Ek sit nou hier by die kantoor op die heilige Saterdag toe dog ek hierdie post kan dalk 'n paar manne help wat nuut is in die skiet / jag wêreld en wonder oor hoe om die proses te begin. Ek was laas jaar Augustus tot September se kant in die situasie gewees en dis hoe ek op Jaracal afgekom het, en het baie informasie gekry wat my gehelp het maar ek moes rond soek tussen klomp posts om 'n mooi idee te kry van hoe ek moet tekere gaan, en was maar steeds onseker. (Ek het nou nog nie 'n geweer nie maar ek wil al klaar self begin laai en sommer my golf stoke begin Ackley agv wat ek al raak gelees het hier, julle manne maak dit regtig maklik vir iemand om alles te leer wat nodig is by die lede op die forum
So hier onder volg my proses wat ek deur is, met tyd wat dit gevat het, en ook min of meer waste kostes verbonde is aan elke stap. Soos ek ook aan skuldig was aan die begin dink ek baie mense onderskat die moeite en finansies wat die eerste keer in hierdie proses ingaan.
1) 31 Augustus besluit ek een aand by die huis ek is nou moeg gesukkel wanneer ons gaan jag sonder my eie geweer en koop sommer net daar op Safari & Outdoor se website vir my 'n Howa 308 dun loop, nie bull barrel nie. Dit het my R7,995-00 gekos hulle het 'n mooi special gehad.
2) Ek het toe begin oplees oor die bevoegdheid proses en met hulp van 'n paar manne my kursus geboek vir handwapen, haelgeweer en bolt aksie geweer. Dit was so middel September gewees. Ek het my teorie geskryf en my praktiese skiet gedoen so twee weke later, en begin Oktober het ek my bevoegdheid sertifikaat by die mense gekry. Dit was so R3,000 later gewees. (Hulle het nie boeke gehad vir semi-autos nie en ek wou nie wag nie)
3) Op hierdie stadium het ek gedink ek gaan sommer nog voor Desember my geweer kry so ek beter solank 'n kluis koop, het 'n 6 rifle kluis gekoop net om spasie te gee vir gewere wat sal volg en ek nie wou sukkel met 'n klein kluis en gewere met scopes op nie. Die kluis was R3,600-00 gewees.
4) Ek het toe ook op raad aangesluit by SA Hunt as 'n lid omrede al my jag maats lede daar is en sover ek kon verstaan het hulle baie vir ons as jagters doen. Oorspronklike lidmaatskap was R899 vir die eerste jaar, daarna R799 per jaar as ek dit nie mis het nie. So maand later het ek ook my dedicated sport gedoen deur SA Hunt wat ook so R800 was. Hierdie stap kan ek nie genoeg aanbeveel nie, dit maak soveel deure vir mens oop en mens leer regtig baie.
5) Na al die vorige stappe kon ek uit eindelik my aansoek vir bevoegdheid gaan ingee by SAPS. Ek is na Garsfontein polisie stasie toe want hulle is so 7km van my huis af in Pretoria Oos. Daar aangekom reken die person agter die toonbank my die DFO is nie daar nie en sal eers more daar wees tussen 11 en 3 die middag. Kan nie sê hoe laat nie en ek kan ook nie die person bel en hoor hoe laat nie want sy het blykbaar nie 'n selfoon nie. Vra die man of ek na 'n ander stasie kan gaan en hy sê nee ek moet Garsfontein toe kom.
Mooi, ek vat 'n dag se verlof die volgende dag en is 11 uur terug by Garsfontein, wag tot 1 uur toe en toe kom die dame daar aan. Sy laat my wag vir half uur buite haar kantoor sonder om met my te praat. Loop uiteindelik en en groet baie vriendelik en word ignoreer, en word met die hand net so gewys na 'n stoel toe. Na 5 minute op haar selfoon sonder om oog kontak te maak, vra sy my waar bly ek, antwoord haar, 5 minute later sê sy net, go to Boschkop I won't help you bye, net so.
Toe baie opgewonde is ek Boschkop toe en die DFO daar is by die kantoor maar dit reen hard buite, haar deur is oop, kantoor pap nat want die lig in haar kantoor werk nie. 20 Minute later kon ek 'n globe kry by die ou wat die stasie se maintenance doen en ek vervang haar globe vir haar, voor dit het ons die aansoek probeer doen met die flits op my selfoon. Twee ure later is ek daar uit, aansoek ingegee, hande pikswart want die water is af en hulle het nie seep om hande te was nie vinger afdrukke nie.
Ek wil net duidelik maak dat die DFO by Boschkop baie goeie diens gee en baie vriendelik is. Maar lang storie kort, voor jy begin maak 100% seker jy weet watter stasie se DFO jou eintlik gaan wil help op die ou einde van die dag want dis maar 'n morsige spul.
6) 13 Oktober kry ek my sms wat sê my aansoek kry aandag by my DFO. Op 31 Januarie kry ek die sms dat my bevoegdheid goed gekeur is, en ek sal 'n notification kry wanneer dit reg is om te gaan optel. Moenie val hiervoor nie ek het 'n week gewag voor ek hoor mens ry net na jou DFO toe dan print hulle hom sommer net daar vir jou van die stelsel af.
So in total het daai proses my 153 dae gevat, van geen geweer of enige vorm van idee van hoe die proses werk en wat alles nodig is nie, tot 'n bevoegdheid sertifikaat wat ek in my hand het.
Ek raai aan vir almal wat nog nie die proses begin het nie om dit eerder nie uit te stel nie en maar te begin met die storie want dit is nogal tydsaam en gaan 'n paar rand kos, en van uitstel kom afstel soos ons almal weet.
Vinnige finansiele opsomming, Howa 308 R7,995, bevoegdheid klasse R3,000, kluis R3,600, SA Hunt lede geld R899, SA Hunt Dedicated Sport R800, fotos & aansoek geld by DFO etc so R300 vir ietsie hier, ietsie daar wat jy kort. So my som was so R16,594-00 gewees van begin tot einde wat ek glo die meeste van jou "bases cover" om die proses te begin, as jy nog geen geweer of kluis of enige iets het nie.
My plan was van die begin af om hierdie jaar Junie met eie geweer te gaan jag, en sover is ek nog op track daarvoor. ek het die 13de Februarie my sms gekry dat my lisensie aansoek in die proses is by my DFO. Wanneer daai proses klaar is sal ek 'n nuwe post maak wat die proses en tydlyn van bevoegdheid tot geweer in die kluis probeer uit een sit. Dan ook 'n koste update wat dan scope, base, ringe, ens. ens. insluit wat jy sal moet kry voor jy die eerste skoot op die skietbaan kan gaan skiet.
Jammer vir die lang post maar ek sou so iets nogal kon gebruik laas jaar en al help dit net 'n paar mense is ek gelukkig.
Lekker Saterdag verder vir julle manne!


