"Checklist" vir lang afstand jag/skiet
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7547
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
"Checklist" vir lang afstand jag/skiet
Hallo Kerels
Wil van julle manne wat nou al mooi uitmaak nie bietjie vir ons beginners n lys saamstel van wat julle alles doen as julle by julle skietpunt uitkom nie? Op n ander draad waar daar wins bespreek word het julle n paar goed genoem maar in dieselfde asem het julle gese dit is goed wat julle eers weer onthou nadat julle die eerste skoot geskiet het. Om so n "checklist" te he glo ek sal selfs van die meer ervare manne baat.
Sal baie gaaf en hoog op die prys gestel word indien julle so bietjie goed wat vir julle werk hier met ons kan deel.
By voorbaat dankie
Wouter

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13514
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: "Checklist" vir lang afstand jag/skiet
Eerste ding wat ek maar doen is om al die kondiesies na te gaan, Altitude, Temp, Druk en wat ook al jy nog gebruik.
Na ek alles uit gepak het sal ek dan na die wind kyk om te bepaal hoe hy waai, hoek waar uit hy kom en dan hoe sterk hy waai op "max" en dan ook wat sy "ligste" sal wees.
As ek dan le sal ek begin kyk hoe lank die wind op "max" waai en dan van daar af werk.
Voor ek begin skiet gaan ek gewoonlik weer alles op my App na en maak seker dit wat ek vroer in gesit het is nog reg, ander ding wat ek gewoonlik van vergeet is die wolke en hoe dit jou rond neek as dit voor die son in beweeg. Gelukkig soos ons 2 - 2 saam skiet help dit as die een ou wakker is op n dag, maak ook maar seker jou app is op die regte geweer en ammo profile....
In n jag situsasie sal daar die heeltyd iemand op die range finder wees wat die bokke range, n bok beweeg ongelooflik vinnig terwyl jy aan jou turret draai en daai afstand moet heeltyd gekontroleer word, span sport die
MAAK SEKER JY STEL DIE REGTE KANT TOE VIR JOU WIND!!!!!!

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- JacquesT (Stompe)
- Hero Member

- Posts: 948
- Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm
Re: "Checklist" vir lang afstand jag/skiet
Capt. Oblivious wrote: MAAK SEKER JY STEL DIE REGTE KANT TOE VIR JOU WIND!!!!!!
Soos Cappie sê, dis baie keer die mees eenvoudige elementere goed wat jou in die gat byt.
Maak seker jy zero jou turrets na jou laaste skoot/skietsessie, dit tel vir elevasie, wind en jou fokus. Ek was al saam waar my pel se elevasie turret 'n volle omwenteling uit was en ons dit eers na die skoot op 'n bok agtergekom het. Selfde het met my op 'n Superliga gebeur.
Maak seker jy skiet op die regte teiken afstand/gong/bok. Dit gebeur vrek baie dat ouens op die verkeerde afstande na gonge skiet, en met gesoute manne. Of skiet na die bok wat army links staan, en nie links links nie.
Jou skietmaat moet alles double check voor jy skiet, bv om seker te maak jy het regte kant toe gedraai vir wind.
Jy en jou skietmaat moet dieselfde taal praat. As ek vir Siebert sê 3,25 links weet hy ek praat van MOA, nie MillRad of klieke nie. Besluit saam in watse siklus van die wind jy skiet (soos hy gesê het skiet ons as hy op sy hardste waai, maar solank albei instem waar skiet julle is die saak reg). Hy skiet ook nie 'n skoot voor ek vir hom sê om te gooi nie. Ek het op een van ons laaste kompitiesies geskiet voor hy gecall het, en amper 'n Steyvasant in my oog gekry.
Wat ek al baie gesien het is hoe manne se torre begin afbl@ksem as hulle klein foutjies maak, en dan sneeubal dit net. Na 'n fout, raak rustig, haal asem en gaan terug na jou "checklist" toe (sit hierdie punt op jou checklist). Jou skietmaat moet ook hier intree om jou rustig te kry (in sekere kringe verwys hulle na my as die Cappie whisperer
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: "Checklist" vir lang afstand jag/skiet
Wouter, ek is seker hier is meer ervare en beter skuts as ek, maar hulle is seker op die baan besig om te oefen, so ek gaan maar solank die ys breek....
Ek dink ten eerste moet mens jou magdom toerusting en hulpmiddels uitpak. My "checklist" is maar soos volg:
1. Skietmat neersit op plek waarvandaan ek 'n oop field of view na die teiken/s het, bi-pod vassit, KD opskroef en rearbag regsit;
2. Seker maak dat ek die regte kaliber en koeel op Strelok het;
3. Meet omgewingstoestande, soos tempratuur, druk, humiditeit en Density Altitude en sit dit in Strelok;
4. Range die teiken en maak seker dat jy nie bo-oor of voor die teiken range nie (dit gebeur makliker as wat mens dink....);
5. Bepaal windrigting en windspoed by skietpunt en gaan na volgens mirage (en vlae of linte, as daar is) by teiken en tussen skietpunt en teiken;
6. Maak seker turret is teruggedraai na vorige sessie en stel volgens die DOPE en neem vorige data vir Cold Bore skoot in ag;
7. Maak seker die wind het nie intussen verander nie en vat die eerste skoot;
8. Teken POI aan en bepaal wat kon verander het as die POI nie na verwagting is nie.

Aim small, miss small
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: "Checklist" vir lang afstand jag/skiet
Daar is natuurlik 'n paar ander goed waarna mens ook moet oplet:
1. Azimuth as jy verder as 1000m skiet;
2. Die regte paralaks verstelling vir elke afstand;
3. Regte vergroting (gekalibreerde vergroting), as jy nie 'n FFP scope het nie en jou regstelling wil nagaan;
4. Scope level is waterpas;
5. En natuurlik, seker maak jou app en jou rangefinder meet in dieselfde eenheid.......
1. Azimuth as jy verder as 1000m skiet;
2. Die regte paralaks verstelling vir elke afstand;
3. Regte vergroting (gekalibreerde vergroting), as jy nie 'n FFP scope het nie en jou regstelling wil nagaan;
4. Scope level is waterpas;
5. En natuurlik, seker maak jou app en jou rangefinder meet in dieselfde eenheid.......
Aim small, miss small
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13514
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: "Checklist" vir lang afstand jag/skiet
Hou somer genoeg baterye vir jou range finder en wind meter ook by jou
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: "Checklist" vir lang afstand jag/skiet
'n Baie belangrike punt is dat die spotter moet kan sien of die bok raak geskiet is wat veral moeilik raak op afstande verder as 550m. Ek het verskeie kere gesien dat die koeël heel regs en anderkant die bok, die stof laat uitslaan en ek die skoot "call" as mis. Ek hou gewoonlik die bok lank daarna dop of probeer ten minste en baie keer sien jy dan dat die bok agter raak en dan neerslaan. Jy hoor baie selde die trefhou/report op verdere afstande. So 'n goeie reël is om na bokke te skiet wat jy vir lank kan dophou en nie te skiet as die bok op 'n kruin staan en vinnig uit die gesigsveld kan verdwyn nie. Dit kan 'n lang dag raak.
Groete
Groete
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7547
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: "Checklist" vir lang afstand jag/skiet
More Manne
Baie dankie vir n hele paar uitstekende punte. Ek gaan verseker vir my n lysie opstel met hierdie mooi stapsgewys uiteengesit. Ek is sommer lus en laat druk vir my n boek waar ek onder andere al die dope van die dag ook kan aanbring. Julle insette word opreg waardeer.
Groetnis

Drenalinjunkie
- Hero Member

- Posts: 830
- Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am
Re: "Checklist" vir lang afstand jag/skiet
Wouter, een eienskap wat ek dink wat baie belangrik is maak seker jy "load" die bipod dieselfde as wat jy mee op die baan oefen. Baie keer as jy jag en teen n helling le gee dit jou baie maklik vertical. Klein aspek maar maak n groot verskil. Vir my val dit onder my checklist.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: "Checklist" vir lang afstand jag/skiet
Baie belangrik! Ek het eenkeer 'n Springbok perfek geskiet, maar weens die feit dat die koeel glad nie omgeklink het nie, het die bok maklik nog 600m geloop (nie gehardloop nie!), voor dit net gaan staan en omgeval het. Ek het aanvanklik en meer as een keer daarna, gedink ek het mis geskiet, maar kon gelukkig die bok deurentyd volg tot waar dit uiteindelik geval het.jaracal wrote:'n Baie belangrike punt is dat die spotter moet kan sien of die bok raak geskiet is wat veral moeilik raak op afstande verder as 550m. Ek het verskeie kere gesien dat die koeël heel regs en anderkant die bok, die stof laat uitslaan en ek die skoot "call" as mis. Ek hou gewoonlik die bok lank daarna dop of probeer ten minste en baie keer sien jy dan dat die bok agter raak en dan neerslaan. Jy hoor baie selde die trefhou/report op verdere afstande. So 'n goeie reël is om na bokke te skiet wat jy vir lank kan dophou en nie te skiet as die bok op 'n kruin staan en vinnig uit die gesigsveld kan verdwyn nie. Dit kan 'n lang dag raak.
Groete
Aim small, miss small
- Hein (Haan)
- Hero Member

- Posts: 1088
- Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm
Re: "Checklist" vir lang afstand jag/skiet
Meeste van die tyd behoord jy ook tyd te he om bietjie agter die geweer te le ,Ek hou daarvan om my teleskoop se paralaks te stel in die tyd op verskillende afstande om die marage dop te hou om n beter begrip te kry van die wind en kondusies.
Help n ou bietjie om vertroue in die skatting van kondusies te kry voor jy n skoot skiet.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Help n ou bietjie om vertroue in die skatting van kondusies te kry voor jy n skoot skiet.
Sent from my iPhone using Tapatalk
- airhunter
- Hero Member

- Posts: 545
- Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm
Re: "Checklist" vir lang afstand jag/skiet
jaracal wrote:'n Baie belangrike punt is dat die spotter moet kan sien of die bok raak geskiet is wat veral moeilik raak op afstande verder as 550m. Ek het verskeie kere gesien dat die koeël heel regs en anderkant die bok, die stof laat uitslaan en ek die skoot "call" as mis. Ek hou gewoonlik die bok lank daarna dop of probeer ten minste en baie keer sien jy dan dat die bok agter raak en dan neerslaan. Jy hoor baie selde die trefhou/report op verdere afstande. So 'n goeie reël is om na bokke te skiet wat jy vir lank kan dophou en nie te skiet as die bok op 'n kruin staan en vinnig uit die gesigsveld kan verdwyn nie. Dit kan 'n lang dag raak.
Groete
En dat die spotter reg agter jou sit/staan. Langs jou kan ook n verkeerde call teweeg bring.
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
Mark Twain
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: "Checklist" vir lang afstand jag/skiet
Maak ook seker jy sit die hoek van opdraende/afdraende skiet in jou app in. Op lang afstand maak dit n reuse verskil.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br