Tuli blok 2017
- Stephan86
- Hero Member

- Posts: 553
- Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am
Tuli blok 2017
Na al OupaZA(Emile) se stories van laas jaar se Botswana jag, kon ek nie help om seker te maak dat ek die jaar saam te gaan jag nie. Na ‘n paar kinkels was jag in Botswana gereël en was ek gelukkig deel van die groep wat in Botswana se Tuli blok sou gaan jag. In die 4 maande wat ons moes wag vir die jag om te begin het ons baie tyd op die skietbaan en agter die herlaai bankie spandeer om seker te maak ons was reg vir die trip.
DAG 1. Ons permitte, paspoorte en dokumente was reg en na 5ure se ry was 9 van ons op die 15 000 Ha plaas waar meeste van die jag sou plaasvind (ons sou so ‘n bietjie ook jag op ‘n 140 000 Ha plaas, maar meer oor dit later). Ons het die middag gaan gewere inskiet op die vliegveld en al kla was daar twee rooibokramme wat ons geduld getoets het so 600 m weg.
Die eerste oggend het ek saam met Leonard geloop maar sonder enige opwinding of geleenthede, maar dit was weer ‘n ander storie vir Emile en wt-smit(glo hy sal uitbrei oor sy jag). Ek moet seker noem op my jag lysie was ‘n blouwildebees en ‘n Eland koei wat ‘n groot droom vir my is.
Die middag sessie het ek en Leonard weer saam geloop wat nie regtig bekend is vir Eland nie, maar meer vir rooibokke, varke en blouwillies. Na ‘n uur se stap kry ons eland spore en vars mis en so halfuur later weer, die keer is die mis bitter vars en sê Leonard vir my “ Ons gaan vandag in jou eland vas loop”. Sy woorde was nie koud nie toe ons die trop so 200 m voor ons tussen die bome sien. Ons het nader beweeg tot so op 150 m waar die skuiling opraak en toe begin werklikheid my tref, ek gaan my Eland skiet. Ons het die trop mooi deursoek en op ‘n baie mooi volwasse koei besluit. Sy het rond gedwaal en effe "Quartering away" begin vreet, ek het op die stoke myself gemaklik gemaak en die kruishaar agter op haar blad geplaas. Die skoot het geklap en dit was raak. Ons het nader geloop en ‘n enkele eland ‘n hele ent weg gesien, maar deur die verkyker en scopes het sy heel gesond gelyk. Ons het begin soek na bloed en hier het ek daai aaklige gevoel in my binnekant begin kry, dit was al skemer en ons moes plan maak. Die spore was alles in die rigting van daai alleen koei en ons was op haar spore agter haar aan maar die donker het ons gewen. Soos baie manne al weet dit is nie ‘n lekker aand wat saam met dit kom nie.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
- Stephan86
- Hero Member

- Posts: 553
- Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am
Re: Tuli blok 2017
DAG 2. Emile het die vorige aand gesê hy sal saam met my die Eland gaan soek en so is ons die oggend eerste ding agter haar aan. Na so ‘n uur van bo natuurlike spoorsny van ons gids (op slegs spore met geen bloed) sien ek haar lê onder ‘n bos. Met nabye ondersoek sien ons ek het my skoot so 3duim getrêk en haar in die pens geskiet waar ek moontlik lewer en milt getrêf het. Ek het steeds bitter sleg gevoel dat die dier op so ‘n manier moes sterf maar ek was baie bly ons het haar gekry het voor die jakalse en aasvoëls. Die res van die oggend het sonder teveel aksie verloop.
Die middag is ek en Emile weer uit, ek soek my blouwildebees en hy is oop vir ‘n rooibok of vark. Ons kom so om ‘n bos gestap en daar staan ‘n pragtige rooibokram vir ons en kyk, Emile was vining op die stoke en skiet die bok in die kuieltjie waar hy net daar neer slaan. Na ‘n paar mooi fotos word die pens getrêk en is ons daar weg. Nie lank nie kry toe nog ‘n rooibokram wat vir ons staar en Emile por my aan om hom te skiet, eers wil ek nie. Ons stap toe nader tot op 100m en steeds staan die bok en kyk vir ons, en ek besluit nou ja dit is ‘n teken. Ek skiet hom ook in die kuiltjie deur die hart, soos ons nader stap kom ek agter hoe ‘n mooi bok dit is, later sou ek uitvind hy het 41.3kg uitgeslag.
Die middag is ek en Emile weer uit, ek soek my blouwildebees en hy is oop vir ‘n rooibok of vark. Ons kom so om ‘n bos gestap en daar staan ‘n pragtige rooibokram vir ons en kyk, Emile was vining op die stoke en skiet die bok in die kuieltjie waar hy net daar neer slaan. Na ‘n paar mooi fotos word die pens getrêk en is ons daar weg. Nie lank nie kry toe nog ‘n rooibokram wat vir ons staar en Emile por my aan om hom te skiet, eers wil ek nie. Ons stap toe nader tot op 100m en steeds staan die bok en kyk vir ons, en ek besluit nou ja dit is ‘n teken. Ek skiet hom ook in die kuiltjie deur die hart, soos ons nader stap kom ek agter hoe ‘n mooi bok dit is, later sou ek uitvind hy het 41.3kg uitgeslag.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
- Stephan86
- Hero Member

- Posts: 553
- Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am
Re: Tuli blok 2017
DAG 3. Die boer het besluit dat ons middagete op die groot plaas langs die Limpopo sou hou, dus sal ons op die groot plaas gaan jag. Die plaas is opgedeel in omtrent 1000 Ha bees kampe en elke groep sou in sy eie kamp jag. Daai plek is wyd, hier in SA jag ‘n hele groep gereeld op plase kleiner as 1000 Ha. Die oggend het ek en Emile baie kanse op rooibokke gekry, maar die varke en beeste wou net nie saamspeel nie.
Middagete se tye het nie mooi uitgewerk nie en ons het en ons het eers na 4 in die veld gekom. Teen die tyd was meeste manne se voete al gaar geloop en het ‘n bietjie diesel bekruip soos oom PWV dit noem. Ek en Leonard is toe saam agter die blouwildebeeste aan. Ons het ‘n baie mooi bul raak geloop maar hy wou nie vir ons ‘n skoot gee nie. Die tyd het verby gevlieg en 17:45 het ek geweet ek gaan nie my bees kry nie. Ons het gedraai in die rigting van die pad waar die bakkie ons sou oplaai en 100 m van die pad af loop ons toe vas in ‘n trop blouwildebeeste. Die wind was perfek maar daar was ‘n rosyntjiebos in die pad. Met skuiling van die einste rosyntjiebos bekruip ons die koei tot op 30 m. Die stoke word oop gemaak en ek lê aan op die kop maar toe druk sy haar kop in ‘n bos. Ek verskuif die kruishaar tot op die knoppe en trek die sneller. Na die skoot is dit net stof en hare. Die koei kom om ‘n bos en val 20 m voor on sneer. En met die Afrika son wat agter ons sak kom ons jag tot ‘n einde.
Middagete se tye het nie mooi uitgewerk nie en ons het en ons het eers na 4 in die veld gekom. Teen die tyd was meeste manne se voete al gaar geloop en het ‘n bietjie diesel bekruip soos oom PWV dit noem. Ek en Leonard is toe saam agter die blouwildebeeste aan. Ons het ‘n baie mooi bul raak geloop maar hy wou nie vir ons ‘n skoot gee nie. Die tyd het verby gevlieg en 17:45 het ek geweet ek gaan nie my bees kry nie. Ons het gedraai in die rigting van die pad waar die bakkie ons sou oplaai en 100 m van die pad af loop ons toe vas in ‘n trop blouwildebeeste. Die wind was perfek maar daar was ‘n rosyntjiebos in die pad. Met skuiling van die einste rosyntjiebos bekruip ons die koei tot op 30 m. Die stoke word oop gemaak en ek lê aan op die kop maar toe druk sy haar kop in ‘n bos. Ek verskuif die kruishaar tot op die knoppe en trek die sneller. Na die skoot is dit net stof en hare. Die koei kom om ‘n bos en val 20 m voor on sneer. En met die Afrika son wat agter ons sak kom ons jag tot ‘n einde.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
- Stephan86
- Hero Member

- Posts: 553
- Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am
Re: Tuli blok 2017
Hier is nog so 'n paar ander kiekies van die ander manne.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
- Stephan86
- Hero Member

- Posts: 553
- Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am
Re: Tuli blok 2017
En nog

Hier is Emile se makoeloe jakals soos hy sal sê
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Tuli blok 2017
Welgedaan! Dit lyk lekker!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Tuli blok 2017
Watter koele het die skade gedoen?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- OupaZA
- Hero Member

- Posts: 588
- Joined: Mon May 19, 2014 11:29 am
Re: Tuli blok 2017
Hi Oom,
Ek en Stephan skiet 308 130ttsx,
Groete
Ek en Stephan skiet 308 130ttsx,
Groete
458 Lott Heym Express Rifle
308 Tikka T3 Hunter
223Ai T3 Super Varmint
.22 LR Wins
Hoyt Element 80#
308 Tikka T3 Hunter
223Ai T3 Super Varmint
.22 LR Wins
Hoyt Element 80#
- OupaZA
- Hero Member

- Posts: 588
- Joined: Mon May 19, 2014 11:29 am
Re: Tuli blok 2017
Hi Jule,
Ek deel met jule my eerste ogend (soos stephan genoem het hierbo) dit was een van daai wat mens voel jy is in die kruger wildtuin.
Ons het seka in die eerste 10min se stap amper 'n Zebra gekry, my broer (wt-smit) het hom toe later gekry soos jul kan sien in die fotos hierbo. Daar was ook 'n aleen BWB bul saam maar kon nie 'n skoot kry nie. Na so 15min se stap kry ek 'n kans op so 60m op BWB bees wat stadig wy, ons kry gou die stokke reg... kruis haar gaan rus agter die blad en die skoot gaan af, ons hoor hoe breek hy deur 'n roesyntjie bos en toe stilte. Ons stap nader en kry hom so 10m van waar hy weggetrek het. Skoot was mooi laag net agter blad bietji Quartering away.
Na seka nog so 13min se stap, kry ons weer 'n tropie BWB onder 'n boom staan (so 80m), William is op die stokke. Hy maak gereed, daar stap toe 'n bul bietjie kant toe en tel sy kop mooi op, weg van die ander. William besluit dis sy kans en gee die bul 'n barnes net so onder die oë. Pragtige skoot en die bul is morsdood.
Ons het elk nog 'n rooibok ram geskiet (kopskote) so +-50m vêr.
Dus teen 11:15, 2 BWB bulle en 2 Mooi rooibok ramme,
Al die boke geskiet met Tikka 308 130ttsx 2910fps
Kan al klaar nie meer wag om terug te gaan nie

- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 589
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Re: Tuli blok 2017
Dit lyk nou lekker....puik fotos ook.
- Morne Van Der Merwe
- Hero Member

- Posts: 830
- Joined: Sun Jul 12, 2015 4:48 pm
Re: Tuli blok 2017
Baie mooi fotos, geluk met die wild.
Groete
Morne
Groete
Morne
CZ 550 Ebony Edition 30-06
Musgrave K98 .270Win
Howa 6.5 Creedmoor
Gecado Mod 50 Windbuks
.284 Shehane
7mm PRCW
Musgrave K98 .270Win
Howa 6.5 Creedmoor
Gecado Mod 50 Windbuks
.284 Shehane
7mm PRCW
- Ashley
- Hero Member

- Posts: 1046
- Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm
Re: Tuli blok 2017
Uitstekende fotos Stephan en Oupa! Baie geluk julle.
Daai 130's maak baie mooi..
Daai 130's maak baie mooi..
Groete
Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
-
phillip koen
- Newbie

- Posts: 4
- Joined: Thu Jun 25, 2015 7:27 pm
Re: Tuli blok 2017
Ons het ook by dieselfde plek gejag in April! Beste jag ervaring nog, Gerhard is 'n yster!
- Springkudu
- Hero Member

- Posts: 764
- Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am
Re: Tuli blok 2017
Daai lyk baie lekker, baie geluk met julle bokke
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
- Rudie
- Hero Member

- Posts: 971
- Joined: Thu Dec 26, 2013 12:06 pm
Re: Tuli blok 2017
Baie geluk julle. Klink omtrent na 'n lekker jag.
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
-
FrancoisW
- Sr. Member

- Posts: 295
- Joined: Mon Dec 09, 2013 2:48 pm
Re: Tuli blok 2017
Dit is baie mooi bokke. Lyk bitter lekker
375 Truvelo,30-06 Sabi Mauser, 243 Howa, .22 Brno Model 2
12Br Antoni Zoli S/S
12Br Antoni Zoli S/S
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Tuli blok 2017
Baie geluk met al die mooi bokke!
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7568
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Tuli blok 2017
Lekker Boys!
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Tuli blok 2017
Goeie werk, dankie vir die deel
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
-
Quintin2812
- Newbie

- Posts: 39
- Joined: Sun Jan 26, 2014 6:47 am
Re: Tuli blok 2017
Altyd great memories by Koch Safaris.
- Stephan86
- Hero Member

- Posts: 553
- Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am
Re: Tuli blok 2017
Ja kyk Gerhard is 'n lekker mens, dit was 'n plesier om by hom te jag.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3140
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: Tuli blok 2017
Demmit, dit moet 'n droomjag vir elke jagter wees.