Another bad day in Zululand

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Another bad day in Zululand

Post by Pappabeer »

n Week of twee terug sit ek die dinsdag en gesels met ons plaaslike slagter oor bosvark jag. Die gesprek is ietwat vreemd, seinde ons om n teatertafel sit en ek besig is om die man se vinger te amputeer nadat hy en die Octo bandsaag slaags geraak het, en soos dit maar gaan is daar gewoonlik net een wenner in daardie stryd. Ieder geval, die man beweer sy varkworsies en Salami is die beste in Natal, en sê as ek weer n bosvark skiet moet ek dit bring vir hulle om te verwerk.

Ek besluit toe daar en dan my werksweek was lank genoeg, en n uur en twee oproepe later is ek en n vriend oppad na die oewers van die Tugela. Op pad suid het ek my bedenkinge uitgespreek oor of ons geluk sou draai - ek het sedert November 2016 seker 15 of 16 onsuksesvolle aande gehad by vark voerplekke en loop en bekruip in maanlig. Met twee ure se lig oor het ons die noord oewer van die rivier begin werk met die hoop om dalk n mooi bosbokram of per toeval n vark raak te loop. Skaars 45 minute se jag later het ek na n 2 hektaar oopte beweeg, en met die son agter my het ek begin soek vir wild. Daar was nie minder as drie bosbok ramme in die area nie, almal salig onbewus van ons en rustig aan die wei in die dag se laaste sonlig. Ek het opgemerk die ram naaste aan die oopte se rand is mooi donker, en het die beste kans op n skoot gebied na n kort bekruip. Ek kon so 100m van hom af kom, en moes toe n skoot uit die vuis uit neem met die .416 Ruger. Die bosbok het vir my gekyk en die 350gr A-frame is sonder moeite deur die lengte van sy lyf, en hy het net daar neergesak.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170702/da271f4e0f9a26f1c1450e577828afc5.jpg
Ek kon natuurlik nie vir n mooier bok vra vir die geweer se eerste bloed nie, en met dit was die dag gemaak. Ons het egter gekom vir bosvarke, en met die bosbok gelaai is ons op na die voerplekke toe om te kyk wat die wind maak, en te besluit waar ons gaan sit. Soos genoem was my dag reeds gemaak, en het ek nie veel omgegee of n vark gaan inkom nie. Na sowat twee ure op die voerplek was ek vas oortuig ons gaan weer nie n vark sien nie. Ek het witkwas jakkalse, muishonde en n ystervark deur die nagsig dopgehou op die voer, en was teen die einde vermaak deur n musseljaatkat wat self kom eet het. Na n wyle het ek ingesluimer, toe n enkele macadamia wat klap my terugruk realiteit toe. So stil soos ek kon het ek die ou nagsig aangesit en n enkele vark op die voer gesien. Op 60m lyk hulle maar klein deur die 2,5x vergroting, en ek het eers gedink dis n jong beer. Die verligte kruis het vanself op die vark se blad te ruste gekom en die skoot uit die ou Winchester .308 het ast ware as n verassing gekom. Ons kon hoor die vark is swaar getref, en hy het so 60m in die suikerriet gehaal voor hy dood is. By hom aangekom het ek eers besef hoe groot hy is. Ek is spyt ons kon hom nie weeg op die hoef nie, maar sy skoon karkas was 57kg en spekvet.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170702/f45eec8dc19c80e4ea2570feeb557d8b.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170702/6f12ccb3803c82a3fd045f15b91aec06.jpg

Die .308 was gelaai met bruinboks phillemon 180gr koeëls teen 2200fps, en die koeël het utstekend gevaar:
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170702/cf2ada1da405db54534038d2e4dfa06a.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170702/f515b82506fd6b23f5990f7d0054a30a.jpg

Ek is mal daaroor om beide hierdie twee species te jag, en n beter dag se jag kry mens nie sommer in KZN nie. En ja, die varkworsies, salami en kaasworsies is beslis so goed soos wat belowe is...


Sent from my iPhone using Tapatalk
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
koos 2
Hero Member
Hero Member
Posts: 734
Joined: Tue Mar 18, 2014 5:01 pm

Re: Another bad day in Zululand

Post by koos 2 »

Baie dankie vir die deel, regtig mooi oorgedra.
Baie gelukaan die jagter
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Another bad day in Zululand

Post by DWB »

Mooi man!!! Weereens geluk!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 981
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Re: Another bad day in Zululand

Post by Gerhardu »

Baie mooi PBeer!Jy maak n man jaloers. Jy ken ook die standaard van hoe n bosroer moet wees.
.
User avatar
Konrad308
Full Member
Full Member
Posts: 210
Joined: Mon Feb 15, 2016 12:07 pm

Re: Another bad day in Zululand

Post by Konrad308 »

Baie geluk Dewald.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk
22 Beretta Mod 70
22 Brno Mod 2E
223 Rem Sako A1
6mm Dasher Winchester Mod 70
6.5 x 47 Lapua Howa
308 Win Musgrave RSA
300WSM Tikka T3 Varmint
30-06 Spring Howa
375 Ruger Howa
Pointer 12 Guage Semi-Auto
9mm CZ 75 P-07 Duty
Ruger Super Blackhawk 44Mag
Ockert1992
Hero Member
Hero Member
Posts: 826
Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm

Re: Another bad day in Zululand

Post by Ockert1992 »

Geluk Dewald. Dit is n baie mooi bosbok daardie. Vertel bietjie meer van daardie 416 Ruger?
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Another bad day in Zululand

Post by ruaanb »

netjies baie geluk!

Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Another bad day in Zululand

Post by Mellies »

Mooi man!

Met n vleisie...
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Another bad day in Zululand

Post by Gawie(13mm) »

Sies man! Jy maak nie mooi nie. ;)
Tussen jou en Ben, laat julle ons verlang na plekke waar ons nog nie was nie.
Dankie vir die deel!
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13509
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Another bad day in Zululand

Post by Capt. Yoda »

Diep lekker DrBeer!
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Another bad day in Zululand

Post by Pappabeer »

Dankie vir die gelukwense manne.
Ockert1992 wrote:Geluk Dewald. Dit is n baie mooi bosbok daardie. Vertel bietjie meer van daardie 416 Ruger?
Ockert, dit is n Ruger Hawkeye Alaskan. Hulle het n 20" loop uit die fabriek uit, met die Hogue kolf. Ek het bloot die sagte recoilpad wat aan alles vashaak met n Pachmayr vervang, en die rails en ramp poleer om gladder te voer. Daar is n Swarovski Z6 1-6x24 op Alaskan Arms QD monterings op- dis n gesprek vir n ander dag, maar dis van die beste QD monterings waarmee ek nog gewerk het. Ek skiet tans 350gr Swift A-frames teen 2400fps.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Another bad day in Zululand

Post by tripodmvr »

Baie geluk. Die ander uitdrukking wat met joune vergelyk is "Another boring day in Africa"
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
johnf
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 65
Joined: Mon Dec 10, 2012 7:44 am

Re: Another bad day in Zululand

Post by johnf »

Veels geluk, ek het hiedire jaar n vet beer vlakvark geskiet, daar is iets van varke wat my lat glimlag. Ek weet nie hoe lank ek gaan wag vir so n mooi bosvark, geniet die slaghuis produkte.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Another bad day in Zululand

Post by Wouter Roets »

Lekker Dewie!!!
honda2
Full Member
Full Member
Posts: 194
Joined: Wed Sep 23, 2015 2:16 pm

Re: Another bad day in Zululand

Post by honda2 »

Baie netjies. 2 spesiaales op een dag. Welgedoen!
User avatar
Springkudu
Hero Member
Hero Member
Posts: 757
Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am

Re: Another bad day in Zululand

Post by Springkudu »

Baie netjies
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Another bad day in Zululand

Post by Smitstertjies »

Nice Dewald! Mooi foto wat jy geneem het van die bosbok.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Another bad day in Zululand

Post by Chevvy SS »

Baie geluk! Mooi diere daardie.
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Re: Another bad day in Zululand

Post by Ashley »

Baie nice, geluk.
Daai Pmp lyk baie goed!
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
FrancoisW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 295
Joined: Mon Dec 09, 2013 2:48 pm

Re: Another bad day in Zululand

Post by FrancoisW »

Albei baie mooi. Geluk
375 Truvelo,30-06 Sabi Mauser, 243 Howa, .22 Brno Model 2
12Br Antoni Zoli S/S
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Another bad day in Zululand

Post by Frederik »

Netjies geluk met twee prag diere
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Another bad day in Zululand

Post by DawieKotze »

Baie geluk - moes 'n baie lekker ondervinding gewees het!

Groetnis
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
Post Reply