Is ek nog bevoeg?

Post Reply
AJ Botha
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 400
Joined: Mon May 17, 2010 5:39 pm

Is ek nog bevoeg?

Post by AJ Botha »

Yes manne, ek het in 2012 bevoegdheid gedoen vir Pistool, Geweer en Haëlroer...
Ek het intussen twee gewere gelisensieer.

Ek is nou besig om nog 'n roer aan te skaf - soos ek verstaan is my bevoegdheid nog geldig omdat dit nog nie 10 jaar is nie - is ek reg?
Ek het nog nie 'n pistool of haelgeweer gelisensieer nie - het my bevoegdheid vir 'n handwapen verval omdat dit al meer as 5 jaar terug is?
En wat van 'n haelroer - is hulle 5 of 10 jaar?

Ek vind nie meer my sertifikaat nie - maar ek het nog hierdie foto's - sal ek 'n lisensie aansoek kan indien so?

Groete
Antonie
Last edited by AJ Botha on Fri Aug 24, 2018 11:45 am, edited 2 times in total.
User avatar
Springkudu
Hero Member
Hero Member
Posts: 757
Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am

Re: Is ek nog bevoeg?

Post by Springkudu »

Bel maar jou CFR en hoor by hulle. As ek jy is haal ek maar die fotos af, om jou naam en ID nommer so op die internet te plaas is maar gevaarlik.
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
Zuku
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm

Re: Is ek nog bevoeg?

Post by Zuku »

Volgens my DFO is jou bevoegdheid geldig tot op en met jou langste datum van verval van enige van jou wapens. Maw as jou pistool oor 2 jaar verval en jou geweer oor 8 jaar is jou bevoegdheid nog 8 jaar geldig. Met my laaste pistool hernuwing het hulle my so hanteer. Heraansoek gedoen vir pistool lisensie en geen bevoegdheid hernu nie.
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: Is ek nog bevoeg?

Post by andre007 »

Zuku wrote:Volgens my DFO is jou bevoegdheid geldig tot op en met jou langste datum van verval van enige van jou wapens. Maw as jou pistool oor 2 jaar verval en jou geweer oor 8 jaar is jou bevoegdheid nog 8 jaar geldig. Met my laaste pistool hernuwing het hulle my so hanteer. Heraansoek gedoen vir pistool lisensie en geen bevoegdheid hernu nie.
Vir my het dit ook so gewerk. Ek het n SD handwapen op n 5 jaar liksens, die ander handwapens en van my gewere is op 10 jaar liksense. My vorige bevoegdheids kaartjie het n hernuwings datum opgehad, 2013. Ek het dit hernu en toe n kaartjie gekry sonder vervaldatum,hulle het aan my verduidelik dat dit nou hand aan hand loop met jou langste lisensie wat in 2018 sou verval het. Ek het in 2015 Semi Outo en Haelgeweer statuse tot my bevoegdheid gevoed. Hulle het laat ek sommer weer vir al die statusse heraansoek doen omdat daar weggedoen is met die kaartjies en nou sertifikate is.

Ek doen nou heraansoek vir n .22 op n 10 jaaar lisensie maar aangesien ek n wapen in 2015 gekoop het skuif dit die nuwe bevoegdheid aan na 2025.
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
AJ Botha
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 400
Joined: Mon May 17, 2010 5:39 pm

Re: Is ek nog bevoeg?

Post by AJ Botha »

Dit klink heel gaaf... Maar klink ook maar of elke DFO sy eie vereistes het?!
Ek sal maar volgende week by my DFO 'n draai moet gaan maak, hopelik met die pampiere vir 'n 6.5 Creed! ;D
Post Reply