Blouwildebees Rump

Gebruik van masjinerie, metodes om vleis op te sny , vleis meule, vleis saag, vleis verwerkings messe-slagmesse , stop van wors, ens. kan in die afdeling aanspreek word. The How To on working with meat and game.
Post Reply
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Blouwildebees Rump

Post by Boesman10 »

Ek het drie besoekers komende Sondag - 1 x Engelsman, 1 x Duitser en 1 x Amerikaner. Ek het 1.8 kg se BWB prima rump. Wat is jou "Uit Hierdie Wereld" resep daarvoor en watter voorbereiding moet ek doen tussen nou en dan. Het gedink om hulle te hang en bietjie te droog verouder tussen nou en dan. Voorstelle manne?
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Blouwildebees Rump

Post by Jean Marais »

Ek het vir jou 'n resep hieronder aangeheg. Dis 'n absolute wenner!!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2592
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Blouwildebees Rump

Post by JohanvB »

Jy vryf hom met bruin suiker, genoeg sout en pepper, laat lê in olyfolie en worcester sous vir so uur, braai so 20cm hoog van vuurwarm kole vir so 15 minute...haal dan af. Draai toe in tin foelie, sommer goed, en draai dan toe in kombers en laat staan vir 30min...da nooi jy my..
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Blouwildebees Rump

Post by joe rocket »

1x Bottel knorr italiaanse slaai sous.
1x suurlemoen.
3x huisies vars knoffel, fyngekap.
Growwe swart peper na smaak.
6 gun spice of sout na smaak.
Bietjie Worcestershire sous.
Vars of gedroogde gemengde kruie na smaak.
Marineer die steak vir minstens 48 uur.
Braai rare of medium rare nie mo€r toe nie
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Spartan
Newbie
Newbie
Posts: 26
Joined: Fri Jan 27, 2017 7:23 pm

Re: Blouwildebees Rump

Post by Spartan »

Hierdie resepte klink so lekker, ek is sommer lus en gaan skiet vir my 'n bloue net om hierdie te kan uittoets. :)
Thompson Center 50 Cal
12 GAUGE P/A WINCHESTER
22 LR SAVAGE
22 MAGNUM MARLIN
22-250 SAVAGE MOD12
303 P14
30-06 BRNO
375 H&H SAKO
300 WIN MAG MUSGRAVE
260 SAKO TRG-22
308 CZ 750
6.5x284 NORMA KRIEGER / SAVAGE
338 LAPUA MAGNUM SAVAGE 110BA
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Blouwildebees Rump

Post by Jean Marais »

Hallo Boesman

Eks nou nuuskierig jong. Watter resep het jy toe gebruik?
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Blouwildebees Rump

Post by DawieKotze »

Hallo Jean - waar het jy die vino cotto gekoop in daai resep van jou? Geeneen van die winkels hier hou dit aan of weet eens daarvan nie.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4792
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Blouwildebees Rump

Post by Carl »

DawieKotze wrote:Hallo Jean - waar het jy die vino cotto gekoop in daai resep van jou? Geeneen van die winkels hier hou dit aan of weet eens daarvan nie.
https://www.la-motte.com/blogs/news/vin ... -winelands
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Blouwildebees Rump

Post by DawieKotze »

Carl wrote:
DawieKotze wrote:Hallo Jean - waar het jy die vino cotto gekoop in daai resep van jou? Geeneen van die winkels hier hou dit aan of weet eens daarvan nie.
https://www.la-motte.com/blogs/news/vin ... -winelands
Dankie Carl. Ek bly in Durbanville en gaan nie sommer La Motte toe ry net hiervoor nie.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4792
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Blouwildebees Rump

Post by Carl »

DawieKotze wrote:
Carl wrote:
DawieKotze wrote:Hallo Jean - waar het jy die vino cotto gekoop in daai resep van jou? Geeneen van die winkels hier hou dit aan of weet eens daarvan nie.
https://www.la-motte.com/blogs/news/vin ... -winelands
Dankie Carl. Ek bly in Durbanville en gaan nie sommer La Motte toe ry net hiervoor nie.
As ek, sou ek heel party plase oppad en terug kon dink as verskoning ;) Maar daar is ook 'n self maak resep op die bladsy. (Ek dink egter 'n halwe bottel rooi en so 3 eetlepels mos konfyt gaan die selfde werk)
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Blouwildebees Rump

Post by Jean Marais »

Hallo Dawie. Vino Cotto is basies "gekookte wyn" met speserye in, amper iets soos glu-wein, maar baie dikker.

Hiers die resep wat ek gebruik:

3 Koppies vrugtige rooiwyn (Merlot, Cabernet Sauvignon of ander goeie kwalitiet lekker rooiwyn)
3/4 koppie suiker (Bruin verkieslik)
2 duim lange vars gemmerwortel, in 1/4" stukke gesny
1 kaneelstok
1 teelepel kardemom peule (Cardamom pods) - Jy kry dit by Woolies
2 heel naeltjies

Metode:
Voeg al die bestanddele in 'n swaarboom potjie en bring tot by kookpunt. Verlaag dan die hitte na medium, en verdik vir nog ongeveer 30 min, of todat die wyn genoegsaam verdik het, en begin skuim vorm. Die kooksel behoort nou 'n lekker stroopagtige vorm hê, en behoort ongeveer 3/4 van die oorsproklike volume te wees. Gooi alles deur 'n fyn sif, en laat afkoel tot kamertemperatuur. Skep dit uit in 'n tuit tipe plastiek bottel of 'n glashouer, en verkoel in yskas tot dit gebruik moet word.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Post Reply