My eerste "Regte" jag

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

My eerste "Regte" jag

Post by DWB »

So ek het gister die voorreg gehad om bietjie hier naby ons te gaan jag met my nuwe CZ 3006.

Ons het so omtrent 8h30 begin rondry in die Polaris om te kyk waar die swartwildebeeste is, ons het 'n klomp gesien wat onder 'n klipkoppie staan, toe ry ons om en beweeg in die rigting van die koppie, die wind was reg van agter, so die manne het ons geruik en toe reeds onraad vermoed, wel eks in my kortbroek met my ly oor en deur die klippe om te probeer 'n skoot kry, net toe ek oor die klip kyk toe hardloop hulle.

So het ons nog 2 keer gestalk, waar ek een keer 'n skoot gehad het, maar ek was nie gemaklik met die afstand nie, het vir my gelyk soos 200m, toe staan ons maar oor. Toe kry ons nog 'n trop, en beweeg ver onder die wind in, ons het seker so 400m gestalk en kon toe binne 120m kom, bok is uitgesoek, stokke oopgemaak en die skoot het geklap, raak was dit definitief. Maar toe begin die goete mos hardloop....

Wel ons het so ruk gesit en wag en toe begin ons stap, en so 200m verder toe l? die bok voor ons in die gras.

Dit is nogals vreemd om te sien hoe groot hulle vertoon, maar as hulle daar l?, is hulle ewe skielik klein.

Skoot is deur die borseen, en onderkant van long. Bok het plankdwars gestaan.

[img width=560 height=420]http://i56.tinypic.com/25z4gba.jpg[/img]

Die gids het die polaris gaan haal en ek het die bok reggekry vir fotos, na die fotos geneem is is die bok gaan aflaai om solank geslag te word.

Ons het nie lank gesoek om mooi rooibokke te kry nie, ons het nader gery, gestop en so klein ent gestalk, bok gekies, stokke oop en die skoot klap.

Ek was so trots toe die knaap net daar ins sy spore neerslaan, met 'n mooi skoot deur die nek.

Horings is gemeet en fotos geneem. Die een was 22" met 'n mooi groot lyf. 37.2kg uitgeslag.


[img width=560 height=420]http://i56.tinypic.com/eq2zbb.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i54.tinypic.com/14nkait.jpg[/img]
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: My eerste "Regte" jag

Post by marno »

Baie mooi my maat!
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: My eerste "Regte" jag

Post by Geno »

Ou yster!
Baie geluk Deon!

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: My eerste "Regte" jag

Post by Jagtersdok »

Baie Netjies

Geluk
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: My eerste "Regte" jag

Post by DWB »

Dankie manne,

Eish maar ek is trots op daai rooibok, beter skiet kon ek nie, dit was my droomskoot.

[img width=560 height=420]http://i52.tinypic.com/bec94m.jpg[/img]
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: My eerste "Regte" jag

Post by Gerhard »

Lekke my maat!!!

Nou kan jy begin ernstig roer onder hulle  ;)
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: My eerste "Regte" jag

Post by Beyers »

Baie geluk
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: My eerste "Regte" jag

Post by Monrique (SJ) »

Deon

Netjies my maat, mooi gegooi!!  ;)

Groetnis
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: My eerste "Regte" jag

Post by Dawid »

Baie geluk

Mooi gedoen daar, mag daar nog vele suksesvolle jagte wees
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: My eerste "Regte" jag

Post by Raven »

Baie geluk, mooi gegooi

Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: My eerste "Regte" jag

Post by DWB »

Dankie manne,

Nou net die SWB klaar afgeskil, 47kg, maar ek mag dalk so 3kg se vleis op die vel agtergelos het :)
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: My eerste "Regte" jag

Post by Gerhard »

Slag jy nou weer soos n aasvoel???  ;D ;D

Jy sal maar nog een moet gaan skiet om weer te oefen....  ;)
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
gaaf

Re: My eerste "Regte" jag

Post by gaaf »

Baie geluk!!!

As die gogga jou eers gebyt is dit tickets, nou sal jy sien dat elke jaar word daar spesiaal gebudget vir jag. Baie lekker!! en so wil jy graag ook jou spesie lys aanvul.!

Sterkte met die jagtye voorentoe

Mooi skoot op daai rooibok.
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: My eerste "Regte" jag

Post by PITSMIT »

geluk deon

bly om te sien jou nuwe roer gooi lekker

hoekom bang vir daai 200m skoot.  ??? :o dis daai geweer se kos man

baie mooi rooibok daai

geniet die geweer en jagte wat voorle
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: My eerste "Regte" jag

Post by DWB »

Hallo Pitsmit,

Ek is maar nog nuut in die ding en het nog nooit tot op 200m geskiet nie, nie eers teiken nie.

Ek het eerder veilig gespeel as wat ek 'n bok gekwes het.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: My eerste "Regte" jag

Post by PITSMIT »

dwb

mik in sy oog daai tyd en druk die skoot mooi daai roer van jou is zero op daai afstand.  ek stel voor jy maak n draai by n skiet baan wat tot op 500m afgemerk is en oefen n paar houe na lemoene van 50 m tot op 250m met 50 m intervalle skiet teen n wal as jy kan en kyk waar jy skiet as jy dalk mis.

maar jy gaan mos nie daai soort roer wat jy gekoop het is dodelik op daai afstande

geniet jou roer en leer hom ken.

lekker dag
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: My eerste "Regte" jag

Post by .::Alwyn-U::. »

So moet 'n man skiet ;D

geluk geluk
Post Reply