Berging Van Dryfmiddels:

Post Reply
knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm

Berging Van Dryfmiddels:

Post by knipmes »

Miskien is die onderwerp al bespreek. Indien wel, help my asb hiermee:

Die Regulasies wat ek nog in my besit het met betrekking tot die berging van dryfmiddels, Regulasie 8.23.2, bepaal dat dryfmiddels in n stewwige kas toegesluit moet word. ( die rede is lank gelede deur n Kaptein by die Plofstof Afdeling verduidelik- Indien die dryfmiddel in n kas bewaar word en dit vir een of ande rede sou ontplof, die krag van die ontploffing minder intens is as wat dit sou wees indien dit in n kluis sou ontplof)

Die nuwe Wet op Vuurwapens en die Regulasies: Hoofstuk 10 van die Regulasies , par 86 (1) bepaal dat wapens en ammunisie in die voorgeskrewe kluis bewaar moet word.

My vraag is: Is die situasie met betrekking tot die berging van dryfmiddels nog dieselfde of het dit verander.

Dankie vir die kundiges se raad
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Berging Van Dryfmiddels:

Post by Hansieslim »

Ek luister graag
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Berging Van Dryfmiddels:

Post by THOMAST »

Knipmes ek het dit ook soos jy dit daar uitleg.
Met die owerhede wat deesdae die wet op hulle eie manier interpreteer en toepas sal ek nie meer my kop op 'n blok sit nie
knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm

Re: Berging Van Dryfmiddels:

Post by knipmes »

THOMAST wrote:Knipmes ek het dit ook soos jy dit daar uitleg.
Met die owerhede wat deesdae die wet op hulle eie manier interpreteer en toepas sal ek nie meer my kop op 'n blok sit nie
Ja, soos die tyd aangaan word die vlak van onkunde groter. Jy as lid van die publiek moet dit nie waag om n besluit te bevraagteken nie. Hulle woord/ interpretasie is wet!
Groete
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Berging Van Dryfmiddels:

Post by Eugene »

THOMAST wrote:Knipmes ek het dit ook soos jy dit daar uitleg.
Met die owerhede wat deesdae die wet op hulle eie manier interpreteer en toepas sal ek nie meer my kop op 'n blok sit nie
Julle is reg hier, maar soos met die hele Vuurwapenwet, vertolk sekere DFOs dit weer soos hulle wil en verlang hulle dat dit in 'n kluis geberg moet word. IMHO, het dryfmiddel niks met die DFO uit te waai nie, maar nou ja.....
Aim small, miss small
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Berging Van Dryfmiddels:

Post by Harambe »

Jy sal maar jou DFO moet vra, want hy sal in elk geval die ou wees wat jou sou aankla as jy dit verkeerd doen (in sy opinie).

Sover ek verstaan is dryfmiddel nie ammunisie nie, maar plofstof wat onder die plofstof wetgewing val. maar ek is nie jou DFO nie.
Of so iets
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: Berging Van Dryfmiddels:

Post by jamalley »

In terms of the Regulations of the Explosives Act, 1956, Act 26 of 1956 (as amended), and as published in Government Notice R1604 (dd 1985-10-25), the following is stipulated in Regulation 8.23.1 and 8.23.2 re propellant a firearm licence holder may have in his/her possession for purposes of reloading of own ammunition:

8.23.1 Notwithstanding anything to the contrary contained in these regulations, persons who are in possession of one or more valid firearm licences issued in terms of the Arms and Ammunition Act, 1969 (Act 75 of 1969)*, may in respect of each such licence keep on their premises 600 grams of nitrocellulose propellants for the private reloading of cartridges of small arms only and not for sale or other trade: Provided that the total amount of nitrocellulose propellants so kept shall not at any time exceed 2 400 grams in mass.

8.23.2 The nitrocellulose propellants shall be kept locked up in a sturdy cupboard (however, SAPS have recently indicated that they prefer propellant to be kept in a safe)."
knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm

Re: Berging Van Dryfmiddels:

Post by knipmes »

jamalley wrote:In terms of the Regulations of the Explosives Act, 1956, Act 26 of 1956 (as amended), and as published in Government Notice R1604 (dd 1985-10-25), the following is stipulated in Regulation 8.23.1 and 8.23.2 re propellant a firearm licence holder may have in his/her possession for purposes of reloading of own ammunition:

8.23.1 Notwithstanding anything to the contrary contained in these regulations, persons who are in possession of one or more valid firearm licences issued in terms of the Arms and Ammunition Act, 1969 (Act 75 of 1969)*, may in respect of each such licence keep on their premises 600 grams of nitrocellulose propellants for the private reloading of cartridges of small arms only and not for sale or other trade: Provided that the total amount of nitrocellulose propellants so kept shall not at any time exceed 2 400 grams in mass.

8.23.2 The nitrocellulose propellants shall be kept locked up in a sturdy cupboard (however, SAPS have recently indicated that they prefer propellant to be kept in a safe)."
Please just indicate if the part in brackets after the word "cupboard", are these your own words or is it an official amendment of Par 8.23.2 Thank you
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: Berging Van Dryfmiddels:

Post by jamalley »

Own experience!
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: Berging Van Dryfmiddels:

Post by jamalley »

Waarom praat ons russies met mekaar??? My eie ervaring Knipmes
knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm

Re: Berging Van Dryfmiddels:

Post by knipmes »

jamalley wrote:Waarom praat ons russies met mekaar??? My eie ervaring Knipmes
;D Indien ek nie iemand ken nie is my gewoondte om te antwoord in die taal wat die ander persoon my in korrespondensie aanspreek Dankie en Groete
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Berging Van Dryfmiddels:

Post by Alwin »

Daar is 'n nuwe konsep springstofwet daar iewers in die burokratiese proses. Wanneer die ding in werking gaan kom is 'n raaisel. Die wet het allerhande interessante bepalings, veral oor die hoeveelheid dryfmiddel wat toegewyde skuts mag aanhou.

Om daardie groter hoeveelhede kruit in 'n kluis te wil aanhou sal erg onnosel wees. Die doel van die stewige kas is juis om NIE te kan druk opbou in geval van 'n brand nie.

Ek verwag dus nie enige wysigings in die wet wat die berging van nitrosellulose dryfmiddel gaan verander nie. Wat 'n oorywerige beampte uit sy duim uit kan suig, is natuurlik onbeperk...
knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm

Re: Berging Van Dryfmiddels:

Post by knipmes »

Stem saam. Groete
Post Reply