Gaan die naweek op 'n genooide boogjag ( lag jou gat af - my eerste ) naweek na 'n plaas saam met vriende. Erkende boogjagters op 'n plaas met nuwe hides ens. Ek ken die Bosveld en besef dit wild gaan nog nie begin drink nie, die blare het nog nie eers begin verlep nie. So 'n lekker naweek !
Nie te vroeg in die hide nie - ek is seker te lank vir die hide - sukkel om 'n boog op 60# te trek met die sit - op die knie? is dus die antwoord . Van wanneer af werk jou poepstring as jy 'n boog moet span ? Nie geweet soveel spiere moet daai stringetjie in lyn kry nie. Alles mooi uitgewerk vir my eerste jag. Koedoe, BWB, Gemsbok - budget sal dit maak - ek is lekker lus vir die storie. Groot storie !!
10h00 - 11h00 - 12h00 - niks- baie tarrentale !! Het een van daai draadkarpunte wat hulle vir kleinwild aanbeveel. Net die regte ding vir die kolletjievo?ls ! Op 30y kan ek hom mos nie mis nie. Lieflike dwars skoot - ping - lyk of jy die vo?ltjie met 'n handgrenaat gegooi het , moese geraas, baie vere en baie stof !!! Gebreekte pyl teen 'n Mopaniebos agter die vo?ltjie, effe mank vo?ltjie, geen vo?ltjie !! Wat ek egter moet s? is dat die advertensie dit duidelik stel dat die pyl maklik gekry sal word !! Dit was so !! Volgende een sal met 'n BH gehelp word !
Half uur later - Groot Jakkals. Kom reguit in vir 'n vinnige dorslekkertjie. Glo nie sy tong was twee keer in die water nie, toe is hy weer op pad. Net daar verloor ek 'n Koedoebul. Volgens die baas van die plaas is 'n Jakkals 'n Koedoebul werd. Volgende keer gaan die gradeboog saam vir daai een !
My eerste outing met die boog was 'n reuse sukses. Baie geleer en baie gelag !!!
Die een wil gedeel word !
-
henslin
- Sr. Member

- Posts: 401
- Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm
Die een wil gedeel word !
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Die een wil gedeel word !
Henslin
Mooi loop
Francois
Dis nu die gees daai, het ook die naweek bietjie in die hide gesit, sal later foto opsit.....2 varkies gekry...My eerste outing met die boog was 'n reuse sukses. Baie geleer en baie gelag !!!
Mooi loop
Francois
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Die een wil gedeel word !
Baie nice Henslin en Cois,
Daai tarries skiet jy met n broad head. Jy moet sien hoe vlieg hulle weg met jou pyl as jy hom nie reg skiet nie.
Jakkals se kind met die boog...
Dit gebeur nie maklik nie.
Jakkals is string jump meesters maar vir n kudu bul sal ek hom looi.
Jy moet dalk die baas van die plaas vra of ek en jy nie bietjie jakkalse moet gaan roep nie...
Ons kan baie biltong bymekaar maak...
Ek dink jy begin nou agter kom hoe lekke dit kan wees om met daai boog en paar pyle die veld in te vaar...
Hou ons op hoogte
Daai tarries skiet jy met n broad head. Jy moet sien hoe vlieg hulle weg met jou pyl as jy hom nie reg skiet nie.
Jakkals se kind met die boog...
Dit gebeur nie maklik nie.
Jakkals is string jump meesters maar vir n kudu bul sal ek hom looi.
Jy moet dalk die baas van die plaas vra of ek en jy nie bietjie jakkalse moet gaan roep nie...
Ons kan baie biltong bymekaar maak...
Ek dink jy begin nou agter kom hoe lekke dit kan wees om met daai boog en paar pyle die veld in te vaar...
Hou ons op hoogte
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- marno
- Hero Member

- Posts: 713
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am
Re: Die een wil gedeel word !
Baie nice julle! Dis awesome!
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
-
henslin
- Sr. Member

- Posts: 401
- Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm
Re: Die een wil gedeel word !
Ja Gerhard - Julle het my sleg geleer. Het die naweek op 60m met 65# ( JA m ) bietjie gespeel. Gaan dit plat stel - DIS BLEDDIE OORSEE !!! . Het dit baie geniet na ek die naweek die Limpopo indoor kampioenskappe beloer het. AS MENS SIEN WAT ELKE OU VIR HOMSELF BESLUIT HET, BINNE SY BUDGET SKIET EN DIT GENIET. PUIK !!! Ou Basie met 'n bogie - ek dink maks 35#. Hy mag maar !! Daai klein X op 20 yards - nie 'n probleem nie. Kan wel 'n twakkie rol voor die pyl die teiken vang - net die X wat tel. Ek glo nie die manne weet met watter groot sport ons hier mee betrokke is nie.
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Die een wil gedeel word !
Henslin,
Ek is baie bly jy geniet die boog skiet so baie.
Ek wag nou in spanning vir die eerste otterjasie wat n pyl gaan kry...
Ek is baie bly jy geniet die boog skiet so baie.
Ek wag nou in spanning vir die eerste otterjasie wat n pyl gaan kry...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment