5 jaar later... kry ek weer my lisensie

Post Reply
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3957
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

5 jaar later... kry ek weer my lisensie

Post by tau »

Mense as julle al gatvol was wag vir die storie.

In Augustus 2012 koop ek 'n Ruger Alaskan . 375 by S&O. EK handig aansoek in 15 Aug en kry my lisensie 11 November 2012.

In Mei 2013 help Piet pille my om'n Eland jag in noorde van Namibie te reel, want ek het die roer spesifiek vir die stap jagte gekoop. Lekker kort in die mopanie bos en sterk genoeg vir enige blou bul wat jou nie lank kans gee nie.

Ek stap by my DFO in om tydelike uitvoer permit te kry en daar val ons vas die wapen is nie op my naam nie. EK sit met die kaartjie in my hand en wapen in my besit, maar CFR het die wapen op die polisie se naam as kat.16 wapen.

So sal hulle dit vining verander.

So sukkel ons 2 jaar lank en begin 2015 vat hulle my lisensie, maar nie die geweer. Hulle vereis ook gunsmiths report om te verklaar ek het geen veranderinge aan wapen gebring nie. EK doen toe so op my onkoste. EK betaal R 70 vir verandering van informasie en handig die aansoek in.

Teen Desember 2016 is daar steeds geen vordering nie en ek vra GOSA om my te help. Die CFR vind geen record van my aansoek nie en wil weer alles van voor hê van my. GOSA stuur my kwitansie aan hulle en dit word ongemaklik stil. EK wag weer tot Jan 2018 en GOSA sê ek moet weer Gunsmiths report kry..... nou ek is nie naby Gunsmith nie, en as ek vir dag Kaap toe gaan waar los ek heeldag my roer. So kry ek eers vanjaar Mei 'n geleentheid en Morkel & Crouse help my die keer sonder koste aangesien hulle kan sien die wapen is steeds standard, so dankie aan hulle.

EK wil die report saam met al die ander informasie ingee by my DFO twee weke terug( ek weet ek vat lank, maar ek was nou op verlof en tans teen die tyd wat dinge met die roer gebeur verwag ek nie veel). Ek kom by my DFO en raai wat....die wapen is op die sisteem op my naam.

Hulle wil nie my aansoek aanvaar nie en belowe my kaartjie is eersdaags hier. Gister gaan handig ek my 6.5 Creedmoor se aansoek in en daar gee hulle my kaartjie vir my. Al wat verskil van my vorige kaartjie is die serial nommer is nou 710/....... en op die ou kaartjie was dit 710....... so net die skynstreep is nou in. EK wonder of dit nie is waar die problem ingekom het nie.

SO as jy ooit dink jy sukkel met lisensie dink aan my wat my lisensie gekry het en weer verloor het.

Oja die lisensie is steeds geldig vanaf 2012 - 2022, ek het gehoop hulle sou dit aanpas.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Springkudu
Hero Member
Hero Member
Posts: 757
Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am

Re: 5 jaar later... kry ek weer my lisensie

Post by Springkudu »

Nee kyk, party dae kan mens maar net jou kop in skaamte sak hoe dit hier gaan.

Ek dink altyd so daaraan, as ons maatskappy aanvang staan hulle nooit terug om die foute reg te maak (Op hulle onkoste natuurlik) en om die klant gelukkig te hou, ek het al meer as een keer gehoor indien daar probleme met jou aansoeke is wat eintlik die Polisie se skuld is blameer hulle dit eintlik op jou en jy moet rond skarrel om alles in orde te kry.

Ek is bly jy het darem nou reg gekom.


Groete
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: 5 jaar later... kry ek weer my lisensie

Post by NicoSmit »

Ek het net so gesukkel met daai klomp .Met die oorskakeling na die wit lisensies toe handig ek my papier werk in en nie lank daarna kry ek toe net 2 wapens se lisensies. My haelgeweer sn word afgekeur want dit is 'n semi outomatiese wapen. Heel verbaas met die nuwe upgrade van 'n enkel loop enkel skoot na semi outomaties teken ek toe appel aan en heg toe 'n affedavit van 'n wapen smid wat die wapen bekyk het aan . Na 3 jaar se sukkel en soebat en dreig is die lisensie toe uit eindelik goedgekeur .Die probleem was toe 'n vinger probleem wat die verkeerde kode ingetik het met die aansoek .Op die PC sê mos intel inside idiot outside
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: 5 jaar later... kry ek weer my lisensie

Post by ruaanb »

5 jaar gewag vir my 6mm Musgrave se lisensie, ook 'n omskakeling.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: 5 jaar later... kry ek weer my lisensie

Post by Carl »

John
Dis 'n wilde rondomtalie daai! Ek het dieselfde gehad met my Art13 hernuwing op die Glock - die wapen was nie op my naam nie, na 5 jaar, terug na Bernhard Agencies! Gelukkig nie terug na Mr Gaston Glock nie ;) En die mense wil vir ons sê hoe om wapens te bestuur en beheer.

Ek is bly jou "spuitpoep6.5" aansoek het vir jou soveel vreugde gegee, dink nou net watter ander vreugdes die kaliber gaan opleef.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3957
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: 5 jaar later... kry ek weer my lisensie

Post by tau »

Carl wrote:John
Dis 'n wilde rondomtalie daai! Ek het dieselfde gehad met my Art13 hernuwing op die Glock - die wapen was nie op my naam nie, na 5 jaar, terug na Bernhard Agencies! Gelukkig nie terug na Mr Gaston Glock nie ;) En die mense wil vir ons sê hoe om wapens te bestuur en beheer.

Ek is bly jou "spuitpoep6.5" aansoek het vir jou soveel vreugde gegee, dink nou net watter ander vreugdes die kaliber gaan opleef.
Spuitpoep 6.5 :laugh:

Nee wat ek sal nou maar my regmaak vir 1 jaar of 2 se wag.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Lafras Moolman
Newbie
Newbie
Posts: 2
Joined: Sat Dec 29, 2018 8:25 am

Re: 5 jaar later... kry ek weer my lisensie

Post by Lafras Moolman »

Ek sien meeste van bg. probleme/incompetence gebeur in die Wes-Kaap.

Hoekom? Laat mens wonder.
Lafras Moolman
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3957
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: 5 jaar later... kry ek weer my lisensie

Post by tau »

Wel my 6.5 Creedmoor was nou mooi 4 maande vanaf aansoek na kaartjie. My aansoek was na 68 dae goedgekeur toe vat print so lank.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Post Reply