Einde Augustus het ek 'n pel van Oostenryk en sy tweeling tienerdogters gevat om te gaan jag by Wildegansvlei.
Sedert Johan de Wet voltyds terug in RSA is, het Wildegansvlei myle verbeter.
Al die beeste is verkoop en die binnedrade is verwyder.
Die dele van die plaas wat die totale vorm sleg gemaak het, is verkoop en dis nou 'n +-4500ha blok/reghoek.
Nuwe jagbakkies is ook aangeskaf en daar is dele wat ontbos is.
In die laaste 3 jaar wat ek omtrent 2 maal per jaar op die plaas is, het daar 'n massiewe transformasie plaasgevind.
Ons het met beide geweer en boog gejag, en die geweerjag gedeelte is hier gedek:
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=61&t=60870
Johan het vir ons 'n paar gras- en tak skuilings gebou op plekke wat ek daarvoor gevra het, om vanuit met die boog te jag.
Dit sou dien as 'n toets om te sien of die plekke geskik sou wees vir permanente skuilings.
So lyk hulle:
https://i.imgur.com/cN41yDn.jpg
https://i.imgur.com/Et7mbIx.jpg
Ek het die girls die eerste sessie Groot Kraal toe gevat met hulle kruisboë, maar net rooibokke op 'n afstand gesien vir die oggend.
Die middag is ons met die roer uit en het lara 'n mooi rooibok ram met die geweer geskiet.
Die volgende oggend is ons Mooidam toe, waar daar 'n trop rooibokke verby gekom het. Sommiges so naby as 3m van die skuiling af.
Ons het vooraf besluit dat dit uit en uit 'n gewone jag is, sonder enige verwagting van trofee diere, maar as iets groots inkom, sou hul dit ook kon jag.
Leonie het 'n great skoot gemaak op 23m op 'n jong rooibok ram.
Ons het 45min gewag en opgevolg waarna ons die bok 80m verder gekry het.
https://i.imgur.com/Z4PNgH5.jpg
Die middag is ek en Leonie Windpomp Dam toe. Daar het weer 'n knypkop rooibok ingekom, en sy het hom geklop op 21m.
Met die weghol slag het die trailcam hom afgeneem. Nogal uniek!
https://i.imgur.com/dURuEVp.jpg
https://i.imgur.com/VFsUn6w.jpg
Die volgendeoggend is ons njalapan toe.
Lara het 'n vlakvark misgeskiet, en besluit hulle is vir eers klaar met die boog gejag.
Ek het toe in die skuiling geklim by Windpomp dam met die hoop om self iets met die boog te skiet.
Daar het 'n baie klein vlakvarkie ingekom wat ek gelos het, en later het 'n trop elande gevolg.
Hulle was nie op die spyskaart nie.
Net voor sononder het 'n waterbok bul ingekom, maar ek kon nie 'n skoot op hom kry nie.
Ek is lee hande kamp toe, maar kon darm die aand 'n jakkals geskiet kry.
https://i.imgur.com/Zwy1Zh0.jpg
https://i.imgur.com/rno8Qxy.jpg
Die volgende oggend is ek Njalapan toe.
Daar het n trop waterbokke ingekom, en ek het 'n skoot gevat op 'n baie mooi bul. Met die skoot het ek gesien my pyl is te ver vorentoe, en gladnie eers deur die kop van die humerus been nie.
Hier spring my bul weg op die trailcam na die skoot. As mens mooi kyk kan jy die pyl sien op die blad.
https://i.imgur.com/btiHffa.jpg
Na 'n lang spoorsny sessie sonder bloed het ek maar opgegee. Oppad terug bakkie toe kon ek darm n vlakvark met die .243 skiet.
Ek is terug in die skuiling in. Daar was baie wild, maar alles buite afstand.
Daar het 'n vlakvark sog ingekom, en ek kon haar omtrent 14 tree van die skuiling af skiet waar sy skuins weg gestap het. Die 100gr Rage Hyperdermic het bitter baie skade gemaak. Die trailcam het weereens die aksie vasgevang!
Hier kom die vark in:
https://i.imgur.com/1AVvW7X.jpg
En daar hol hy met die pyl!
https://i.imgur.com/aaF45Qv.jpg
Die vark het seker so 100m gevorder.
Die Rage maak lelik skade!
https://i.imgur.com/lD8VwLQ.jpg
https://i.imgur.com/wPxOh9b.jpg
Wolf het 'n stok ou gemsbok bul geskiet by die Mooidam daardie middag. Verseker een van die mooiste gemsbokke wat ek nog gesien het en 'n proper trofee!
https://i.imgur.com/jbhF7lM.jpg
'n Week later laat weet Johan my dat hy my waterbok gekry het, vrek...
Ek het verseker 'n les geleer. Kwes maak mens nederig!
https://i.imgur.com/codALQe.jpg
https://i.imgur.com/dyLLGK5.jpg
Nuwe, moderne skuilings word hierdie week gebou, en volgende jaar is ek terug met my boog op Wildegansvlei!
Wildegansvlei Boogjag
- Geno
- Administrator

- Posts: 13647
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Wildegansvlei Boogjag
Goed, beter, 6millimeter!
- henried
- Hero Member

- Posts: 2347
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: Wildegansvlei Boogjag
Baie geluk Geno, jammer oor die WB.
Kan ek die clips share Geno?
Kan ek die clips share Geno?
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2469
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Wildegansvlei Boogjag
Baie mooi fotos en video Geno. Ek het amper sommer bok-koors gekry toe ek die videos kyk.
Ek sien jy skiet ook 'n Destroyer 350
Sal jy dalk met ons deel waar die plaas Wildegansvlei is, en kontak besonderhede. Ek is altyd opsoek na 'n plaas wat boog en geweer toe laat.
Ek het hierdie jaar vir die eerste keer met die Rage Hyperdermic (125 gr) gejag en was baie beïndruk. Hy het 'n mooi jong kudu bulletjie laat om dop so 30m van waar ek hop gepiets het.
Ek was altyd biekie skrikkerig vir mechanicals en het Shuttle T-Lock geskiet, maar met Rage se verbetering met die " SHOCK COLLAR" is dit nou 'n nommer 1 keuse. Ek is ongelukkig net nie baie beindruk met Rage se aluminium shaft modelle nie
So jammer vir jou oor daai mooi waterbok !!, jy het die jakke gespoil met daai lekker vleis. Dit gebeur ongelukkig op een of ander tyd met meeste van ons wat boesman ketties ook skiet.
Ek sien jy skiet ook 'n Destroyer 350
Sal jy dalk met ons deel waar die plaas Wildegansvlei is, en kontak besonderhede. Ek is altyd opsoek na 'n plaas wat boog en geweer toe laat.
Ek het hierdie jaar vir die eerste keer met die Rage Hyperdermic (125 gr) gejag en was baie beïndruk. Hy het 'n mooi jong kudu bulletjie laat om dop so 30m van waar ek hop gepiets het.
Ek was altyd biekie skrikkerig vir mechanicals en het Shuttle T-Lock geskiet, maar met Rage se verbetering met die " SHOCK COLLAR" is dit nou 'n nommer 1 keuse. Ek is ongelukkig net nie baie beindruk met Rage se aluminium shaft modelle nie
So jammer vir jou oor daai mooi waterbok !!, jy het die jakke gespoil met daai lekker vleis. Dit gebeur ongelukkig op een of ander tyd met meeste van ons wat boesman ketties ook skiet.
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
- Born2Late
- Sr. Member

- Posts: 255
- Joined: Tue Oct 18, 2011 9:38 am
Re: Wildegansvlei Boogjag
Ongelooflik hoe taai n ot is. 100m met so n geweldige sny op die blad.
Mooi fotos. Dankie vir die deel.
Groete.
Mooi fotos. Dankie vir die deel.
Groete.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13647
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Wildegansvlei Boogjag
Laat waai maar Materhenried wrote:Baie geluk Geno, jammer oor die WB.
Kan ek die clips share Geno?
Goed, beter, 6millimeter!
- Jurgen Visser
- Hero Member

- Posts: 815
- Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm
Re: Wildegansvlei Boogjag
Dankie Geno , dit is regtig lekker om sulke stories te lees en dan al die aksie fotos ook nog by , great stuff
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE
Die lewe is te kort om nors te wees
Die lewe is te kort om nors te wees
- Geno
- Administrator

- Posts: 13647
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Wildegansvlei Boogjag
www.facebook.com/Wildegansvlei/jdpretorius wrote: Sal jy dalk met ons deel waar die plaas Wildegansvlei is, en kontak besonderhede. Ek is altyd opsoek na 'n plaas wat boog en geweer toe laat.
Goed, beter, 6millimeter!
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2469
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Wildegansvlei Boogjag
Dankie, ek wardeerGeno wrote:http://www.facebook.com/Wildegansvlei/jdpretorius wrote: Sal jy dalk met ons deel waar die plaas Wildegansvlei is, en kontak besonderhede. Ek is altyd opsoek na 'n plaas wat boog en geweer toe laat.
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
- heywillie
- Hero Member

- Posts: 1214
- Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm
Re: Wildegansvlei Boogjag
Baie netjies Geno !
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster