Rage mechanicals

Post Reply
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Rage mechanicals

Post by Swede »

Wie het ondervinding met die bogenoemde broadheads en wat is die ervaring met hulle?
And as thy days, so shall thy strength be
User avatar
Wildjagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 264
Joined: Mon Jan 14, 2013 9:28 am

Re: Rage mechanicals

Post by Wildjagter »

More Swede. Ek het vir lank met hulle geskiet en het geen klagtes nie. Uitstekende wondkanaal en bloedspore gehad (mits skootplasing reg was natuurlik). Groot diameter van snyoppervlakte help dat as mens n marginale skoot skiet, mens moontlik nog jou bok sal optel agv die skade wat gemaak word. Vir wat wil jy dit gebruik of na aanleiding van wat is jou vraag?
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2465
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Rage mechanicals

Post by jdpretorius »

Swede bly eerder weg van die met aluminium shaft en gaan vir die met die staal shaft. 'n friend van my het laas jaar 'n aluminium shaft op 'n koedoe gebreek en die punt het glad nie penetreer nie. So kyk dalk eerder die Rage Hypodermic
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Rage mechanicals

Post by Swede »

Ek het drie saam die boog gekry wat ek gekoop asook 'n oefing punt. Hulle het die o-ring op. As ek meer vertroud is met die boog en genoeg geofen het wil ek graag 'n kudu koei jag. Ek het ook drie NAP nitro broadheads ook gekry.
And as thy days, so shall thy strength be
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Rage mechanicals

Post by Swede »

jdpretorius wrote:Swede bly eerder weg van die met aluminium shaft en gaan vir die met die staal shaft. 'n friend van my het laas jaar 'n aluminium shaft op 'n koedoe gebreek en die punt het glad nie penetreer nie. So kyk dalk eerder die Rage Hypodermic
Dus hoekom ek vra, het teenstrydig opinies gelees van mechanicals, van die manne sweer by hulle ander se hou by 'n fixed broadhead.
And as thy days, so shall thy strength be
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Rage mechanicals

Post by Geno »

Gooi hulle!
Ek het 2017 seisoen oorgegaan na hulle toe en is tevrede sover.
Hier het ek, my pel, en sy twee dogters met hulle geskiet.
Hulle met die gewone Rage, en ek met Hypodermic.
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=61&t=61029

Groete
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Wildjagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 264
Joined: Mon Jan 14, 2013 9:28 am

Re: Rage mechanicals

Post by Wildjagter »

Hul sal heel voldoende werk op n koedoekoei. Ek het met die eerste Rage wat uitgekom het gejag en het nog nie kans gekry om die nuwe's (hypodermic ens.) te toets nie. Maar hulle het meer as voldoende vir my gewerk op alles tot en met BWbees. Ongelukkig nie met hulle iets groter as dit gejag nie
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2465
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Rage mechanicals

Post by jdpretorius »

Jy kry dees dae vir die Rage 'n "shock collar" wat baie beter werk as die simpel o-ring van ouer modelle, maar weet nie of hulle sal pas op die ou modelle nie. Die o-ring het net BAIE maklik af gekom, soms sommer in mid-flight
As jy dalk eerder die shock collar wil probeer dan bel sommer 'n bekende boog winkel en hoor of hulle sal pas

Net by se van die een wat af gebreek het.... hy het been getref
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Rage mechanicals

Post by Hugo »

My opinie oor Rage is uit persoonlikke ervaring na ek 27 uit 27 bokke met gewone Rage plat geskiet het:
Zebra
Rooibok
Blesbok
Wildebees
Vlakvark
Wildboar
Gemsbok

Toe Rage uitgekom het was dit die beste, toe kom die Hypdermic uit nou is dit die beste, toe die shock collars nou is dit die beste...

Ekt daai bokke net so dood geskiet daai tyd met n Reflex Gamegetter boog wat skaars 220fps geskiet het met n 4 blade muzzy vooraan as wat ek die bokke met my Monster/Switchback/Carbon Matrix/Destroyer en n Rage geskiet het.

Kort en lank, die Rage werk, as hy nou Aliminium of staal ferrule het, hulle werk, as jy hom in n muur vas skiet gaan hy breek...
Melckman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Mon Jun 03, 2013 3:23 pm

Re: Rage mechanicals

Post by Melckman »

Ek het persoonlik bietjie gesukkel met penetrasie met die Rage. Nooit bokke verloor nie, maar skiet nou al ‘n geruime tyd eerder met rear deployment mechanicals en vind hulle meer betroubaar - veral met stywer quartering skote.
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Rage mechanicals

Post by Hugo »

Melcman

Hoe bedoel jy penetrasie was te min?
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Rage mechanicals

Post by Swede »

Dankie vir al die insette.
And as thy days, so shall thy strength be
Melckman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Mon Jun 03, 2013 3:23 pm

Re: Rage mechanicals

Post by Melckman »

Hi Hugo

Ek het ‘n paar keer gevind dat die pyl net omtrent 20cm - 30cm penetreer en nie altyd mooi deur albei longe trek nie. Veral op kwaai quartering-skote soos ek noem. Die pyl het agv daarvan gewoontelik afgebreek ook.

Ek het maar ‘n vermoede dat die langer lemme wel ‘n groter wondkanaal sny, maar ook meer sleur het, wat die penetrasie vertraag het. My boog is nie vreeslik vinnig nie (ek skiet ‘n 415gr-pyl teen 276vps) so ek kort seker maar daai ekstra energie om die sleur te oorkom. Ek het toe oorgeskakel na Spitfires en het sedertdien nie weer verander nie. Boonop het ek ‘n paar Spitfires al drie keer op kleinwild hergebruik, waar my ervaring met die Rage was dat die lemmetjies maar poegaai is na elke skoot. Soos ek se: ek het nooit wild verloor met die Rage nie, ek sal net nie maklik weer iets anders gebruik as ‘n drie-lem nie. Ek offer baie eerder die groter wondkanaal op vir dieper penetrasie.
Smit@50
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Sun Dec 07, 2014 6:38 pm

Re: Rage mechanicals

Post by Smit@50 »

Ek het ook met rage punt geskiet . Geen klagtes nie het 120 gr geskiet pyl gewig was net so oor 500 gr en het met Mathews monster geskiet. Ek het twee Elande met die Punte geskiet. Nee jy kan nie verkeerd gaan nie. Het boog jag gelos omrede ek sukkel Om sight pin te sien. Mis dit baie.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Norinco .22
Howa bull barrel 223
Howa 308
CZ 300 Win Mag
Lames o/u Shot gun
CZ P09 Pistol
Unique .22 pistol
Tikka 300 WSM Varmint
Howa 6.5 Creedmoor
Glock 43
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2465
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Rage mechanicals

Post by jdpretorius »

Melckman wrote:Hi Hugo

Ek het ‘n paar keer gevind dat die pyl net omtrent 20cm - 30cm penetreer en nie altyd mooi deur albei longe trek nie. Veral op kwaai quartering-skote soos ek noem. Die pyl het agv daarvan gewoontelik afgebreek ook.

Ek het maar ‘n vermoede dat die langer lemme wel ‘n groter wondkanaal sny, maar ook meer sleur het, wat die penetrasie vertraag het. My boog is nie vreeslik vinnig nie (ek skiet ‘n 415gr-pyl teen 276vps) so ek kort seker maar daai ekstra energie om die sleur te oorkom. Ek het toe oorgeskakel na Spitfires en het sedertdien nie weer verander nie. Boonop het ek ‘n paar Spitfires al drie keer op kleinwild hergebruik, waar my ervaring met die Rage was dat die lemmetjies maar poegaai is na elke skoot. Soos ek se: ek het nooit wild verloor met die Rage nie, ek sal net nie maklik weer iets anders gebruik as ‘n drie-lem nie. Ek offer baie eerder die groter wondkanaal op vir dieper penetrasie.
Melckman, het jy nie dalk been ketref nie ?, dit sal hom soms ook breek
My vrou het met haar 43 pond bogie en (ou tipe) Rage punte 'n plank dwars skoot deur 'n oom Blespok geskiet op 18 tree
Gewoonlik trap die dier ook die pyl uit met die agter poot (as hy nie deur is nie) en mits hy hom kan bykom. Dit breek ook die pyl.

Ons moet nie die krag van 'n book onderskat nie. 'n hele paar jaar terug was daar 'n artikel van 'n vrou wat 'n Eland suksesvol ge-oes het met 'n bogie wat op 45 pond gestel was, dit het nou wel nie gese wat haar trek lengte was nie maar as ek sou raai dit was so 28"

Net so vir interesantheid ... hierdie is wat 'n Shuttle T-Locks doen met 'n rooibok op 40 yards in 70 pond boog. Die pyl het nog steeds die hart penetreer. .... dit was iemand anders se gewonde bok wat ons moes plat kry
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Post Reply