Goeie dag manne
Ek vra raad van die meer geleerdes asseblief.
Ek het n rooibok ram plat getrek die laaste naweek, en moet dit Donderdag by die slagters kry. Ek laat gewoonlik slegs biltong en droewors maak, maar ek voel dit is n mors van die rug fille'tjies.
Die vraag is, watter ander snitte stel julle voor ek uithou vir die rooster/pot?
Baie dankie
Rooibok snitte vraag
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Rooibok snitte vraag
Ek hou gewoonlik die twee sirloins (rugbiltonge) en fillets uit. Dan ook miskien een heel boud en natuurlik die nek! Daai nekke is bitter lekker in 'n pot of slow cooker!
Die res is biltonge en worsvleis.
Dit is alles ook afhanklik van hoe die bok geskiet is, uitgebloei is en hoe vinnig hy in die koelkamer kom kom. Bokke wat heeldag rondgehardloop het, se vleis is gewoonlik vol adrenalien en smaak nie lekker nie - hulle is als maar biltong en wors (vir my altans)
Groete

Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Rooibok snitte vraag
Hier is 'n goeie beskrywing deur Cassie Nienaber van snitte wat jy ook handig behoort te vind.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
KnifeOfWar
- Newbie

- Posts: 6
- Joined: Fri Feb 17, 2017 3:33 pm
Re: Rooibok snitte vraag
Dankie Dawie
Die bok was hoog in die nek geskiet, so 2 duim onder die oor. Die bokke het nog niks gehardloop vir die dag nie, en is seker 30min na sy val geslag. Ek sien vreeslik uit!
Die bok was hoog in die nek geskiet, so 2 duim onder die oor. Die bokke het nog niks gehardloop vir die dag nie, en is seker 30min na sy val geslag. Ek sien vreeslik uit!
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1986
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Rooibok snitte vraag
Ek sny altyd die skenkels ook op, dis vir my die beste vleis vir n pot.
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Rooibok snitte vraag
Klink reg!KnifeOfWar wrote:Dankie Dawie
Die bok was hoog in die nek geskiet, so 2 duim onder die oor. Die bokke het nog niks gehardloop vir die dag nie, en is seker 30min na sy val geslag. Ek sien vreeslik uit!
Wat ek vergeet het om te sê, is dat ek al die bene afkook na die bok bewerk is. Dit maak die lekkerste pasteivleis. Google maar - daar is baie resepte daarvoor.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
- Boesman10
- Hero Member

- Posts: 946
- Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Re: Rooibok snitte vraag
Ek persoonlik dink om biltong te maak van wildsvleis is 'n mors. Die biltong halveer in gewig met die droog proses dus jou kostes verdubbel. Maak eerder biltong van beesvleis. Ek laat my wildsvleis verwerk as volg:
- Nek in skywe gesny (maak mees lekkerste pot hiermee)
- Skenkels opgesny (kook dit saam met 30% skaap en sit wortels by vir pasteie)
- Rug fillets uitgesny (vir daardie spesiale geleentheid)
- Ribbes heel of ontbeen (maak fantastiese rib rol met 'n ontbeende rib)
- 1 x Boude heel (kan vir baie disse gebruik)
- 1 x Boud laat maal vir maalvleis (ek sit niks vet by nie)
- Enige vleis wat oorbly word van die been afgesny vir braai wors met 15% skaapvet bygevoeg
- Bene wat oorbly word opgesny vir sopbene
Ek glo nie jy kan meer uit 'n karkas uitkry as die nie (behalwe vir die afval natuurlik)

“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Rooibok snitte vraag
Nee wat Boesman - ek weet smaak verskil, maar 'n lekker stukkie koedoe of springbok biltong wat jyself gemaak het, is baie lekkerder as bees biltong.Boesman10 wrote:Ek persoonlik dink om biltong te maak van wildsvleis is 'n mors.
Jy praat nou ekonomie terwyl ons van lekker eetgoed praat!
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!