Oosland slaghuis
- RudolphP
- Full Member

- Posts: 246
- Joined: Tue Jun 10, 2014 11:44 am
Oosland slaghuis
Môre almal,
Ek wil gou hoor of iemand al hul vleis laat verwerk het by oosland slaghuis in Pretoria Oos? Hul is bitter naby aan my huis maar ek kry geen inligting oor hulle kwaliteit nie.
Enige terugvoer sal waardeur word.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek wil gou hoor of iemand al hul vleis laat verwerk het by oosland slaghuis in Pretoria Oos? Hul is bitter naby aan my huis maar ek kry geen inligting oor hulle kwaliteit nie.
Enige terugvoer sal waardeur word.
Sent from my iPhone using Tapatalk
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2465
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Oosland slaghuis
Die wat ek al by hulle laat doen het en gekoop het, was die kwaliteit heel skaflik..net baie duur.
Ons het 'n bwb boud laat wors maak met blou kaas en vye en die verwerking was R76 p/kg
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Ons het 'n bwb boud laat wors maak met blou kaas en vye en die verwerking was R76 p/kg
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
- gillie
- Hero Member

- Posts: 957
- Joined: Fri Aug 05, 2011 7:05 am
Re: Oosland slaghuis
Het ook al vleis baie hulle laat werk en was gelukkig met wat hulle gedoen het. Jy moet maar rondshop (Taste Slaghuis by Moreleta Spar en Kings Meat is dalk ander opsies)
'n Mens kan seker nie verwag om dieselfde prys te betaal as gewone wors as jy bloukaas en vye gaan bysit nie.
'n Mens kan seker nie verwag om dieselfde prys te betaal as gewone wors as jy bloukaas en vye gaan bysit nie.
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2465
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Oosland slaghuis
Ja, as jy iets spesiaals wil probeer gan jy opdok...maar moes eers 5min dood stil sit na daai een...gelukkig net n boud gewees.gillie wrote:Het ook al vleis baie hulle laat werk en was gelukkig met wat hulle gedoen het. Jy moet maar rondshop (Taste Slaghuis by Moreleta Spar en Kings Meat is dalk ander opsies)
'n Mens kan seker nie verwag om dieselfde prys te betaal as gewone wors as jy bloukaas en vye gaan bysit nie.
Ons normale slagter was ook al R35 p/kg gemiddeld.
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
- JJV
- Hero Member

- Posts: 770
- Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Re: Oosland slaghuis
Hoe het die wors geproe?? Ek het resep vir bosvarkwors wat groenvye en gedroogde pere,perskes en appelkose inkry, moet dalk bloukaas bygooi!!jdpretorius wrote:Die wat ek al by hulle laat doen het en gekoop het, was die kwaliteit heel skaflik..net baie duur.
Ons het 'n bwb boud laat wors maak met blou kaas en vye en die verwerking was R76 p/kg
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2465
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Oosland slaghuis
Dit is heel lekker maar sal dit nie elke dag kan eet nie.JJV wrote:Hoe het die wors geproe?? Ek het resep vir bosvarkwors wat groenvye en gedroogde pere,perskes en appelkose inkry, moet dalk bloukaas bygooi!!jdpretorius wrote:Die wat ek al by hulle laat doen het en gekoop het, was die kwaliteit heel skaflik..net baie duur.
Ons het 'n bwb boud laat wors maak met blou kaas en vye en die verwerking was R76 p/kg
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sou graag volgende appelkose en fetta wil probeer. Het al in die verlede 'n koedoe fillet met appelkooskonfyt en fetta gestop wat verskriklik lekker was.
Ek hou nie van koljander in wors nie so het al n paar snaakse mengsel probeer wat almal lekker was...heuning & gemmer en n ander een was terijaki sous, dan nog n paar ander wat ek vergeet het.
So ons probeer weg breek van die stereo tipe wat al verveelig geword het.
Ns. Die blou kaas kry jy wat nie so skerp is nie want hy oorweldig maklik die smaak
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
- JJV
- Hero Member

- Posts: 770
- Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Re: Oosland slaghuis
Sjoe klink lekker! Wat ook goed werk sommer met bees gestopte fillit, sal seker ook goed werk met wilds fillit is feta en tannie inna paarman se ingelegte sondroog tamaties, met so bietjie vd ingelegde sous ook oor die vleis, sit dan sterk cheddar en sommer mozzarella by vir lekkerte.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2465
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Oosland slaghuis
Daai klink baie lekker, ek's juis baie lief vir son gedroogde tamaties....hoe water my bek nou
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
-
Monster
- Sr. Member

- Posts: 361
- Joined: Mon May 26, 2014 10:34 am
Re: Oosland slaghuis
Wil julle nie 'n paar van die op 'n resepte draad sit nie. Dit klink vrek lekker!
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Oosland slaghuis
Julle manne word geroer daarbo. Die eland wat ek geskiet het se verwerking per kg het uitgekom op R12 per kg alles ingesluit. Steaks, Wors, Biltong, Mince en Ghoulash. Het brisket vet laat bysit vir die wors.
- RudolphP
- Full Member

- Posts: 246
- Joined: Tue Jun 10, 2014 11:44 am
Re: Oosland slaghuis
Ek het nou al 'n paar scary prys lyste gesien in laaste paar dae...
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2465
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Oosland slaghuis
Wors laat maak ons maar altyd deur 'n slagter ....voorheen by Jacques van "Bizzy Bee" daar in Pta Noord, hy verstaan gewoonlik mooi van wilds vleis. So 3 jaar trug het ons einde Jullie by hom in gegee en hy het op daardie stadium al 64 ton se wilds vleis verwerk. Hy maak 'n baie lekker carpaccio, veral van rooibok garings. Ongelukkig het ons op 'n kol bietjie klei getrap toe ons in die af-seisoen daar in gegee het (dink hy was op verlof of iets) so het ons 'n paar ander slagters probeer. Die fillets en garings haal ons altyd op die plaas al uit en gaan nie saam slagter toe nie.Monster wrote:Wil julle nie 'n paar van die op 'n resepte draad sit nie. Dit klink vrek lekker!
Vir braai begin ek altyd met olyf olie + garlic & herb daar na eksperimenteer ons maar na smaak, al is dit so eenvoudig soos sout & peper. Royco se rib marinade werk lekker met enige wild en gooi hom bo oor, al stop ons die vleis met 'n lekkertjie. Die groot geheim is om dit "medium to rare" gaar te maak, met eerder aan die "rare" kant, op 'n baie warm vuur...en dan loop hy gewoonlik plankie. 'n lekker blou kaas sous doen gewoonlik ook goed. My pel maak dit deur eers gekapte knoffel in botter te braai, dan kom daar gekapte gras uie in, en dan smelt hy die blou kaas saam in die pan, met so bietjie growwe swart peper vir smaak....hy kan maar so bietjie staan en afkoel en maak net weer warm as die vleis reg is...gebruik hom bo-oor of as 'n "dip". Ek sal nie blou kaas net so eet nie maar die sousie is lekker.
Ek dink ons is soms effens nou geset as dit by die soort ding kom...die pel van my wat van Corsica af kom het my oge oop gemaak vir eksperimenteer ...so ek kyk soms op die net rond vir ander lande se resepte om idees te kry.
Ek het vout gemaak hier bo, van die wors was "heuning & mostert" (baie lekker), "chutney & gemmer", garlic & herb wors is ook lekker.....ons laat maak gewoonlik net so paar kg van elk, net ingeval iets nie 10/4 gel nie.
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2465
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Oosland slaghuis
Ruaan, dit raak nou al 'n teer sakie...die verweking hier kos nou al amper net so veel soos die wild.ruaanb wrote:Julle manne word geroer daarbo. Die eland wat ek geskiet het se verwerking per kg het uitgekom op R12 per kg alles ingesluit. Steaks, Wors, Biltong, Mince en Ghoulash. Het brisket vet laat bysit vir die wors.
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan

