Lekker swaar Kalaharibul...
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 589
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Lekker swaar Kalaharibul...
Goeie naand...
Ek en pel is gou vinnig vanoggend Kalahari se kant toe...hy wou 'n mooi Kalaharibul skiet. Ons was lekker vroeg in die veld en die veld was vol lewe..die tweespoor sandpaadjies was vol spore van die naglewe wat sopas verby was. Kuduspore van die vorige nag was oral sigbaar by die krippe en ons het twee mooi kuduversies naby die water gekry waar hulle doodstil in die weste skadu van 'n Witgat gestaan het. Kort kort het 'n duiker of twee voor ons opgespring en Neushorings was oral sigbaar op die droë Kameelhoutstompe. Ek het my op 'n stadium verbeel ek sien beweging aan die skadukant van 'n Witgat en toe ek mooi kyk sien ek daar staan 'n mooi bul met sy nek en horings wat laag hang terwyl hy na ons loer en skielik staan daar nog twee bulle...al drie het mooi vertoon , hulle spring toe weg en hardloop toe net so entjie en gaan steek vas met die grootste een van die drie wat effe skuins na ons kant toe staan. Tussen ons en hom is toe op daardie oomblik paar droeë Bessiebos takke en gelukkig druk hy toe sy bors effe links uit en toe klap die skoot. Die bul hardloop toe reg weg van ons af met 'n lekker stofwolk wat so vyftig meter vanaf sy wegspringplek opslaan bo die bosse. Ons het so paar minute gewag en toe stadig begin stap na die plek waar hy gestaan het, daar was geen bloed nie en ons het die hond losgemaak en so entjie verder het die mooi bul gelê met 'n baie mooi hartskoot. Die kaliber was .243 met 87gr Berger VLD. Die punt het mooi bo deur die hart gegaan en aan die anderkant net onder die hartvlies vasgesteek.
Groetnis

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 589
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Re: Lekker swaar Kalaharibul...
...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3653
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Lekker swaar Kalaharibul...
Baie mooi bul Ben,
Wil jou vriend nie uitgeken word nie?
Groete
Wil jou vriend nie uitgeken word nie?
Groete
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 589
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Re: Lekker swaar Kalaharibul...
JPS...JPS wrote: Wil jou vriend nie uitgeken word nie?![]()
Groete
Ons haal niks meer van ons koppe af nie...ons het al te veel keppe en hoedens so gelos in die veld, ons jag baie en sal skade ly op die manier.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Lekker swaar Kalaharibul...
Daardie koeël penetrasie was net genoeg!!!!!!! Wys maar dat die groter kaliber en swaarder projektiele ekstra versekering gee.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Ashley
- Hero Member

- Posts: 1046
- Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm
Re: Lekker swaar Kalaharibul...
Baie mooi bul daai julle. Geluk!
Groete
Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3653
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Lekker swaar Kalaharibul...
Daai is slim jaBen Remington wrote:JPS...JPS wrote: Wil jou vriend nie uitgeken word nie?![]()
Groete
Ons haal niks meer van ons koppe af nie...ons het al te veel keppe en hoedens so gelos in die veld, ons jag baie en sal skade ly op die manier.
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Lekker swaar Kalaharibul...
Baie mooi bul (en mooi hond). Dis darem lekker as jy vroeg oggend in die veld kom en die tekens is so warm en die veld lewe!

Ek stem met oom, as ek kyk hoe lyk harte wat die 9.3 geskiet het.tripodmvr wrote:Daardie koeël penetrasie was net genoeg!!!!!!! Wys maar dat die groter kaliber en swaarder projektiele ekstra versekering gee.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2487
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Lekker swaar Kalaharibul...
Mooi Bul, dankie vir die deel
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Lekker swaar Kalaharibul...
Mooi bul daai Bennie en n baie mooi skoot. Sê vir jou vriend hy moet bietjie loer na 82gr lrh krieke. Hulle penatreer iets verskrikliks, werk mooi op die groter bokke.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Lekker swaar Kalaharibul...
Het self al kudus laat val met my 243 en monos. het 'n bul in die Ooskaap op 300m + geskiet van bo uit 'n krans. Daardie 80gr koeël is skuins van bo in die rug in en het in die brisket vasgesit. Perfekte "X" soos met al die Barnse.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Springkudu
- Hero Member

- Posts: 764
- Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am
Re: Lekker swaar Kalaharibul...
Baie mooi Bul, voorreg!! Party manne sal deur die loop van hulle jag loopbaan nooit die kans kry op so 'n bul, ek wag ook nog vir myne.
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Lekker swaar Kalaharibul...
Korrekte skootplasing . . . dis maar die ding.
- Plaashaas
- Hero Member

- Posts: 1018
- Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Re: Lekker swaar Kalaharibul...
Nou hoeveel was "lekker swaar"?
Geluk aan die jagter
Geluk aan die jagter
-
koos 2
- Hero Member

- Posts: 734
- Joined: Tue Mar 18, 2014 5:01 pm
Re: Lekker swaar Kalaharibul...
prag bul
Baie geluk aan die jagter
Baie geluk aan die jagter
- heywillie
- Hero Member

- Posts: 1237
- Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm
Re: Lekker swaar Kalaharibul...
baie mooi !
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Lekker swaar Kalaharibul...
Baie geluk Ben - pragtige bul daai.Plaashaas wrote:Nou hoeveel was "lekker swaar"?
Geluk aan die jagter
Kom ek is stout en skat daai bul uitgeslag 160 Kg...?
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Lekker swaar Kalaharibul...
Gaan ons nou nie hoor wat die bok uitgeslag het nie Ben...
Jy jag seker weer erens - party mense het darem maar net die lewe!
Jy jag seker weer erens - party mense het darem maar net die lewe!
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 589
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Re: Lekker swaar Kalaharibul...
Ek stem 100 persent saam...in ag geneem dat die skoot heelwat oor die 250m was. Dit sou heel moontlik anders uitgedraai get as die punt bv nie deur 'n dik been kon kom nie.tripodmvr wrote:Daardie koeël penetrasie was net genoeg!!!!!!! .
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 589
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Re: Lekker swaar Kalaharibul...
Win270...win270 wrote:Korrekte skootplasing . . . dis maar die ding.
Ek stem saam met jou...ek het die afgelope winter heelwat kwesbokke gesien wat met swaar kalibers geskiet was....maar ons het hulle darem almal gekry met hulp van die honde.
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 589
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Re: Lekker swaar Kalaharibul...
Plaashaas hy was 210kg.Plaashaas wrote:Nou hoeveel was "lekker swaar"?
Geluk aan die jagter
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 589
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Re: Lekker swaar Kalaharibul...
FHM..FHM wrote:Gaan ons nou nie hoor wat die bok uitgeslag het nie Ben...
Jy jag seker weer erens - party mense het darem maar net die lewe!
Jammer vir die laat terugvoer...was die heel week in die veld.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Lekker swaar Kalaharibul...
Is dit karkasgewig alleen?Ben Remington wrote:Plaashaas hy was 210kg.Plaashaas wrote:Nou hoeveel was "lekker swaar"?
Geluk aan die jagter
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 589
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Re: Lekker swaar Kalaharibul...
Dis reg ja....die area waar ons was is bekend vir swaar bulle....ook die swaarste waar ek nog by was...mens kan seker so 2kg aftrek vir die staalhakke wat deur die agtervoete was toe ons hom gehang het..dalk was die hakke effe ligter...nie heeltemal seker nie.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Lekker swaar Kalaharibul...
Swaarste wat ek al self moes help indra by die slagter was 185kg - naby Fochville geskiet.
Dit is 'n overdentelike bul daardie !!!!!!!!!