16 Junie net voor 6:00 ontmoet almal mekaar by die shell garage om petrol te gooi, koffie te koop en gou te groet voor ons afdraai op die N4 oppad plaas toe.
Net na 8:00 staan ons in die veld en almal kry kans om gou die gong te skiet net om daai extra self vertroue te kry om die skoot op n lewendige bok te trek. Ek si ook n Blesbok target op en almal skiet verbasend goed in die kill zone.
Veld toe is ons, die een seun skiet n Blesbok met my 243 en die bok slaan neer soos n sak as. Die bakkie kom en ons stap nader. Ek sien die bok spartel kwaai, ek wilweer skiet, my swaer se los hy gaan nou vrek. Daar spring die bok op, ek gryp n geweer en skiet agter na, mis. Ek hol n ent, ek steek vas, doef, mis...
Kyk toe hol daai bok, derde probeer slag tref ek hom en hy val. Ek staan en blaas, daar spring daai bok op en hy gaaaaaaan. Ek is weer agter na en gooi n skoot uit desperaathei agterna. Net na die skoot trap ek in n sloot en neuk neer en maak so snaakse duikrol. Toe ek myself op kry toe het ek geen idee watse rigting daai Blesbok is nie. Na n massiewe soek tog lewer dit n paar druppels bloed op. Die gidse soek die res van die dag en die hele saterdag en kry n paar druppels bloed. Die jong seun se moed is gebreek en ons praat hom moed in en verduidelik hom dat sulke goed ongelukkig gebeur.
Later stap ons weer en soek die Blesbok. My swaer bel my en se ek moet kom kyk hier le n wildebees en staan op en val en hol so ent weg en val weer. Toe ek daar kom sien ek dis n ou koei maar sy lyk in top kondisie. Ek haal die ou vrou toe uit haar elende uit met n skoot op die oor.
http://i262.photobucket.com/albums/ii113/hugof99/IMG_1049.jpg
Die kids is in die sewende hemel en almal help slag, tot die dogtertjies neem deel en wil weet wat is wat en waarom lyk dit so en wat stink so.
http://i262.photobucket.com/albums/ii113/hugof99/IMG_1103.jpg
http://i262.photobucket.com/albums/ii113/hugof99/IMG_1059.jpg
http://i262.photobucket.com/albums/ii113/hugof99/IMG_1051.jpg
http://i262.photobucket.com/albums/ii113/hugof99/IMG_1061.jpg
Die volgende dag kry ons n trop wildebeeste en die een seun (21) se hy sien n rooibok by hulle, ek dog eers hy yl. Maar toe na n ent se se bekruip staan daar n rooibok ram mooi plank dwars vir ons en yk op so 125 tree skat ek. Mooi oor die skiet stok en die bok hol nie eers 10 tree met sy neus in die sand nie.
http://i262.photobucket.com/albums/ii113/hugof99/IMG_1087.png
Op nadere inspeksie vind ek die in sy oor... so ou tag bokkie wat ons paar jaar gelede in gekoo het vir nuwe bloed. Oeps...
http://i262.photobucket.com/albums/ii113/hugof99/IMG_1073_1.jpg
Weer is die slag n fees vir die jonges...
http://i262.photobucket.com/albums/ii113/hugof99/IMG_1074.jpg.
My jongste staan en eet haar pap en geniet die slagtery.
http://i262.photobucket.com/albums/ii113/hugof99/IMG_1063.jpg
Laat saterdag middag is on gelukig en kry die Blesbok ooi saam n trop in n oop vlakte, die seun skiet n great skoot op 110 tree.
http://i262.photobucket.com/albums/ii113/hugof99/IMG_1084.jpg
Wat n lekker naweek saam die kinders en eerste jagters.
Eerste jag ervarings
-
dehacked
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Eerste jag ervarings
lekkerte!
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
- Konrad308
- Full Member

- Posts: 210
- Joined: Mon Feb 15, 2016 12:07 pm
Re: Eerste jag ervarings
Lekker!
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
22 Beretta Mod 70
22 Brno Mod 2E
223 Rem Sako A1
6mm Dasher Winchester Mod 70
6.5 x 47 Lapua Howa
308 Win Musgrave RSA
300WSM Tikka T3 Varmint
30-06 Spring Howa
375 Ruger Howa
Pointer 12 Guage Semi-Auto
9mm CZ 75 P-07 Duty
Ruger Super Blackhawk 44Mag
22 Brno Mod 2E
223 Rem Sako A1
6mm Dasher Winchester Mod 70
6.5 x 47 Lapua Howa
308 Win Musgrave RSA
300WSM Tikka T3 Varmint
30-06 Spring Howa
375 Ruger Howa
Pointer 12 Guage Semi-Auto
9mm CZ 75 P-07 Duty
Ruger Super Blackhawk 44Mag
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Eerste jag ervarings
Lekker man
- Springkudu
- Hero Member

- Posts: 757
- Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am
Re: Eerste jag ervarings
Lekker. Goed om te sien die jong klomp spring ook in!!! Baie geluk
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
- Ashley
- Hero Member

- Posts: 1046
- Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm
Re: Eerste jag ervarings
Daai is nou baie mooi vertel.
Baie geluk julle! Dit lyk regtig of almal dit geniet het.
Baie geluk julle! Dit lyk regtig of almal dit geniet het.
Groete
Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP