Voor ek vertel... laat ek net se dat 2016 (veral) en 2017 vir my nie lekker was van n skiet perspektief af nie. Ekt die groep se -skoot trofee trots in my sitkamer uitgestal vir 2 jaar (dis die reel).
2016 - 6 kwesbokke (1 verloor en ander 5 sommer self met tweede skoot platgetrek) Plus keel infeksie
2017 - Net 1 kwesbok, paar nice skote insluitend 2 anne manne se kwesbokke laat le... en hulle stem nogsteeds vir my een gatskoot terwyl iemand twee bokke se bekke afgeskiet het?? Bliksems!!
2018 - My vrou het mooi gevra toe sy groet "moet asb nie daai aaklige trofee WEER terug bring nie"
Die jaar het ek net besluit... 3 in n ry gaan nie werk nie... my kop was reg... my toerusting 100 en die weer kon nie mooier!
700km later en ons is vroeg oggend in die jagkamp. Ons is die eerste groep wat te voet daar jag, so die Oom stuur sy gids saam net om seker te maak ons jaag nie aan nie!
Ek't daai ruig bosse en rantjies so gekyk en belsuit daar en dan... hier skiet ek wat verby kom... hier moet mens jou kans vat want daars geen waarborg daai kans maak nog n draai nie.
Binne die eerste uur loop ek en die gids Neels n trop Elande raak reg bo op die berg. Na n baie kort bekruip, met die ligte windjie in ons guns... maak ek my rekening oop met n 200gr Accubond uit Ntwadumela se 27.5" loop!
Die bul het net daar geval met die Accubond wat net onder sy oor in is, en by sy ander oor uit - 200m.
Na die afslag en die manne wat kom dra en kla oor hoekom ek die Eland bo in berg skiet... stap ek en Neels verder, die keer bosse in!
Nie lank nie en hy stop dood en se "Laaaanie....KUDU!" Daar staan n jong Kudu bul (moenie vra HOE klein
Later die dag net voor son onder is ons agter nog n Eland bul aan vir my pel... en toe ons hom verloor in die bosse en ek stap rustig terug... trek iets my aandag in die laat skemer lig... staan daar n langnek en kyk vir my!
Ek begin bekruip en elke 50m hardloop hy bietjie en stop om na my te kyk... ek kry net nie n skoot agv die bossies en afstand... maar hy maak toe n fout en gaan staan so 2meter op teen n klein hoogte... net wat ek gekort het. Die 300 se hys nogi klaar vir die dag en ek skiet die Rooibok skuins voor in die bors en Accubond is by ander blad uit... Hy't vir n oomblik soos die perd op n Ferrari badge op sy agterpote gestaan en toe omgedop - 204m
Dag 2 - Na so 2 ure van alleen rondloop en paar bokke hier en daar sien... besluit ek om bietjie hoogte te kry om die wereld te bekyk. Net toe ek aan die voet van die berg kom staan daar heel bo n Waterbok bul en loer vir my! Die son is van agter... sy hele bors en kop is in perfekte fokus deur die Swaro. Maar hy lyk onsrustig en ek sien agter hom net die punte van horings wat rondbeweeg... en was ek nie bly ekt gewag tot daai bul sy verskying gemaak het nie!
Die tweede bul, met groter horings, steek net sy kop uit, 250m... ek gaan le lekker rustig agter Reaper (my Weatherby Mark V 270), kies my afmikmerkie op die BRH en hy drop net daar waar hy staan.
10min later kom ek by die bul aan en sien maar hy is nie heeltemal dood... ekt per ongeluk n Accubond geskiet in plaas van n BT... en die skoot klein bietjie links getrek en is toe deur die nek net agter sy kop. Daar was skade want toe ek hom met klip gooi vlieg daai Waterbok op en is berg af op net sy agterpote en bors, voor pote verlam. Hy haak toe aan n bos vas so 50m verder en ek maak toe seker hy sal nie weer opstaan! (lesson learnt soos ingelsmanne se)
Dag 3 - Niks om te doen behalwe pot-shots op mal volstruise vat en anne manne help met jag...!
Long storie short... my vrou is baie bly oor die Trofee wat die jaar terug gekom het...
2018 was n mooi jaar... ons het 7 bokke geskiet waarvan 4 myne was. Wat n voorreg om 3 dae in daai wereld deur te bring, om te stap en jag, saam met van die beste mense wat ek ken.
Ons maak weer so...
Hiermee n paar fotos.

