Manne ek het die naweek weer 'n geleentheid gehad om 'n draai te stap in die veld en die Hemelse Vader het my geseën met 'n pragtige Rooiribbok Ram wat ek in die berge kon skiet.
Ek het die ram geskiet met my 25-06 gelaai met 110gr Nosler Accubonds teen 3,100 ft/s. Die skoot was 'n bladskoot op 170m 30 grade op in die berg.
Die bokke laat jou bloedsweet maar dis vrek lekker om hulle in die berge te jag!
Oos Kaap Rooiribbok Ram
- Brno308 jagter
- Full Member

- Posts: 202
- Joined: Tue Jan 12, 2010 10:04 am
Oos Kaap Rooiribbok Ram
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Ashley
- Hero Member

- Posts: 1046
- Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm
Re: Oos Kaap Rooiribbok Ram
Baie mooi gedoen!
Mooi bok daai. Ja berge jag is lekker tot jy perongeluk n Kudu daar klits
.
Baie geluk
Mooi bok daai. Ja berge jag is lekker tot jy perongeluk n Kudu daar klits
Baie geluk
Last edited by Ashley on Mon Jun 19, 2017 1:37 pm, edited 1 time in total.
Groete
Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1111
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Oos Kaap Rooiribbok Ram
Baie geluk, dit is baie lekker jag daardie! Ek verlang sommer terug Phillipolis se rante toe waar ek as kind ribbokke kon gaan jag.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
- Brno308 jagter
- Full Member

- Posts: 202
- Joined: Tue Jan 12, 2010 10:04 am
Re: Oos Kaap Rooiribbok Ram
Dankie Kerels, ja die Oos-Kaap jag is darm maar bitter lekker, ek myself as 'n Johannesburger het altyd gedink alle mooi jagplekke lê Noord tot ek in 2015 vir die eerste keer in die Oos-Kaap gejag het, daarna het my hele opinie oor "lekker jag" aansienlik verander !
-
koos 2
- Hero Member

- Posts: 734
- Joined: Tue Mar 18, 2014 5:01 pm
Re: Oos Kaap Rooiribbok Ram
Pragtige bok. Baie geluk aandie jagter !!
-
honda2
- Full Member

- Posts: 194
- Joined: Wed Sep 23, 2015 2:16 pm
Re: Oos Kaap Rooiribbok Ram
Baie mooi bok. Uit nuuskierigheid- Wat slag so bok uit en is die vleis lekker?
- Brno308 jagter
- Full Member

- Posts: 202
- Joined: Tue Jan 12, 2010 10:04 am
Re: Oos Kaap Rooiribbok Ram
Die ramme slag so tussen 16kg en 22kg uit karkas gewig. My spesifieke ram het 20kg uitgeslag. Hulle vleis is puik en baie sag, mens maak nie biltong met daai vleis nie, mens kook of braai hom liewers. Jy kan 'n ribbok boud baie maklik net soos 'n skaap boud in die oond maak vir 'n Sondag middag ete.honda2 wrote:Baie mooi bok. Uit nuuskierigheid- Wat slag so bok uit en is die vleis lekker?
Jy kan maar gerus een gaan jag vir sy vleis!
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Oos Kaap Rooiribbok Ram
Baie mooi ribbok daardie. Dis 'n kuns om hulle op te spoor en onder skoot te kry.
- Brno308 jagter
- Full Member

- Posts: 202
- Joined: Tue Jan 12, 2010 10:04 am
Re: Oos Kaap Rooiribbok Ram
Baie dankie, ja die berg jag gogga het my gebyt en ek geniet die uitdaging!win270 wrote:Baie mooi ribbok daardie. Dis 'n kuns om hulle op te spoor en onder skoot te kry.
