My Sable jag

Post Reply
User avatar
OomMatt
Full Member
Full Member
Posts: 197
Joined: Tue Nov 17, 2015 1:48 pm

My Sable jag

Post by OomMatt »

Dag mede lede
En so werk ek nou op my bucket list , en net met die genade is ek geseend gewees om nou al die Buffel te kon skiet , maar het nou die naweek geleentheid gehad om Sable te kon jag.
Boer het laat weet sy teel bul moet af om plek te maak vir jonger man. So word al ons oues in die pad gesteek wanneer jy nie meer kan beform nie , ne.
Het met boer gereel vir Saterdag , en in die pad geval so skuins na 9uur Klerksdorp se rigting waar die plaas gelee is tussen Hartbeesfontein en Ottosdal.
Gou uit gepak , het ons die cruiser geklim en na die kamp gegaan waar hy loop. Vol randjies met vlaktes en gedeelte wat baie bos het , eers rond gery en soek na die kerel. Was toe nie in die vlaktes nie , het ons beweeg na die bos. Heen en weer gery , geloop maar niks. Tot ons na so uur - meskien uur en n half later die bul gekry in baie digte bos. Die het ons gewaar en gehatdloop.
PH se toe hy beweeg nou in die rigting van die vlaktes , en nie ver van daar is n dam nie , dat die bul in daai rigting gaan , klim ons toe weer op die cruiser.
So end gery met 2 spoor pad wat effens na regs draai sien ek toe die dam skuins na links , en sowaar die Sable bul in daai rigting +/- 200 tot 250m voor ons. Ry toe stadig nader , en PH se toe "daai bul gaan op die wal klim , oom maak reg". Gestop op +/- 120m , klim die bul toe wragtig die wal uit , steek vas , kyk terug na ons toe en begin stadig al op die wal regs beweeg.
Besef toe , as ek hom los , dat hy oor die wal loop , kan hy of regs terug bosse toe of links , soos die PH se , vlaktes toe , ek moet nou die handbriek vas maak.
Die goeie ou 9.3x62 blaf , met die 250gr Barnes TSX in die vlak af met n helse doef daar voor , trek die Sable daar weg met n stoffie. Draai regs bosse toe met die geklap van takke en sekondes later stulte.
Goeie skoot , net daar waar dit moet , 1/4 away styf agter die die been in , en daar le hy.
Wat n gevoel en oomblik.

Maar die storie stop nie hier nie.

Met die wat ons by die kamp in gaan en rond ry , op soek na die Sable , sien ek die man het Koper Springbokke , met een mooi ram wat daar rond pronk asof die plaas aan hom behoort , eers op so 100m , dan draf hy weg , dan op so 150m dan draf hy , gaan staan op +/- 200m plank dwars en kyk , begin die onderhandeling sommer so saam die gesoekery nou vir die Sable, en reel vir Sondag oggend.
Met die 30-06 ook daar skiet ons toe gou Sondag oggend op 200m , net om seker te maak. Beweeg toe weer na die kamp toe , en daar begin toe weer n gesoekery. Kry hom op so +/- 300m , maar dan hardloop hy asof hy oefen vir die Olimpise spele.
By die 4 of 5de keer wat ons hom toe kry , was so op 262m , druk ek daai 150gr Barnes TSX in sy rigting met die kenmerkende peof geluid , trek die rug krom , draf so 80m en ploeg neus eerste neer.

As alles net mooi werk , en geluk is aan jou kant , is dit darem lekker.

Dankie weer aan Geno vir die fotos , Dankie
Kry hom


//uploads.tapatalk-cdn.com/20170417/5999ea25b7e232df61131d74f49ce59f.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20170417/c81046e534b25f8d687f0d96be80272c.jpg
Last edited by Geno on Mon Apr 17, 2017 12:05 pm, edited 1 time in total.
Reason: Pics added
It's not whether you get knocked down …….. It's whether you get up!!!!
They may damage your pride , but never give them the
power to crush your spirit.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: My Sable jag

Post by PWV »

Geno hou nog langnaweek! :)

Baie geluk, oom Matt.
Last edited by PWV on Mon Apr 17, 2017 12:09 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Morne Van Der Merwe
Hero Member
Hero Member
Posts: 830
Joined: Sun Jul 12, 2015 4:48 pm

Re: My Sable jag

Post by Morne Van Der Merwe »

Baie geluk Oom, baie mooi vertel.
CZ 550 Ebony Edition 30-06
Musgrave K98 .270Win
Howa 6.5 Creedmoor
Gecado Mod 50 Windbuks
.284 Shehane
7mm PRCW
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2488
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: My Sable jag

Post by Flip Nel »

Baie Geluk Oom, mooi storie
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: My Sable jag

Post by ruaanb »

die oom is besig! baie geluk!

Sent from my SM-G900F using Tapatalk
JDKey
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 318
Joined: Fri Apr 12, 2013 9:14 am

Re: My Sable jag

Post by JDKey »

Geluk Oom Matt, wat is volgende op die lys?
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: My Sable jag

Post by theedge »

Baie mooi baie geluk
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: My Sable jag

Post by sako 30-06 »

Baie mooi bokke en trofees.

Baie geluk. Die lysie raak vinnig kleiner.
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Re: My Sable jag

Post by Ashley »

Pragtig.
Wat n voorreg om daai outjie van die lysie te kan afhaal.
Baie geluk!
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
User avatar
Ben Remington
Hero Member
Hero Member
Posts: 589
Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm

Re: My Sable jag

Post by Ben Remington »

Baie geluk oom...dis mooi diere.
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: My Sable jag

Post by Armand Steenkamp »

Baie geluk Oom Mat! Dis n bitter mooi springbok daai!

Groetnis
Doppies
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 86
Joined: Wed Oct 24, 2012 5:35 pm

Re: My Sable jag

Post by Doppies »

Pragtig Matt baie geluk met die mooi bok
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: My Sable jag

Post by FHM »

Netjies Matt en baie geluk, lekker gelees ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
neef
Full Member
Full Member
Posts: 135
Joined: Tue Jul 05, 2016 12:06 pm

Re: My Sable jag

Post by neef »

lekker vertel, geluk oom
Deel wat jy weet en jy sal wys word
Ruger Presision 6.5 cm
Sako 308win
Howa 204
Savage 243
coey .22
cz 75 p07 duty
Vektor SP1
Musgrave 12G pomp
Post Reply