toe.

Die eerste skoot was baie hoog en byna oor die teiken. Ons het verstel en toe is die volgende 4 skoot groep geskiet. Leupold teleskoop met maks 12x vergroting.
IMG-20170422-00064.jpg
Dit is nou nie dit wat mens as 'n top groep beskryf nie en kort sekerlik verfyning. My vriend voel dat dit voldoende is vir sy jag wat Donderdag begin. Ek het gou 15 patrone gelaai sodat hy 20 het vir die jag.

Met die uitskiet van 8 koeëls het ons dus jagakkuraatheid verkry. Werklik 'n koste doeltreffende metode wat nie so baie moeite verg nie (dit is mos lekker om te skiet). My vorige oefening saam met Diesel Dog het so 12 skote geverg. Aanhouer wen.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13511
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Gevallestudie : 270TSX in 'n 375H&H

Post by Capt. Yoda »

Meeste van die ouens op gunsite kan somer die brandspoed in die sterre lees. Lekker groep daai Oom 3 Poot
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Gevallestudie : 270TSX in 'n 375H&H

Post by Gawie(13mm) »

Capt. Oblivious wrote:Meeste van die ouens op gunsite kan somer die brandspoed in die sterre lees. Lekker groep daai Oom 3 Poot
;D ;D ;D

Marius, die probleem kom egter wanneer jy iemand wil help en dan kry hy raad van 3 ander manne en 2 facebook groepe wat hy dan kombineer. Hy gee dan die data aan jou deur sonder om jou van sy nuwe manier van doen te verwittig of sonder om jou in te lig oor die verstelling van Tpl en die nuwe lot kruit wat hy gebruik het. >:D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Gevallestudie : 270TSX in 'n 375H&H

Post by tripodmvr »

Vertel jy my of moet ek jou my histo/eriese gevalle opnoem. My vriend is 'n tandarts en lyk my hy het volle vertroue in my vermoë om hom te help. Ek dink hy is oortuig na vandag se oefening. Ek kon gelukkig al die verstellings doen - hy moes net skiet.

Na sy probeerslag het ek hom met my 223 met knaldemper op laat skiet. Lyk my hy oorweeg nou so geweer wat minder as sy 375 skop.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Gevallestudie : 270TSX in 'n 375H&H

Post by Gawie(13mm) »

Marius, sommige manne wil net nie gehelp word nie. ;D
Daarvan kan jy sekerlik getuig.

Dankie vir jou moeite met die plasing. Dit bly maar lekker om te leer by manne met kennis en ondervinding.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2106
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm

Re: Gevallestudie : 270TSX in 'n 375H&H

Post by vossie1 »

Dit lyk na n lekker metode Oom Maruis, ek self was al skuldig om nie by die basics te hou nie, duur skoolgeld. Selfs ou Gawie het agter gekom hoe belangrik primers is :laugh:
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Gevallestudie : 270TSX in 'n 375H&H

Post by ruaanb »

oom Marius ek gebruik die manier soos hierbo ook nou al 'n rukkie na ek dit daar raak gelees het. Dit werk en maak dinge net nog makliker en vinniger.
User avatar
LoveHenties
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 413
Joined: Thu Jul 23, 2009 1:08 pm

Re: Gevallestudie : 270TSX in 'n 375H&H

Post by LoveHenties »

Die groot probleem is om die selfde soort punt en primer gekoop te kry. Dis die pyn van herlaai.
BRNO ZKK-600 .30-06
Sako Vixen .222
CBC .410 Pompie
CBC 12Br Pomp
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Gevallestudie : 270TSX in 'n 375H&H

Post by JPS »

Oom Marius,

Is die data reg in terme van die toets ladings se spoed? 2 gr kruit minder op eerste koeël het hoeër spoed gegee as die volgende lading? Indien dit so is is dit dan nie beter om ave spoed of or 3 skoete met midelmatige lading te neem nie?

Groete
Jan
Monster
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 361
Joined: Mon May 26, 2014 10:34 am

Re: Gevallestudie : 270TSX in 'n 375H&H

Post by Monster »

Dit lyk goed!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7988
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Gevallestudie : 270TSX in 'n 375H&H

Post by Arnold »

Verskoon to my aanmerking. As ek kyk na die eerste groep was ladingontwikkeling heeltemal onnodig en sou die eienaar tevrede gewees het met iets wat 'n gaatjie in die papier maak.

Die sinvolheid van 'n eenskoot spoed lesing is maar min. Ek sou eerder 68gr gelaai het waar die spoed van die skote naby mekaar blyk te wees.
Post Reply